Kameroenberg
Voorkoms
Kameroenberg | |
---|---|
Ligging | Sud-Ouest, Kameroen; histories: Duits-Kameroen |
Hoogte | 4 040[1] meter bo seevlak |
Reeks | Alleenstaande berg |
Koördinate | 4°13′6″N 9°10′24″O / 4.21833°N 9.17333°O |
Bergtipe | Stratovulkaan |
Laaste uitbarsting | 2000 |
Eerste bestyging | 1861 |
Eerste bestyger(s) | Richard Francis Burton Gustav Mann |
Maklikste roete | Klim |
Kameroenberg (Engels: Mount Cameroon Frans: Mont Cameroun) is 'n bergmassief in Afrika wat in die weste van Kameroen naby die kus van die Golf van Guinee geleë is. Met sy hoogte van 4 040 meter is dit die hoogste berg in Wes-Afrika en Kameroen, asook die vierde hoogste alleenstaande berg in Afrika. Die massief bestaan uit die twee vulkane: Fako en Etinde. Tussen 1884 en 1918 is die berg Albertspitze (ná Prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha) genoem.
Kameroenberg is op die grens tussen Wes- en Sentraal-Afrika aan die Golf van Guinee se buiging geleë en maak deel uit van 'n lyn van aktiewe vulkane wat daarnaas nog die eilande São Tomé, Príncipe, Bioko en Annobón insluit. In Kameroen se volkslied word na die berg as Buea-Berg verwys.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Mount Cameroon, Cameroon". Peakbagger.com. Besoek op 5 Mei 2016.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kameroenberg.
- (en) "Mount Cameroon". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 Junie 2017.