Klein Arcana
Die Klein Arcana is die stelkaarte (kleurkaarte) in 'n pak tarotkaarte wat vir waarsêery gebruik word. Gewone tarotkaarte het in die 1440's die eerste keer in Noord-Italië verskyn en is ontwerp om kaartspeletjies mee te speel.[1] Hulle bestaan gewoonlik uit vier stelle van 10 ongeïllustreerde kaarte van aas tot 10, en vier prentkaarte. Tarotspeletjies word nog algemeen in Sentraal- en Suid-Europa gespeel, en Franse tarot is die naasgewildste kaartspel in Frankryk.
In teenstelling hiermee het tarotkaarte vir waarsêery in die laat 18de eeu in Frankryk ontstaan. Die terme "Groot Arcana" en "Klein Arcana" het hulle oorsprong by Jean-Baptiste Pitois (1811-'77), wat onder die naam Paul Christian geskryf het.[2] In hulle huidige vorm is die Klein Arcana dikwels geïllustreer; 'n konvensie wat in 1910 gewild geraak het danksy die Rider-Waite-tarot. As hulle saam met 'n kaart van die Groot Arcana in waarsêery gebruik word, dui die Klein Arcana-kaarte op klein besonderhede en daaglikse insigte.[3]
Tarotkaarte vir waarsêery is geskoei op die Italiaanse speelkaarte en het gewoonlik 56 kaarte, met 14 in elke stel: Stawe (ook knuppels, klawers of towerstawwe), Bekers (ook kelke, drinkbekers), Swaarde (ook lemme) en Pentagramme (ook munstukke, skywe of ringe). Die vier prentkaarte is gewoonlik die boer, ridder, vrou/koningin en heer/koning. Latere pakke wat op die Franse speelkaarte van klawers (♣), harte ( ), skoppens (♠) en diamante ( ) geskoei is, het net drie prentkaarte per stel: 'n boer, vrou en heer.
Simboliek
[wysig | wysig bron]In okkulte tarot verteenwoordig die Klein Arcana relatief alledaagse aspekte van die lewe. Die prentkaarte verteenwoordig die mense wat jy ontmoet.
Elke stel het eiesoortige eienskappe en verbintenisse wat gewoonlik die volgende behels:[4]
Latynse speelpak | Franse speelpak | Element | Klas | Eienskappe |
---|---|---|---|---|
Bekers (ook kelke, drinkbekers) | Hartens | Water | Geestelikes | Emosies en liefde |
Pentagramme (ook munstukke, skywe of ringe) | Ruitens | Aarde | Handelaars | Materiële, besittings |
Stawe (ook knuppels, klawers of towerstawwe) | ♣️ Klawers | Vuur | Ambagsmanne | Kreatiwiteit en wil |
Swaarde (ook lemme) | ♠️ Skoppens | Lug | Adellikes en militêre | Rede, wysheid en intellek |
Galery van kaartstelle
[wysig | wysig bron]Die illustrasies hier onder is van die Rider-Waite-tarot, 'n gewilde pak kaarte. Dit is opgedeel in stelle en volgens waarde.
Bekers
[wysig | wysig bron]-
Aas van Bekers
-
Twee van Bekers
-
Drie van Bekers
-
Vier van Bekers
-
Vyf van Bekers
-
Ses van Bekers
-
Sewe van Bekers
-
Agt van Bekers
-
Nege van Bekers
-
Tien van Bekers
-
Boer van Bekers
-
Ridder van Bekers
-
Vrou van Bekers
-
Heer van Bekers
Pentagramme
[wysig | wysig bron]-
Aas van Penta-gramme
-
Twee van Penta-gramme
-
Drie van Penta-gramme
-
Vier van Penta-gramme
-
Vyf van Penta-gramme
-
Ses van Penta-gramme
-
Sewe van Penta-gramme
-
Agt van Penta-gramme
-
Nege van Penta-gramme
-
Tien van Penta-gramme
-
Boer van Penta-gramme
-
Ridder van Penta-gramme
-
Vrou van Penta-gramme
-
Heer van Penta-gramme
Stawe
[wysig | wysig bron]-
Aas van Stawe
-
Twee van Stawe
-
Drie van Stawe
-
Vier van Stawe
-
Vyf van Stawe
-
Ses van Stawe
-
Sewe van Stawe
-
Agt van Stawe
-
Nege van Stawe
-
Tien van Stawe
-
Boer van Stawe
-
Ridder van Stawe
-
Vrou van Stawe
-
Heer van Stawe
Swaarde
[wysig | wysig bron]-
Aas van Swaarde
-
Twee van Swaarde
-
Drie van Swaarde
-
Vier van Swaarde
-
Vyf van Swaarde
-
Ses van Swaarde
-
Sewe van Swaarde
-
Agt van Swaarde
-
Nege van Swaarde
-
Tien van Swaarde
-
Boer van Swaarde
-
Ridder van Swaarde
-
Vrou van Swaarde
-
Heer van Swaarde
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Die Groot Arcana
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Husband, Tim. "Before Fortune-Telling: The History and Structure of Tarot Cards". The Met Museum. The Met Museum. Besoek op 18 September 2022.
- ↑ Ronald Decker, Thierry Depaulis, and Michael Dummett. A Wicked Pack of Cards. The Origins of the Occult Tarot. New York. St. Martin's Press, 1996
- ↑ "The Minor Arcana Tarot Cards". Tarot.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2014. Besoek op 11 Desember 2014.
- ↑ Dee, Jonathan (2002). "Introduction to the Minor Arcana". In Liz Dean (red.). Tarot, An illustrated guide. Silverdale Books. ISBN 1-85605-685-6.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klein Arcana.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.