Kameroen
| |||||
Nasionale leuse: Paix – Travail – Patrie (Frans) Peace – Work – Fatherland (Engels) (Afrikaans: "Vrede – Arbeid – Vaderland") | |||||
Volkslied: Ô Cameroun, Berceau de nos Ancêtres (Frans) O Cameroon, Cradle of Our Forefathers (Engels) (Afrikaans: "O Kameroen, Wieg van ons voorvaders") | |||||
Hoofstad | Yaoundé[1] | ||||
Grootste stad | Douala[1] | ||||
Amptelike tale | Engels en Frans | ||||
Regering | Unitêre dominante party presidensiële republiek onder 'n totalitêre diktatorskap[2][3] Paul Biya Joseph Dion Ngute | ||||
Onafhanklikheid • Verklaar
• Vereniging met Brits-Kameroen |
van Frankryk 1 Januarie 1960 1 Oktober 1961 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
475 442 km2 (53ste) 183 569 myl2 0,57 | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2005-sensus - Digtheid |
26 545 864[4] (51ste) 17 463 836[5] 39,7 / km2 (167ste) 102,8 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
MOI (2017) | 0,556[7] (151ste) – medium | ||||
Gini (2014) | 46,6[8] – medium | ||||
Geldeenheid | CFA-frank (XAF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
WAT (UTC+1) nie toegepas nie (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .cm | ||||
Skakelkode | +237 |
Kameroen (Engels: Cameroon, [kæməˈruːn]; Frans: Cameroun, [kamˈʁun], ), amptelik die Republiek Kameroen (Republic of Cameroon; République du Cameroun), is 'n unitêre republiek in Sentraal-Afrika. Dit grens aan Nigerië, Tsjad, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, die Republiek van die Kongo, Gaboen, Ekwatoriaal-Guinee en die Golf van Guinee. Nadat dit oorspronklik 'n Duitse kolonie was word dit na die Eerste Wêreldoorlog tussen die Franse en Britte verdeel. In 1960 word Frans-Kameroen 'n onafhanklike republiek en smelt in 1961 met die suidelike deel van Brits-Kameroen saam om die Federale Republiek Kameroen te vorm. Dit word in 1972 herdoop tot die Verenigde Republiek Kameroen en die Republiek Kameroen (Engels: Republic of Cameroon of Frans: République du Cameroun) in 1984 (die amptelike tale is Engels en Frans). Kameroen het meestal stabiliteit ervaar wat die land toegelaat het om landbou, paaie, en spoorweë, sowel as 'n petroleumindustrie te ontwikkel. Ten spyte van beweging in die rigting van politiese hervorming bly mag stewig in die hande van 'n etniese oligargie.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die eerste inwoners van Kameroen was Pigmee-Bakastamme. Die Bantoetaalgroep het in die hooglande van Kameroen ontstaan, maar baie sprekers het uitgewyk voor buitelandse invallers na die gebied gekom het.
Die eerste Europese kontak vind in die 16de eeu met die Portugese plaas, maar hulle bly nie. Die eerste permanente koloniale vestiging begin in die 1870's, met die Duitse Keiserryk wat die hoof Europese moondheid word. Met Duitsland se nederlaag in die Eerste Wêreldoorlog word Kameroen 'n Volkebond-Mandaatgebied wat in 1919 in Frans-Kameroen en Brits-Kameroen verdeel word. Hierdie mandate word in 1946 in Verenigde Nasies-Trusteeskappe omskep.
In 1960 verkry Frans-Kameroen onafhanklikheid en word die Republiek Kameroen. Die suidelike deel Brits-Kameroens sluit in 1961 aan. Ter selfde tyd word die res van Brits-Kameroen deel van Nigerië. Die nuwe koalisieregering word gelei deur Ahmadou Ahidjo wat toeslaan op rebellegroepe wat oorgebly het van voor onafhanklikheid.
Ahidjo tree in 1982 uit en word opgevolg deur die huidige president, Paul Biya. Biya wen talle verkiesings, maar die regverdigheid van die verkiesings word in twyfel getrek. Die laaste verkiesing is op 7 Oktober 2018 gehou.
