Gaan na inhoud

Solly Malatsi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Solly Malatsi
Solly Malatsi
Malatsi in 2019

Adjunk-federale voorsitter van die Demokratiese Alliansie
Ampsbekleër
Termynaanvang
2 April 2023
Leier John Steenhuisen

Nasionale woordvoerder van die Demokratiese Alliansie
Ampsbekleër
Termynaanvang
18 Augustus 2022
Leier John Steenhuisen
Voorafgegaan deur Siviwe Gwarube
Ampstermyn
15 Junie 2018 – 24 November 2020
Leier John Steenhuisen
Mmusi Maimane
Voorafgegaan deur Phumzile van Damme
Opgevolg deur Siviwe Gwarube

Skaduminister in die Presidentskap
Ampsbekleër
Termynaanvang
5 Desember 2020
Vise Joe McGluwa
Leier John Steenhuisen
Voorafgegaan deur Sej Motau

Skaduminister van Menslike Nedersettings
Ampstermyn
5 Junie 2014 – 5 Desember 2020
Vise Mbulelo Bara
Leier John Steenhuisen
Annelie Lotriet (waarnemende)
Mmusi Maimane
Voorafgegaan deur Stevens Mokgalapa

Ampsbekleër
Termynaanvang
21 Mei 2014

Persoonlike besonderhede
Gebore Mmoba Solomon Malatsi
22 Desember 1985 (1985-12-22) (38 jaar oud)
Ga-Dikgale, Transvaal, Suid-Afrika
Politieke party Demokratiese Alliansie
Alma mater Universiteit van Limpopo
Universiteit van die Witwatersrand

Mmoba Solomon "Solly" Malatsi (gebore 22 Desember 1985) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat tans dien as Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie sedert Julie 2024. Hy was sedert Mei 2014, 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika, waar hy die Demokratiese Alliansie verteenwoordig. Hy was ook die DA se nasionale woordvoerder en 'n adjunk-federale voorsitter. Malatsi was voorheen die parlementêre raadgewer van die DA se parlementêre leier. Hy het ook poste in die DA se skadukabinet beklee.

Biografie

[wysig | wysig bron]

Malatsi is in Ga-Dikgale in die voormalige Transvaalprovinsie gebore. Hy het aan die Hoërskool Phiri Kolobe gematrikuleer en daarna 'n baccalaureusgraad in administrasie aan die Universiteit van Limpopo behaal. Malatsi het ook 'n Honneursgraad in Politieke Studies aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf. Malatsi is 'n gegradueerde van die DA se Jong Leiers-program.[1]

Politieke loopbaan

[wysig | wysig bron]

Malatsi het in 2008 'n parlementêre navorser vir die DA geword.[1] Hy het daarna as woordvoerder vanaf 2009 tot 2011 as 'n woordvoerder vir die Wes-Kaapse provinsiale minister van vervoer en openbare werke, Robin Carlisle gewerk. Tussen 2011 en 2014 het hy as die woordvoerder van die Kaapstadse burgemeester, Patricia de Lille, gedien.

In Mei 2014 het hy 'n LP vir die DA geword en is hy as Skaduminister van Sport en Ontspanning aangestel. Hy is later as skaduminister van menslike nedersettings aangestel.[2]

In Junie 2018 is hy as die nasionale woordvoerder van die DA aangestel. Hy het vir Phumzile van Damme opgevolg.[3] Hy is in Mei 2019 vir 'n tweede termyn as 'n LP herkies. Hy het toe in Junie die party se Skaduminister in die Presidensie geword. In Oktober 2019 is hy as parlementêre raadgewer van die nuutverkose DA parlementêre leier, John Steenhuisen, aangestel.[4]

Op 24 November 2020 het Malatsi as die DA se nasionale woordvoerder uitgetree.[5] Hy is dae daarna as die party se skaduminister in die presidentskap aangestel.[6]

In die 2020-register van ledebelange het Malatsi onthul dat hy vergoeding van die Foschini-groep ontvang het vir 'n sportfotosessie.[7]

Op 18 Augustus 2022 het Malatsi vir Siviwe Gwarube as die nasionale woordvoerder van die DA opgevolg nadat sy as hoofsweep van die DA-koukus aangestel is.[8]

Malatsi is in April 2023 as 'n adjunk-federale voorsitter van die DA verkies.[9]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Mabotja, Reabetswe (10 Junie 2014). "Malatsi makes the province proud". reviewonline.co.za. Besoek op 10 April 2020.
  2. Chabalala, Jeanette (15 Junie 2018). "Solly Malatsi appointed as additional DA national spokesperson ahead of elections". News24. Besoek op 10 April 2020.
  3. "DA appoints MP Solly Malatsi as second spokesperson". SABC News. 15 Junie 2018. Besoek op 10 April 2020.
  4. Mkhwanazi, Siyabonga (31 Oktober 2019). "DA's Steenhuisen appoints Natasha Mazzone as party's new Chief Whip". IOL. Besoek op 10 April 2020.
  5. Makinana, Andisiwe (24 November 2020). "Solly Malatsi steps down as DA spokesperson". TimesLIVE. Besoek op 24 November 2020.
  6. Mazzone, Natasha. "DA announces new Shadow Cabinet that will bring Real Hope and Real Change". Democratic Alliance. Besoek op 5 Desember 2020.
  7. "MPs moonlighting, getting money from churches, and even free mall parking. Find out what else they have declared". www.iol.co.za (in Engels). Besoek op 19 Maart 2022.
  8. Ndenze, Babalo. "DA switches up its parliamentary caucus, appoints Gwarube as new chief whip". ewn.co.za (in Engels). Besoek op 18 Augustus 2022.
  9. "Steenhuisen to lead DA in 'crucial' 2024 elections - LNN". Midrand Reporter (in Engels (VSA)). Besoek op 2 April 2023.

Notas

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.