Kabardino-Balkarië
Republiek van Kabardino-Balkarië Къэбэрдей-Балъкъэр Республикэ Къабарты-Малкъар Республика | ||||
Die ligging van Kabardino-Balkarië in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Suid | |||
Ekonomiese streek | Noord-Kaukasus | |||
Stigting | 5 Januarie 1936 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Naltsjik | |||
Leier | Arsen Kanokof | |||
Amp | President | |||
Wetgewer | Parlement | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 859 939 | |||
Volgorde | 59ste | |||
Digtheid | 68,8 / km2 | |||
Stedelik | 54,5% | |||
Plattelands | 45,5% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 12 500 km2 | |||
Volgorde | 78ste | |||
Tydsone | UTC+04:00 | |||
Registrasienommer | 07 | |||
Amptelike tale | Russies, Kabardies, Karatsjai-Balkaries | |||
Webtuiste | Geen amptelike webtuiste | |||
Wapen en vlag | ||||
| ||||
|
Kabardino-Balkarië (Russies: Кабардино-Балкария; Kabardies: Къэбэрдей-Балъкъэр Республикэ; Karatsjai-Balkaries: Къабарты-Малкъар Республика, Qabartı-Malqar Respublika) is ’n outonome republiek (’n deelgebied van Rusland) in die Noord-Kaukasus. Dit word begrens deur Georgië, Noord-Ossetië, Karatsjai-Tsjerkessië en Stawropol-krai. Die hoofstad is Naltsjik. Die gebied is gestig op 5 Januarie 1936.
In die verre suidweste van Kabardino-Balkarië is die hoogste berg van Europa, die Elbroes (5 642 m).
Geografie
[wysig | wysig bron]Die republiek word grotendeels beslaan deur die Kaukasus-gebergte. In die noorde kom vlaktes voor.
Berge
[wysig | wysig bron]Die hoogste berge is:
- Elbroes – 5 642 m
- Dichtajoe – 5 402 m
- Kosjchatajoe – 5 151 m
- Sjchara – 5 068 m
- Poesjkin – 5 033 m
- Mizjergi – 5 025 m
Riviere
[wysig | wysig bron]Die grootste riviere is:
Mere
[wysig | wysig bron]Daar is sowat honderd klein mere in die republiek. ’n Paar van hulle is:
Bevolking
[wysig | wysig bron]Kabardino-Balkarië is na twee volke genoem: die Kabardiërs (48% in 1989), wat die Noordwes-Kaukasiese taal Kabardies praat en in die steppe-agtige ooste woon, en die Balkare (9,4%), wat ’n Turkse taal praat en in die bergagtige weste woon. Albei tale word ook saam Karatsjai-Balkaries genoem. Albei volke is Islamities. Altesaam 32% van die bevolking was in 1989 Russies en Russies is die derde amptelike taal van die republiek.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die Kabardiërs bewoon laaggeleë gebiede weerskante van die Terek-rivier. Die bevolking het in die 16de eeu onder invloed van die Krimkanaat die Islam aanvaar, maar het in dieselfde eeu die beskerming van die Christelike Rusland aanvaar. Onder invloed van die Russies-Turkse oorloë word dit in 1739 onafhanklik (Verdrag van Belgrado) en in 1774 Russies (Verdrag van Küçük Kaynarca). Balkarië val in 1827 in Russiese hande.
Ná die Russiese rewolusie word die outonome oblast Kabardië in 1921 gestig, wat in 1922 hernoem word tot die Kabardino-Balkaarse Outonome Oblast. In 1936 kry dit die status van Outonome Sowjetrepubliek (OSSR) op voorwaarde dat Balkarië uit die naam verdwyn (1944 tot 1957). In April 1944 word alle Balkare deur Josef Stalin na Sentraal-Asië verban, nes die Tsjetsjene, Krim-Tartare en ’n paar ander volke, wat almal beskuldig word van sameswering met die Duitse besetters. Ná hul rehabilitasie in 1957 kon hulle terugkeer.
Groot stede en dorpe
[wysig | wysig bron]- Naltsjik (Нальчик) – 274 974
- Prochladni (Прохладный) – 61 772
- Baksan (Баксан) – 35 805
- Nartkala (Нарткала) – 33 775
- Maiski (Майский) – 27 037
- Tiyrniaoez (Тырныауз) – 21 092
- Doegoeloebgei (Дугулубгей) – 20 355
- Terek (Терек) – 20 255
- Tsjegem (Чегем) – 17 893
- Nartan (Нартан) – 12 325
- Sjaloesjka (Шалушка) – 11 240
- Tsjegem Wtoroi (Чегем Второй) – 10 632
- Islamei (Исламей) – 10 582
- Kenzje (Кенже) – 10 326
- Zajoekowo (Заюково) – 10 252
- Chasanja (Хасанья) 10 190
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kabardino-Balkarië.
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Kabardië-Balkarië