Rijksmuseum
Openingsjaar | 19 November 1798[1] |
---|---|
Tipe museum | Nasionale museum Kunsmuseum Geskiedenismuseum |
Webtuiste | www.rijksmuseum.nl |
Die Rijksmuseum is 'n Nederlandse museum[2] wat gewy is aan kuns en geskiedenis en wat in Amsterdam geleë is. Die museum is geleë op die Museumplein in die buurt Amsterdam-Suid, naby die Van Gogh-museum, die Stedelijk Museum Amsterdam en die Concertgebouw.
Die Rijksmuseum is op 19 November 1798 in Den Haag gestig en het in 1808 na Amsterdam verhuis, waar dit eers in die Koninklike Paleis en later in die Trippenhuis geleë was. Die huidige hoofgebou is deur Pierre Cuypers ontwerp en die eerste keer in 1885 geopen.[3] Op 13 April 2013, na 'n tien jaar-lange restourasieproses wat € 375 miljoen gekos het, is die hoofgebou deur koningin Beatrix heropen.[4][5] In 2013 en 2014 was dit die mees besoekte museum in Nederland, met rekordgetalle van 2,2 miljoen en 2,47 miljoen besoekers.[6] Dit is ook die grootste kunsmuseum in die land.
Die museum stal tans 8000 kuns- en geskiedenisvoorwerpe uit, uit hul totale versameling van 1 miljoen voorwerpe wat uit die jare 1200–2000 dateer, insluitende enkele meesterwerke van Rembrandt, Frans Hals en Johannes Vermeer. Die museum beskik ook oor 'n klein Asiatiese versameling wat in die Asiatiese paviljoen te sien is.[3]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]18de eeu
[wysig | wysig bron]In 1795 is die Bataafse Republiek uitgeroep. Die minister van finansies, Isaac Gogel, het aangevoer dat 'n nasionale museum, volgens die Franse voorbeeld van die Louvre, die nasionale belang sou dien. Op 19 November 1798 besluit die regering om die museum op te rig.[7]
Op 31 Mei 1800 open die Nationale Kunst-Galerij, wat die voorloper sou wees van die Rijksmuseum in Huis ten Bosch in Den Haag. Die museum het ongeveer 200 skilderye en historiese voorwerpe uit die versamelings van die Nederlandse stadhouers uitgestal.[7]
19de eeu
[wysig | wysig bron]In 1805 verhuis die Nasionale Kunsgalery in Den Haag na die Prins Willem V Galery by Buitenhof, wat in dieselfde stad geleë is.
In 1806 word die Koninkryk van Holland deur Napoleon Bonaparte gestig. Op bevel van koning Louis Bonaparte, broer van Napoleon, het die museum in 1808 na Amsterdam verhuis. Die skilderye wat deur die stad besit word, soos Die Nagwag deur Rembrandt, het deel geword van die versameling. In 1809 word die museum in die Koninklike Paleis in Amsterdam geopen.
In 1817 verhuis die museum na die Trippenhuis. Die Trippenhuis het geblyk ongeskik te wees as museum. In 1820 word die historiese voorwerpe na die Mauritshuis in Den Haag verskuif, en in 1838 word die skilderye "van lewende meesters uit die 19de eeu" na die voormalige somerpaleis van Koning Louis Bonaparte (Paviljoen Welgelegen) in Haarlem, verskuif.
"Het jy geweet dat 'n groot, nuwe gebou die plek van die Trippenhuis in Amsterdam sal inneem? Ek het geen probleem daarmee nie; die Trippenhuis is te klein en baie skilderye is op so 'n wyse opgehang dat 'n mens dit nie goed kan sien nie."
