Gaan na inhoud

Samoa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die land in Oseanië. Vir die eilandgroep, sien Samoa-eilande, en vir die eilandgebied van die Verenigde State, sien Amerikaans-Samoa.
Independent State of Samoa (Engels)
Malo Saʻoloto Tutoʻatasi o Sāmoa (Samoaans)
Onafhanklike Staat Samoa
Vlag van Samoa Wapen van Samoa
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Fa'avae i le Atua Sāmoa
(Samoaans vir: "Samoa is gegrond op God")
Volkslied: O le fuʻa o le saʻolotoga o Samoa
(Samoaans vir: "Die vaandel van vryheid")
Ligging van Samoa
Hoofstad Apia

13°50′S 171°45′W / 13.833°S 171.750°W / -13.833; -171.750

Grootste stad Apia
Amptelike tale Samoaans en Engels
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Va'aletoa Sualauvi II
Naomi Mataʻafa
Onafhanklikheid
• Huidige grondwet
• van Nieu-Seeland

28 Oktober 1960
1 Januarie 1962[1]
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2 842 km2  (167ste)
1 097 myl2
0,3
Bevolking
 - 2016-sensus
 - Digtheid
 
195 843[2]
68 / km2 (144ste)
176,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$1,317 miljard[3]
$6 493[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$960 miljoen[3]
$4 735[3]

MOI (2018) 0,707[4] (111ste)  –  hoog
Gini (2013) 38,7[5] –  medium
Geldeenheid Tala (WST)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC+13)
(UTC+14)
Internet-TLD .ws
Skakelkode +685
a. Staatshoof

Samoa (Samoaans: Sāmoa, [ˌsaːˈmoa]; Engels: [səˈmoʊə]), amptelik die Onafhanklike Staat Samoa (Samoaans: Malo Sa'oloto Tuto'atasi o Sāmoa; Engels: Independent State of Samoa), tot op 4 Julie 1997 amptelik Wes-Samoa (Engels: Western Samoa), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië met 'n oppervlakte van 2 842 km² en 'n bevolking van 195 843 in 2016.

Nasa-satellietbeeld van Samoa
Kaart van Samoa

Samoa is in die ooste van Wallis en Futuna, in die suidooste van Tuvalu, in die suide van Tokelau, in die weste van Amerikaans-Samoa en in die noorde van Tonga geleë. Die hoofstad en grootste stad is Apia. Samoa vorm saam met die eilandgebied Amerikaans-Samoa die Samoa-eilande.[6]

Die westelike deel van Samoa het as gevolg van die Verdrag van Berlyn in 1889 'n Duitse kolonie geword, terwyl die oostelike deel 'n Amerikaanse kolonie geword het. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is Duits-Samoa deur Nieu-Seeland beset en het ná die wapenstilstand van die Duitse Keiserryk 'n Volkebondmandaat van Nieu-Seeland geword. Op 1 Januarie 1962 het Wes-Samoa van Nieu-Seeland sy onafhanklikheid verkry. Samoa is 'n unitêre parlementêre grondwetlike republiek binne die Britse Statebond met die O le Ao o le Malo ("Opperhoof van die Regering") as staatshoof.

Sport

[wysig | wysig bron]
Samoa voer die siva tau voor die wedstryd teen Suid-Afrika tydens die Rugbywêreldbeker 2011 op
Kolwe wat vir die Samoaanse krieket, kilikiti, gebruik word

