Ystersulfied
Voorkoms
'n Ystersulfied is 'n verbinding van yster met swawel
Daar is 'n verskeidenheid ystersulfiede bekend.[1] Die meeste word as minerale aangetref
In die meeste ystersulfiede tree die swawelatome as sulfied-ione op, maar die chemiese binding het 'n kovalente komponent. Die ysteratome het gewoonlik 'n oksidasietoestand Fe(II), maar in greigiet is 'n deel van die yster Fe(III). In die disulfiede (piriet en markasiet) is yster Fe(II) maar swawel is as disulfiedione S2−2 teenwoordig.
formule | naam | simmetrie | ruimtegroep | eienskappe |
---|---|---|---|---|
FeS | mackinawiet | tetragonaal | P4/nmm | metastabiele fase wat vorm as neerslag uit waterige oplossings |
FeS | kubiese FeS | kubies | F43m | unstabiele fase wat vorm voor macknawiet |
FeS | troiliet | heksagonaal | P6₃/mmc | stoigiometriese eindlid van in meteoriete gevond word |
Fe1-xS x<0.2 | pyrrhotiet | ht: heksagonaal; lt:superstruktuur monoklinies |
P6₃/mmc A2/a |
volopste fase in minerale; selde in mariene sedimente |
Fe9S11 | smythiet | romboëdries | R3m | metastabiele fase gevind in hidrotermale sisteme |
Fe3S4 | greigiet | kubies | Fd3m | metastabiele tiospinel Fe(II)Fe(III) sulfied; taamlik volop naby soetwatersisteme |
FeS2 | piriet | kubies | Pa3 | volopste mineraal op die aardoppervlak; stabiele Fe(II)disulfied |
FeS2 | markasiet | ortorombies | Pnnm | metastabiele Fe(II)disulfied; volop in hidrotermale en sedimentêre gesteentes |