In 1863 was daar 'n ontwerpkompetisie vir 'n nuwe gebou vir die Rijksmuseum, maar nie een van die voorleggings is as voldoende beskou nie. Pierre Cuypers het ook aan die kompetisie deelgeneem, en sy voorlegging het tweede plek behaal.[9]
In 1876 is 'n nuwe kompetisie gehou, en hierdie keer het Pierre Cuypers wel getriomfeer. Die ontwerp was 'n kombinasie van gotiese en Renaissance-elemente. Die bouwerk het op 1 Oktober 1876 'n aanvang geneem. Aan die binne- en buitekant was die gebou ryklik versier, met verwysings na die Nederlandse kunsgeskiedenis. Nog 'n kompetisie is gehou vir hierdie versierings. Die wenners was B. van Hove en JF Vermeylen vir die beeldhouwerke, G. Sturm vir die teël tableaus en skilderye en WF Dixon vir die loodglas ontwerp. Die museum is op 13 Julie 1885 te sy nuwe ligging geopen.[9] In 1890 is 'n nuwe gebou 'n kort entjie suid-wes van die Rijksmuseum bygevoeg. Aangesien die gebou bestaan uit fragmente van gesloopde geboue; gee dit 'n oorsig van die geskiedenis van Nederlandse argitektuur, en het dit informeel bekend gestaan as die 'fragment gebou'. Dit staan ook bekend as die 'suidvleuel' en word tans (vanaf 2013) die Philips-vleuel genoem.
20ste eeu
[wysig | wysig bron]In 1906 is die saal waarin die Die Nagwag gehuisves word herbou.[9] In die interieure ruimte is meer veranderinge tussen die 1920's en 1950's aangebring- daar is oor die meeste veelkleurige muurversierings geverf. In die 1960's is uitstallingskamers en verskeie verdiepings in die twee binnehowe ingebou. Die gebou het in 1984, 1995-1996 en 2000 'n paar geringe opknapping- en restourasieprojekte ondergaan.[10]
'n Opknapping van die suidelike vleuel van die museum, ook bekend as die 'fragmentgebou' of 'Philips-vleuel', is in 1996 voltooi, dieselfde jaar wat die museum sy eerste groot fotografie-uitstalling gehou het met sy uitgebreide versameling foto's uit die 19de eeu.[11]
21ste eeu
[wysig | wysig bron]In Desember 2003 het die hoofgebou van die museum vir 'n groot opknapping gesluit. Tydens hierdie opknapping was ongeveer 400 voorwerpe uit die versameling te sien in die 'fragmentgebou', waaronder Rembrandt se Die Nagwag en ander meesterwerke uit die 17de eeu.[12]
Die restourasie en opknapping van die Rijksmuseum is gebaseer op 'n ontwerp deur die Spaanse argitekte Antonio Cruz en Antonio Ortiz. Baie van die ou binneversiering is herstel en die vloere in die binnehowe is verwyder. Die opknapping sou aanvanklik vyf jaar geduur het, maar is vertraag en het uiteindelik amper tien jaar geneem om te voltooi. Die opknapping het € 375 miljoen gekos.[5]
Die rekonstruksie van die gebou is op 16 Julie 2012 voltooi. In Maart 2013 is die belangrikste kunswerke van die museum vanaf die 'fragmentgebou' (Philips-vleuel) na die hoofgebou verskuif. Die Nagwag is teruggeneem na die Nagwag Kamer. Op 13 April 2013 is die hoofgebou deur koningin Beatrix heropen.[4] Op 1 November 2014 heropen die Philips-vleuel weer met die uitstalling getiteld "Moderne Tye: Fotografie in die 20ste Eeu".
Lys van direkteure
[wysig | wysig bron]- Cornelis Sebille Roos
- Cornelis Apostool (1808–1844)
- Jan Willem Pieneman (1844–1847)
- Johann Wilhelm Kaiser (1873–1883)
- Frederik Daniël Otto Obreen (1883–1896)
- Barthold Willem Floris van Riemsdijk (1897–1921)[13]
- Frederik Schmidt-Degener (1921–1941)[14]
- David Röell (1945–1959)[15]
- Arthur FE van Schendel (1959–1975)[16]
- Simon Levie (1975–1989)
- Henk van Os (1989–1996)[17]
- Ronald de Leeuw (1996–2008)[18]
- Wim Pijbes (2008–2016)[19]
- Taco Dibbits (2016 – hede)
-
Die Rijksmuseum was tussen 1817 en 1885 in die Trippenhuis geleë.
-
Tekening van die ontwerp deur Pierre Cuypers in 1876.
