Gaan na inhoud

Pieter Howes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pieter Howes
Pieter Howes in 2012.
Geboortenaam Pieter Bosch Botha
Geboorte 12 Maart 1985
Johannesburg, Suid-Afrika
Sterfte 6 Mei 2019 (op 34)
Sandton, Gauteng, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Akteur, regisseur, draaiboekskrywer
Aktiewe jare 2003-2019
Toekennings Standard Bank Ovation Award

Pieter Bosch Howes (gebore Pieter Bosch Botha; 12 Maart 1985, Johannesburg, Suid-Afrika – 6 Mei 2019, Sandton, Gauteng) was 'n Suid-Afrikaanse joernalis, aktivis, politieke kommentator, akteur, regisseur en draaiboekskrywer.[1][2] In 2007 word hy die eerste inwonende direkteur van die Roodepoort-teater in Johannesburg.

Hy was die stiger van "The Enwhitenment Project", 'n projek wat poog om bewusmaking oor witheid te bou met die oogmerk om die rasseskeiding te oorbrug.[3] Hy het veral 'n groot gehoor op Twitter gehad en was 'n bydraer tot die Amerikaanse webwerf Inquisitr.[1]

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

Pieter Bosch Botha is op 12 Maart 1985 in Johannesburg, Transvaal, gebore, die seun van At Botha en Annalise Bosch, albei akteurs.[4][5] Hy begin sy loopbaan as akteur op die ouderdom van 6 met die leidende rol in 'n nasionale televisie-advertensie vir Opel se Monza-motorvoertuigmodel.

In 2003 voltooi hy sy drama- en teaterstudie aan die Nasionale Skool van die Kunste. Hy verwerf in drie opeenvolgende jare nasionale kleure vir drama.

Persoonlike lewe

[wysig | wysig bron]

Hy was gay en verander sy van na Howes met sy selfdegeslaghuwelik met dokter Craig Howes.[1]

Hy het openlik sy ondersteuning vir die verlinkse politieke party Economic Freedom Fighters verklaar.[1][3] Hy het aan bipolêre gemoedsteuring en depressie gely.[1][5][6]

Hy pleeg selfmoord in Mei 2019.[1][5] Hy was vir 'n tyd lank vermis voor sy lyk op Saterdag, 4 Mei 2019 in 'n hotelkamer in Sandton, Gauteng gevind is.[5] Hy is vermoedelik aan 'n oordosis pille dood.[5] Baie mense het in reaksie op sy dood eerbetuigings op Twitter gelewer.[1]

Teaterproduksies

[wysig | wysig bron]

Regisseur

[wysig | wysig bron]
  • 2007: Rapunzel
  • 2008: James and the Giant Peach
  • 2008: Madiba Magic
  • 2008: Liewe Heksie
  • 2009: Danny the Champion of the World
  • 2009: Little Blue Dress
  • 2009: Noises Off!
  • 2011: Hoedens
  • 2011: Rose Red
  • 2012: Swoop
  • Rooikappie
  • Wasgoed
  • The Witches
  • The Cage Fighter
  • I'll Have What She’s Having...
  • Of Birds and Beasts
  • Subject to Citizen
  • Hats

Akteur

[wysig | wysig bron]
  • 2004: Jack and the Beanstalk
  • 2005: Die Keiser
  • 2006: Cinderella
  • 2006: Dames en Here
  • 2008: Spoof Full of Sugar
  • 2008: Eat Me!
  • 2012: Fully Committed
  • 2013: Civil Parting
  • 2013: The Briefcase
  • 2014: The Full Monty
  • 2014: Spamalot
  • 2015: The Double Bass
  • 2015: Miss Margarida's Way

Radio

[wysig | wysig bron]
  • 2015: Nagrit Op Keetmanshoop

Filmografie

[wysig | wysig bron]

Akteur

[wysig | wysig bron]

Rolprente

[wysig | wysig bron]
  • The Van Rooyens

Televisiereekse

[wysig | wysig bron]
  • 2003: Soul Buddyz
  • 2008: Villa Rosa
  • 2008: Backstage
  • 2008: Askies!

Draaiboekskrywer

[wysig | wysig bron]

Televisiereekse

[wysig | wysig bron]
  • 2014: Villa Rosa

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 "Political commentator and actor Pieter Howes takes his own life". The Citizen (in Engels). 6 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2019. Besoek op 9 Mei 2019.
  2. "Pieter Howes". Inquisitr (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2019. Besoek op 13 Junie 2019.
  3. 3,0 3,1 Naidoo, Shanthini (20 April 2018). "Why I‚ a white man‚ support the EFF". Times Live (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2019. Besoek op 14 Junie 2019.
  4. De Beer, Diane (19 Februarie 2013). "Fully Committed to spicing up his artistry". IOL (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 13 Junie 2019.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 Opperman, AJ (9 Mei 2019). "Depressie eis akteur se lewe". Beeld. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 13 Junie 2019.
  6. ""Gay White Journalist Who Opposed 'Whiteness' Kills Himself". WND (in Engels). 7 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 9 Mei 2019.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]