Gaan na inhoud

Trecento

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Trecento (Italiaans: treˈtʃɛnto; kort vir milletrecento, "1300") verwys na Italiaanse kultuur in die 14de eeu.[1]

Tydperk

[wysig | wysig bron]

Die Trecento word oor die algemeen beskou as die begin van die Renaissance in kunsgeskiedenis. Giotto di Bondone word ingesluit by die Trecento, sowel as die skilders van die Sienese Skool wat gedurende die 14de eeu die belangrikste bydrae in Italië sou maak. Ingesluit hierby is Duccio di Buoninsegna, Simone Martini, Lippo Memmi, Ambrogio Lorenzetti en sy broer Pietro Lorenzetti. Belangrike beeldhouers uit die tydperk sluit twee leerlinge van Giovanni Pisano in, naamlik Arnolfo di Cambio en Tino di Camaino; sowel as Bonino da Campione.

Skryfwerk in die volkstaal

[wysig | wysig bron]

Die Trecento is ook bekend as 'n tyd van verhoogde literêre aktiwiteit, met skrywers wat in die volkstaal pleks van Latyn begin skryf het. Dante, Petrarch en Boccaccio was die toonaangewende skrywers van die tyd. Dante het sy beroemde divina commedia (Die Goddelike Komedie), wat 'n opsomming van die Middeleeuse wêreldbeskouing is, uitgebring, en Petrarch het verse in 'n liriese styl geskryf, wat beïnvloed is deur die Oksitaanse literatuur en Provensaalse poësie van die troebadoers.

Sekulêre musiek

[wysig | wysig bron]

Op musikale gebied was die Trecento 'n produktiewe tydperk in Italië, net soos in Frankryk, ten opsigte waarvan daar 'n gereelde uitwisseling van musikante en invloede plaasgevind het. Die klem op sekulêre musiek het die tydperk onderskei van die vorige eeu, veral wat liefdeslirieke betref; baie van die oorlewende musiek is polifonies van aard, maar die invloed van die troebadoers wat in die vroeë 13de eeu met die Albigensiese-kruistog na Italië gevlug het, is duidelik. In teenstelling met die artistieke en literêre prestasies van die eeu, het Trecento-musiek (ten minste in geskrewe vorm) in die tweede helfte van die eeu gefloreer, en die tydperk word dikwels uitgebrei (veral in die Engelse skolastiese tradisie ) tot die eerste dekades van die 15de eeu, as 'n sogenaamde "Lang Trecento".

Musici en komponiste van die Trecento sluit die bekende Francesco Landini, sowel as Maestro Piero, Gherardello da Firenze,Jacopo da Bologna, Giovanni da Cascia, Paolo "Tenorista" da Firenze, Niccolò da Perugia, Bartolino da Padova, Antonio Zachara da Teramo, Matteo da Perugia, en Johannes Ciconia in.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Verdere leeswerk

[wysig | wysig bron]
  • Long, Michael (1990). "Trecento Italy". In McKinnon, James (red.). Antiquity and the Middle Ages: From Ancient Greece to the 15th Century. Music and Society Series. Englewood Cliffs, NJ: Prentice Hall. pp. 241–268. ISBN 0130361615.