-
Voorkant van Cuypers se gebou, omstreeks 1895.
-
Uitsig oor die fasade in die nag.
-
Video van die Rijksmuseum (2016).
Versameling
[wysig | wysig bron]Die versameling van die Rijksmuseum bestaan uit 1 miljoen voorwerpe en word gewy aan kuns en geskiedenis wat dateer uit die jare 1200 tot 2000. Ongeveer 8000 voorwerpe word tans in die museum vertoon.[3]
Die versameling bevat meer as 2000 skilderye uit die Nederlandse Goue Eeu deur noemenswaardige skilders soos Jacob van Ruisdael, Frans Hals, Johannes Vermeer, Jan Steen, Rembrandt en Rembrandt se leerlinge.[3] Die museum het ook 'n klein Asiatiese versameling wat in die Asiatiese paviljoen te sien is.[3]
In 2012 het[20] die museum die ongewone stap geneem om ongeveer 125,000 hoë resolusie- beelde beskikbaar te stel via die Rijksstudio webplatform,[21] met planne om nog 40,000 prente per jaar by te voeg totdat die hele versameling van een miljoen werke beskikbaar is. volgens die direkteur van die versameling, Taco Dibbits.[22]
Galery
[wysig | wysig bron]-
Huweliksportret van Isaac Massa en Beatrix van der Laen (Portret van 'n jong paartjie) (1622) deur Frans Hals
-
Jeremia betreur die verwoesting van Jerusalem (1630) deur Rembrandt
-
De magere compagnie (1633–37) deur Frans Hals en Pieter Codde
-
Die Nagwag (1642) deur Rembrandt
-
Banket by die Kruisbooggilde ter viering van die Verdrag van Münster (1648) deur Bartholomeus van der Helst
-
Die Bedreigde swaan (omstreeks 1650) deur Jan Asselijn
-
Die melkmeisie (omstreeks 1657–58) van Johannes Vermeer
-
Die Joodse bruid (omstreeks 1667) deur Rembrandt
-
Meisie in 'n blou rok (1641) deur Johannes Cornelisz Verspronck
-
Landskap met waterval (1660's) deur Jacob van Ruisdael
-
Shivaji se portret (1680's) in die Rijksmuseum (1630-80)
Aantal besoekers
[wysig | wysig bron]jaar | besoekers | jaar | besoekers | jaar | besoekers | ||
---|---|---|---|---|---|---|---|
1975 | 1 412 000 | 2000 | 1 146 438[23] | 2010 | 896 393 | ||
2001 | 1 015 561 | 2011 | 1 010 402 [lower-alpha 1] | ||||
1992 | 1 216 103 [lower-alpha 2] | 2002 | 1 100 488[24] | 2012 | 894 058[25] | ||
1993 | 936 400[26] | 2003 | 833 450 [lower-alpha 3] | 2013 | 2 246 122[6] | ||
1994 | 1 002.000[27] [lower-alpha 4] | 2004 | 812 102[28] | 2014 | 2 474 352 | ||
1995 | 942 000[29] | 2005 | 842 586 | 2015 | 2 345 666 | ||
1996 | 1 275 000[30] | 2006 | 1 142 182[31] | 2016 | 2 200 000 (geskatte) | ||
1997 | 1 084 652[32] | 2007 | 969 561 | ||||
1998 | 1 229 445[33] | 2008 | 975 977 | ||||
1999 | 1 310 497 | 2009 | 876 453 |
Die besoekersrekord vir die 20ste eeu, van 1.412.000, het in 1975 plaasgevind.[34]
In die 1990's en vroeë 2000's is die Rijksmuseum jaarliks deur 0,9 tot 1,3 miljoen mense besoek. Op 7 Desember 2003 is die hoofgebou van die museum tot 13 April 2013 vir restourasiewerk gesluit. In die voorafgaande dekade het die aantal besoekers effens afgeneem tot 0,8 tot 1,1 miljoen mense. Die museum het gesê dat die museum na die opknapping 1,5 tot 2,0 miljoen besoekers jaarliks kan akkommodeer.[3] Die museum is binne agt maande na die heropening daarvan in 2013 deur 2 miljoen mense besoek.[35]
Die museum het 2,2 miljoen besoekers in 2013 gehad, en 'n rekordgetal van 2,47 besoekers in 2014.[6][28][31][23][24][25] In 2013 en 2014 was die museum die mees besoekte museum in Nederland, en die 19de mees besoekte museum ter wêreld .[36]
Biblioteek
[wysig | wysig bron]Die Rijksmuseum Navorsingsbiblioteek is deel van die Rijksmuseum, en is die beste en die grootste openbare biblioteek vir kunsgeskiedenisnavorsing in Nederland.
