Wes-Duitsland
| |||||
| |||||
Leuse: Einigkeit und Recht und Freiheit (Duits vir: "Eenheid én geregtigheid én vryheid") | |||||
Volkslied: Die derde strofe van die Deutschlandlied (Duits vir: "Lied van die Duitsers") | |||||
Ligging van die Bondsrepubliek Duitsland | |||||
Hoofstad | Bonn 50°43′N 7°6′O / 50.717°N 7.100°O | ||||
Taal/Tale | Duits | ||||
Regering | Republiek | ||||
President | |||||
- 1949–1959 | Theodor Heuss | ||||
- 1959–1969 | Heinrich Lübke | ||||
- 1969–1974 | Gustav Heinemann | ||||
- 1974–1979 | Walter Scheel | ||||
- 1979–1984 | Karl Carstens | ||||
- 1984–1994 | Richard von Weizsäcker | ||||
Kanselier | |||||
- 1949–1963 | Konrad Adenauer | ||||
- 1963–1966 | Ludwig Erhard | ||||
- 1966–1969 | Kurt Georg Kiesinger | ||||
- 1969–1974 | Willy Brandt | ||||
- 1974–1982 | Helmut Schmidt | ||||
- 1982–1998 | Helmut Kohl | ||||
Wetgewer | Parlement | ||||
Historiese tydperk | Koue Oorlog | ||||
- Tweede Wêreldoorlog | 1939–1945 | ||||
- Grondwet goedgekeur | 23 Mei 1949 | ||||
- Aansluiting by die NAVO | 6 Mei 1955 | ||||
- Stigtingslid van die Europese Gemeenskap | 1 Januarie 1957 | ||||
- Toetreding van die Saar-Protektoraat | 1 Januarie 1957 | ||||
- Toetreding tot die Verenigde Nasies | 18 September 1973 | ||||
- Val van die Berlynse Muur | 9 November 1989 | ||||
- Duitse hereniging | 3 Oktober 1990 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1950 | 248 577 km2 95 976 sq mi | ||||
- 1990 | 248 577 km2 95 976 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1950 skatting | 50 958 000 | ||||
Digtheid | 205 /km² 530,9 /sq mi | ||||
- 1970 skatting | 61 001 000 | ||||
- 1990 skatting | 63 254 000 | ||||
Digtheid | 254,5 /km² 659,1 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Deutsche Mark (DM) (DEM) |
Wes-Duitsland was die informele maar byna universeel gebruikte naam vir die Bondsrepubliek Duitsland (dikwels ook Federale Republiek Duitsland, in Duits: Bundesrepublik Deutschland) vanaf 1949 tot die hervereniging van Duitsland op 3 Oktober 1990 toe die Duitse Demokratiese Republiek by die geldingsgebied van die Wes-Duitse Grondwet (Grundgesetz) aangesluit het.
Terminologie
[wysig | wysig bron]Die term Wes-Duitsland het daarnaas ook 'n suiwer geografiese betekenis, alhoewel dit moeilik is om dit vas af te baken. Deesdae word sy betekenis veral deur die interne Duitse grens gedefinieer waardeur Duitsland in 'n Wes- en 'n Oos-Duitse staat gedeel is. Historici verwys na hierdie tydperk as die "Republiek van Bonn" (Bonner Republik), na aanleiding van die tussenoorlogse Republiek van Weimar, terwyl die herenigde Duitsland "Berlynse Republiek" (Berliner Republik) genoem word.[1]
Die term Republiek van Bonn vir Wes-Duitsland tussen 1949 en 1990 het gelyktydig met die term Berlynse Republiek of Republiek van Berlyn vir die opvolgende historiese tydperk ontstaan.[2] Die analogie met die term "Republiek van Weimar", wat net na die plek van die grondwet se ondertekening verwys, het sy oorsprong in die nuwe tradisie, waarvolgens die verskeie demokratiese republieke van Duitsland na die stede genoem word, waar die onderskeidelike regerings en parlemente vergader het.[3]
Tot die hereniging van Duitsland was "tweede Republiek" (zweite Republik) 'n ander bekende term vir hierdie tydperk.[4] Na die Republiek van Weimar word dan ook as "eerste Republiek (erste Republik) verwys. Soms word na die tydperk tussen 1949 en 1990 ook as "ou Bondsrepubliek" (alte Bundesrepublik) verwys, ter onderskeiding van die herenigde Duitsland sedert 1990. Vir die vyf deelstate op die gebied van die voormalige Duitse Demokratiese Republik is vandag ook die term "nuwe deelstate" (neue Bundesländer) algemeen, vergelykbaar met "ou deelstate" (alte Bundesländer) vir die deelstate van Wes-Duitsland.
Deelstate
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Deelstate van Duitsland.
- Baden-Württemberg (sedert 25 April 1952)
- Baden (vanaf 1949 tot 25 April 1952)
- Württemberg-Baden (vanaf 1949 tot 25 April 1952)
- Württemberg-Hohenzollern (vanaf 1949 tot 25 April 1952)
- Beiere (sedert 1949)
- Hesse (sedert 1949)
- Nedersakse (sedert 1949)
- Noordryn-Wesfale (sedert 1949)
- Rynland-Palts (sedert 1949)
- Saarland (sedert 1 Januarie 1957)
- Sleeswyk-Holstein (sedert 1949)
- Vrye en Hansestad Hamburg (sedert 1949)
- Vrye Hansestad Bremen (sedert 1949)
- Wes-Berlyn (de facto)
Sport
[wysig | wysig bron]Sokker was die gewildste sportsoort in Wes-Duitsland en die Duitse sokkerbond (Deutscher Fußball-Bund, DFB) het as gasheer van die FIFA se Sokker-Wêreldbekertoernooie in 1974 en die UEFA Europa-beker van 1988 opgetree. Die destydse Wes-Duitse nasionale sokkerspan het daarin geslag om drie keer die FIFA Sokker-Wêreldbeker te kon wen: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 in Switserland, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 in Wes-Duitsland en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 in Italië asook twee keer die UEFA Europa-beker (in 1972 en 1980). Die Spele van die XXste Olimpiade in München was 'n ander groot sportbyeenkoms wat deur Wes-Duitsland aangebied is. Net voor die Olimpiese Somerspele in München is die XXIste Wêreldspele van die verlamdes in Heidelberg gehou.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) The Bonn Republic — West German democracy, 1945–1990, Anthony James Nicholls, Longman, 1997
- ↑ (de) Joannah Caborn (2006): Schleichende Wende. Diskurse von Nation und Erinnerung bei der Konstituierung der Berliner Republik, bö. 12.
- ↑ (de) Frank Brunssen, Das neue Selbstverständnis der Berliner Republik, Königshausen & Neumann, Würzburg 2005, ISBN 3-8260-3003-6, bl. 19.
- ↑ (de) Wolfgang Benz, Michael F. Scholz, Deutschland unter alliierter Besatzung 1945–1949. Die DDR 1949–1990, in: Bruno Gebhardt, Handbuch der deutschen Geschichte, Band 22, 10de uitgawe, Klett-Cotta, 2009, ISBN 978-3-608-60022-3, bl. 38; Löwenthal/Schwarz (1974): Die zweite Republik. 24 Jahre Bundesrepublik Deutschland – eine Bilanz.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wes-Duitsland.
- (en) "West Germany". Encyclopædia Britannica. Besoek op 29 Mei 2019.