Slag van Vaalkrans
Voorkoms
Slag van Vaalkrans | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van Tweede Vryheidsoorlog | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Verenigde Koninkryk | Zuid-Afrikaansche Republiek Oranje-Vrystaat | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Redvers Buller | Louis Botha | ||||||
Sterkte | |||||||
c. 20,000 | c. 5,000 | ||||||
Ongevalle | |||||||
333 ongevalle | 30 gedood, 50 gewond |
Die Slag van Vaalkrans neem op 5 Februarie 1900 tydens die Tweede Vryheidsoorlog 'n aanvang. Dit eindig op 7 Februarie 1900 in 'n oorwinning vir die Boere.
Die geveg
[wysig | wysig bron]Ná die Slag van Spioenkop het die Britse genl. Redvers Buller sy troepe na Vaalkrans tussen Colenso en Spioenkop verskuif. Hier het hulle weer gepoog om die Tugelarivier oor te steek om Ladysmith te bereik.
Op 7 Februarie het genl. Louis Botha hulle egter in hulle spore gestuit. Toe die Britte besef het dat hulle nie maklik deur die Boerelinies sou breek nie het hulle vuur gestaak en teruggetrek oor die Tugela.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Oranje-Vrystaatpresident M. T. Steyn onder sy burgers voor die Slag van Vaalkrans.
-
Britse kanonvuur tydens die Slag van Vaalkrans.
Gedenktekens
[wysig | wysig bron]'n Monument ter ere an die gesneuweldes is in 'n klein gedenktuin aan die voet van die slagveld by Vaalkrans opgerig..