Restaurant
[wysig | wysig bron]Rijks, gestileer as RIJKS®, is 'n restaurant met 140 sitplekke wat in die Philips-vleuel geleë is.[37] Joris Bijdendijk is sedert die opening daarvan in 2014 die sjef.[38] Die restaurant is in 2017 met 'n Michelin-ster bekroon.[39]
Notas
[wysig | wysig bron]- ↑ Dit sluit die 16,777 besoekers aan die hoofgebou in.
- ↑ In 1993 het besoekergetalle verminder na 936,400, d.i. daar was na raming 1,216,103 besoekers in 1992.
- ↑ Die hoofgebou was vanaf 7 Desember 2003 gesluit.
- ↑ In 1995 het besoekergetalle met 60,000 verminder na 942,000, d.i. daar was na raming 1,002,000 besoekers in 1994.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Geskiedenis van die Rijksmuseum, Rijksmuseum. Opgespoor 4 April 2013.
- ↑ "The beginning". History of the Rijksmuseum (in Engels). Rijksmuseum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2019. Besoek op 2 Februarie 2018.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 3,5 Die restourasie, Rijksmuseum. Opgespoor op 4 April 2013.
- ↑ 4,0 4,1 "Rijksmuseum set for grand reopening in Amsterdam". BBC News. 4 April 2013. Opgespoor op 4 April 2013.
- ↑ 5,0 5,1 "The Rijksmuseum reopens: A new golden age". The Economist (Londen). 13 April 2013. Opgespoor op 14 April 2013.
- ↑ 6,0 6,1 6,2 Jaarverslag 2013 (in Nederlands), Rijksmuseum. Opgespoor op 23 Januarie 2017.
- ↑ 7,0 7,1 (nl) Roelof van Gelder, Schatkamer met veel gezichten, 2000. Opgespoor op 15 April 2013.
- ↑ "To Theo van Gogh. Den Haag, Dinsdag, 28 Januarie 1873" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 24 Maart 2018.
- ↑ 9,0 9,1 9,2 (nl) "Stadhouderskade 42. Rijksmuseum (1876/85)". Monumenten en Archeologie in Amsterdam. =Stad Amsterdam. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2007. Besoek op 1 April 2007.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link) - ↑ (nl) "Stadhouderskade 42. Rijksmuseum (1876/85). Interieur". Monumenten en Archeologie in Amsterdam. Stad Amsterdam. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2007. Besoek op 1 April 2007.
- ↑ A new art: photography in the 19th century. The photo collection of the Rijksmuseum, Amsterdam, edited by curators Mattie Boom and Hans Rooseboom, preface by Peter Schatborn and Ronald de Leeuw, essays by Jan Piet Filedt Kok, Mattie Boom, Hans Rosenboom, Robbert van Venetie, Hedi Hegeman, Andreas Blühm, Saskia Asser and Annet Zondervan, Rijksmuseum & Van Gogh Museum, 1996, ISBN 9053491937
- ↑ "Final Design The New Rijksmuseum". The New Rijksmuseum (in Engels). Rijksmuseum Amsterdam. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2009. Besoek op 1 April 2007.
- ↑ (nl) Jonkheer Barthold Willem Floris van Riemsdijk (1850-1942), Geheugen van Nederland. Opgespoor 25 April 2013.
- ↑ (nl) A.A.M. de Jong, Schmidt Degener, Frederik (1881-1941), Historici.nl, 2012. Opgespoor 25 April 2013.