Politiek
[wysig | wysig bron]Die president van Kameroen het uitvoerende mag in die Kameroenregering. Hierdie bepaling is deel van die 1996-hervorming aan die grondwet wat aanvanklik in 1972 opgestel is. Die president word 'n breë verskeidenheid van magte gegee en kan dit uitvoer sonder om die Nasionale Vergadering te raadpleeg.
Die Nasionale Vergadering bestaan uit 180 afgevaardigdes en vergader drie keer per jaar. Die hoofverantwoordelikheid van die vergaderings is om wette goed te keur, maar het selde enige wette verander of in die weg gestaan van nuwe wetgewing.
Die regbank is ondergeskik aan die uitvoerende tak se Ministerie van Gereg. Die hooggeregshof kan die grondwetlikheid van 'n wet nagaan slegs op versoek van die president.
Provinsies
[wysig | wysig bron]Kameroen bevat tien provinsies:
- Adamawa-provinsie
- Sentrale Provinsie
- Oostelike Provinsie
- Verre Noordelike Provinsie
- Littoral-provinsie
- Noordelike Provinsie
- Noordwes-provinsie
- Westelike Provinsie
- Suidelike Provinsie
- Suidwes-provinsie
Geografie
[wysig | wysig bron]Ligging: Wes-Sentraal-Afrika, grensende aan die Bog van Benin, tussen Ekwatoriaal-Guinee en Nigerië. Die Tsjadmeer is in die noorde van die land en in die suidweste is die bekende Kameroenberg.
Geografiese koördinate: 6° N 12° O
Kaartverwysings: Afrika
Oppervlak:
- Totaal: 475 440 km²,
- Land: 469 440 km²,
- Water: 6 000 km²
Ekonomie
[wysig | wysig bron]Vir 'n kwart eeu na onafhanklikheid was Kameroen een van die mees vooruitstrewende lande in Afrika. Die val in kommoditeitspryse vir die land se hoofuitvoerprodukte — petroleum, kakao, koffie en katoen — in die middel-1980's, gekombineer met 'n oorwaardeerde geldeenheid en ekonomiese wanbestuur, lei tot 'n dekade-lange resessie. Die reële BBP per capita val met meer as 60% van 1986 tot 1994. Die lopenderekening en fiskale tekort vergroot. Tog as gevolg van oliehulpbronne en voordelige landboutoestande het Kameroen steeds een van die bes-bedeelde primêre kommoditeitsekonomië in Afrika suid van die Sahara.
Ten spyte van snelle verstedeliking is die enkel grootste ekonomiese aktiwiteit in Kameroen bestaansboerdery waarin byna die hele landelike bevolking werksaam is.
Demografie
[wysig | wysig bron]Kameroen se demografie bestaan uit 'n geskatte 250 afsonderlike etniese groepe, wat in vyf groot streekkulture verdeel kan word:
- Westelike hooglande (Semi-Bantoe of grasvelders), insluitend die Bamileke, Bamoen (of Bamoun) en baie kleiner Tikargroepe in die Noordweste (geskat op 38% van die totale bevolking);
- Kus-tropiese woudmense, insluitend die Bassa, Duala (of Douala) en baie kleiner groepe in die suidweste (12%);
- Suidelike tropiese woudmense, insluitend die Beti-Pahuin, Bulu ('n deelgroep van Beti-Pahuin), Fang (deelgroep van Beti-Pahuin), Maka-Njem en Baka pigmee (18%);
- Hoofsaaklik Moslems van die noordelike semi-droë gebiede (die Sahel) en sentrale hooglande, insluitend die Fulani (of Peuhl in Frans) (14%); en
- Die "Kirdi", nie-Islam of onlangse Moslems van die noordelike woestyn en sentrale hooglande (18%).
