Gaan na inhoud

straal

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Strale [1] van die son.
Sedert 891-900 in Oudnederlands as strala (pyl) opgeteken. Van Proto-Germaans *strēlō-. Buite Germaans moontlik net Litaus en Kerkslawies (Ou) strėlà, maar dit is dalk 'n substraatwoord en nie Indo-Europees nie.[1]
Enkelvoud Meervoud
  straal     strale  
straal
  1. (fisika) 'n Smalle bundel of versameling ewewydige bundels lig
  2. (fisika) 'n Smalle bundel vloeistof
  3. (wiskunde) Die afstand van 'n willekeurige punt van 'n sirkel of 'n sfeer tot sy middelpunt
  4. (plantkunde) Samestelling van selle wat radiaal in die xileem en floëem van 'n huitige plant verloop
  1. Dit is die tyd waarin die son se strale die sterkste is en die meeste skade kan aanrig. [2]
  2. na wat soos ure voel, gewaar ek dit
    ‘n reuse donker kol onder die water
    twee strale water wat in die lug op spuit [3]
  3. Hierdie sirkulasie mag lei tot 'n sikloniese sirkulasiestelsel op 'n lae vlak met 'n straal van meer as 1000 km en met 'n middelpunt oor Madagaskar tydens die maande Oktober tot Maart;[4]
  4. Heterosellulêre straal: ’n Straal wat uit verskillende tipes selle bestaan, bv. neerliggende en regopstaande en/of vierkantige selle.[5]
  1. Ligstraal, bliksemstraal
  2. Waterstraal
  3. .
  4. Straalsel, straalweefsel

    Vertalings

  Vertalings:   1. Smalle bundel lig
Duits: Strahl(de) m
Engels: ray(en)
Nederlands: straal(nl) m
  Vertalings:   2. Smalle bundel vloeistof
Duits: Strahl(de) m
Engels: jet(en)
Nederlands: straal(nl) m
  Vertalings:   3. Halwe deursnit
Duits: Radius(de) m
Engels: radius(en)
Nederlands: straal(nl) m
  Vertalings:   4. Samestelling selle in hout
Duits: Markstrahl(de) m
Engels: ray(en)
Nederlands: straal(nl) m
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  straal 
Verlede Tyd  ek   het gestraal    
Teenwoordige deelwoord stralend     
  1. Lig uitsend
  2. Baie gelukkig uitsien
  1. Wanneer lig op 'n metaal gestraal word, word elektrone uit sy atome vrygestel.[6]
  2. Die bruid het gestraal!