- ↑ (nl) Th.J. Meijer, Röell, jhr. David Cornelis (1894-1961), Historici.nl, 2012. Opgespoor 25 April 2013.
- ↑ (nl) Lucette ter Borg, "Gedonderjaag in het Rijksmuseum", De Volkskrant, 2000. Opgespoor 25 April 2013.
- ↑ "Archived copy" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2013. Besoek op 25 April 2013.
{{cite web}}
: CS1 maint: archived copy as title (link) - ↑ "CV Prof. Dr. (h. c.) Ronald de Leeuw" (PDf). Kunsthistorisches Museum. Besoek op 25 April 2013.
- ↑ Charlotte Higgins (5 April 2013)."Rijksmuseum to reopen after dazzling refurbishment and rethink". The Guardian (Londen). Opgespoor 25 April 2013.
- ↑ "Rijksmuseum lanceert Rijksstudio". Creative Commons Nederland (in Nederlands). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2020. Besoek op 30 Julie 2015.
- ↑ Rijkstudio promotes and enables the reuse of the Rijksmuseum collection.
- ↑ Erik Boekesteijn (12 April 2013). TWIL #94: Peter Gorgels (Internet Manager Rijksmuseum). This Week In Libraries. Amsterdam: Shanachiemedia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2013. Besoek op 11 Junie 2013.
- ↑ 23,0 23,1 (nl) Jaarverslag 2001, Rijksmuseum, 2002. Opgespoor op 25 April 2013.
- ↑ 24,0 24,1 (nl) Jaarverslag 2003, Rijksmuseum, 2004. Opgespoor op 25 April 2013.
- ↑ 25,0 25,1 Jaarverslag 2012 (in Nederlands), Rijksmuseum. Opgespoor op 23 Januarie 2017.
- ↑ (nl) "Museumbezoek in 1993 sterk gedaald", NRC Handelsblad, 1994. Opgespoor op 21 November 2016.
- ↑ (in Nederlands) "Nieuwe musea hadden in 1995 een goede start", de Volkskrant, 1996. Opgespoor op 21 November 2016.
- ↑ 28,0 28,1 (nl) Jaarverslag 2005, Rijksmuseum, 2006. Opgespoor op 25 April 2013.
- ↑ (nl) "Grote musea trokken in 1995 minder bezoekers", Trouw, 1996. Opgespoor op 21 November 2016.
- ↑ (nl) Rijksmuseum en Kunsthal trekken veel bezoekers, de Volkskrant, 1997. Opgespoor op 25 April 2013.
- ↑ 31,0 31,1 (nl) Jaarverslag 2011, Rijksmuseum, 2012. Opgespoor op 25 April 2013.
- ↑ (nl) Jaarverslag 1998, Rijksmuseum, 1999. Opgespoor op 25 April 2013.
- ↑ (nl) Jaarverslag 1999, Rijksmuseum, 2000. opgespoor op 25 April 2013.
- ↑ (in Nederlands) Openingsjaar Rijksmuseum breek alle records Geargiveer 28 Desember 2013 op Wayback Machine, Rijksmuseum, 2013. Opgespoor op 2013-12-27.
- ↑ Rijksmuseum welcomes two millionth visitor Geargiveer 28 Desember 2013 op Wayback Machine (persvrystelling), Rijksmuseum, 2013. Opgespoor op 27 Desember 2013.
- ↑ Top 100 Art Museum Attendance, The Art Newspaper, 2014. Opgespoor op 28 Junie 2014.
- ↑ Brooke Bobb, "Go for the Art, Stay for the Food: The 7 Best Museum Restaurants Around the World Geargiveer 13 Januarie 2017 op Wayback Machine", Vogue, 2016. Opgespoor op 10 Januarie 2017.
- ↑ "Joris Bijdendijk verantwoordelijk voor nieuwe restaurant Rijksmuseum", Het Parool, 2014. Opgespoor op 10 Januarie 2017.
- ↑ "Michelinster voor Amsterdamse restaurants Rijks, Bolenius en Mos", Het Parool, 2016. Opgespoor op 10 Januarie 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rijksmuseum.
- die Rijksmuseum se amptelike webwerf