Kultuur
[wysig | wysig bron]Datum | Afrikaanse Naam |
---|---|
1 Januarie | Nuwejaarsdag |
11 Februarie | Nasionale Jeugdag |
1 Mei | Werkersdag |
20 Mei | Nasionale Dag |
15 Augustus | Mariahemelvaart |
25 Desember | Kersfees |
Verder sluit dit openbare vakansiedae wat rondskuif in:
- Christendom: Goeie Vrydag, Paassondag, en Paasmaandag
- Islam: Eid-oel-Fiter en Eid-oel-Adha
Onderwys
[wysig | wysig bron]Kameroen is bekend daarvoor dat dit een van die beste onderwysstelsels in Afrika het. Primêre onderrig is beide gratis en verpligtend. Statistiek dui aan dat 70% van alle kinders tussen 6-12 jaar skoolgaan. 79% van Kameroen se bevolking kan lees. Daar is in die laaste paar jaar 'n neiging vir al hoe meer van die beste studente om die land te verlaat om oorsee te studeer en hulle dan daar te vestig – die sogenaamde "breindrein".
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Cameroon". Central Intelligence Agency. Besoek op 11 Augustus 2020.
- ↑ (en) "Totalitarian Dictatorship and Autocracy In Cameroon Undermines Separation of Powers". Cameroon Concord. 16 Februarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2019. Besoek op 7 Januarie 2019.
- ↑ (en) "Freedom in the World 2018 – Cameroon". freedomhouse.org. 4 Januarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2019. Besoek op 7 Januarie 2019.
- ↑ (en) "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2018. Besoek op 7 Januarie 2019.
- ↑ (fr) "Rapport de présentation des résultats définitifs" (PDF). Institut national de la statistique. p. 6. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Julie 2019. Besoek op 7 Januarie 2019.
- ↑ 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "Cameroon". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 7 Januarie 2019.
- ↑ (en) "2018 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 7 Januarie 2019.
- ↑ (en) "Cameroon". Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 Januarie 2019.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Algemeen
- (en) "Cameroon". Encyclopædia Britannica. Besoek op 11 Augustus 2020.
- (en) "Cameroon". Central Intelligence Agency. Besoek op 11 Augustus 2020.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kameroen.
- Onderwys
- The Cameroonian Association of Engineers and Computer ScientistsWebwerf van die Vereniging van Kameroense Ingenieurs in Duitsland
- Regering
- Presidensie van die Republic van Kameroen Geargiveer 8 Februarie 2005 op Wayback Machine
- Nasionale Vergadering van Kameroen Geargiveer 14 Maart 2008 op Wayback Machine
- Nuus
- allAfrica – Cameroon nuushooftrekke skakels
- CRTV – Cameroon Radio Television
- The Post – voorste Engelse koerant in Buea uitgegee
- Le Messager Geargiveer 30 Desember 2005 op Wayback Machine privaat koerant (in Frans)
- Oorsigte
- Etniese groepe
- Baka Pigmee van Kameroen Kultuur en musiek van die eerste bewoners van Kameroen
- Antropologiese navorsers in Kameroen
- Die Bamileke mense van Kameroen
- Die Bakweri Mense van die voormalige Britse Kameroene Geargiveer 30 April 2006 op Wayback Machine
- Gidse
- CMCLICK Online! Cameroon Portal – Cameroon Geargiveer 17 Mei 2021 op Wayback Machine Cameroon Internet Community. Cameroon Business Directory. Cameroon Information. Cameroon Culture.
- LookSmart – Cameroon Geargiveer 21 September 2004 op Wayback Machine directory category
- Open Directory Project – Cameroon Geargiveer 23 April 2006 op Wayback Machine directory category
- Stanford University – Africa South of the Sahara: Cameroon directory category
- University of Pennsylvania – African Studies Center: Cameroon directory category
- Yahoo! - Cameroon Geargiveer 4 April 2006 op Wayback Machine directory category
- Toerisme
- Toerisme-inligting oor Kameroen op Wikivoyage
- Cameroon tourism Information and pictures
- Cameroon In Colour Geargiveer 9 Mei 2021 op Wayback Machine Cameroon pictures. Largest Online picture collection of Cameroon. Images of Cameroon. Cameroon Photos.