Die Nieu-Seelanders het rugby in Samoa gevestig en dit is verreweg die gewildste sportsoort in dié land. Samoa is een van die min lande waar rugby die hoofsport is. Slegs die Cookeilande, Fidji, Nieu-Seeland, Tonga en Wallis kan soortgelyke bewerings maak.[7] Die Samoaanse nasionale rugbyspan het sedert 1987 vir amper elke rugbywêreldbekertoernooi (behalwe vir dié van 1987) gekwalifiseer. Hulle is veral bekend vir die tradisionele Siva Tau-oorlogsdans voor elke wedstryd. Met 'n bevolking van amper 200 000 is die keuring van talentvolle spelers in vergelyking met ander lande baie klein, maar Samoa behoort konstant aan die 15 beste spanne wêreldwyd en hulle is redelik mededingend. Dié land ly egter onder 'n groot uitvloei aan talent, aangesien baie spelers in die professionele ligas in Australië, Nieu-Seeland, Europa of Japan speel en deur die onderskeie land ingeburger word. Volgens Wêreldrugby se reëls is 'n tydperk van vyf jaar ononderbroke blyplek genoeg om vir die nasionale span van 'n ander land uit te draf (tot aan die einde van 2020 was dit net drie jaar).[8] Sedert die 1970’s het baie Samoane veral na Nieu-Seeland vertrek. Van die bekendste Nieu-Seelandse spelers met 'n Samoaanse herkoms is Jerry Collins, Michael Jones, Chris Masoe, Mils Muliaina, Isaia Toeava en Tana Umaga, terwyl Manu Tuilagi vir Engeland uitdraf.

Die Stille Oseaan-eilandstate se beheerliggame is nie sterk genoeg om hierdie uitvloei aan talent stop te sit nie. Soms word die sistematiese stropery in 'n ironiese manier met die 19de eeuse Blackbirding vergelyk.[9] Samoane, wat hul eie land verteenwoordig, kan nie altyd vir hul nasionale span verskyn nie, aangesien veral Engelse klubs huiwerig is om spelers vir toetswedstryde beskikbaar te stel. Die professionele span Moana Pasifika, wat sedert 2022 aan die internasionale toernooi Superrugby deelneem, sal as ’n oplossing dien. In dié span, wat in die Nieu-Seelandse stad Auckland gesetel is, speel Samoane saam met Tongane en Nieu-Seelanders met ’n Polinesiese herkoms; dié span streef ’n verkieslik “Stille Oseaan”-karakter na.[10] Aan die begin van 2022 het Wêreldrugby ’n nuwe reël geïmplementeer wat vir die Stille Oseaan-eilandstate as baie voordelig beskou word. Hiervolgens kan nasionale spelers van ’n “groot” rugbyland na ’n ander land oorskakel, ongeag die aantal toetswedstryde wat tot dusver gespeel is. Hiervoor moes 36 maande verloop het sedert die laaste toetswedstryd en die speler moet in die betrokke land gebore wees; ’n oorskakeling is ook moontlik met ’n ouer of grootouer wat daar gebore is.[11]

Samoa beskik met die Apiapark oor 'n baie moderne rugbystadion, maar dit word die meeste van die tyd nie gebruik nie. Daar is min opponente wat bereid is om die lang rys na Samoa aan te pak. Australië en Nieu-Seeland kom net selde teen die eilandstate te staan. Teen einde van meer toetswedstryde is die toernooi Stille Oseaan-nasiesbeker (tot 2006 die Stille Oseaan-drienasies genoem) gestig, waaraan onder andere die nasionale spanne van Samoa, Fidji en Tonga deelneem.

Soos in ander Pasifiese eilandstate word op Samoa 'n tradisionele plaaslike soort krieket beoefen, kilikiti genoem.[12] Kilikiti word as die nasionale sportsoort van Samoa beskou.[13]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Nieu-Seelandse Ministerium van Kultuur en Erfenis (19 Julie 2010). "Towards independence – NZ in Samoa". nzhistory.net.nz. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2020. Besoek op 16 Maart 2020.
  2. (en) "Population & Demography Indicator Summary". Saamoaanse Kantoor van Statistiek. Besoek op 16 Maart 2020.[dooie skakel]
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Samoa". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2019. Besoek op 16 Maart 2020.
  4. (en) "2019 Human Development Index Ranking". United Nations Development Programme. 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2020. Besoek op 16 Maart 2020.
  5. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2020. Besoek op 16 Maart 2020.
  6. (en) "Samoa country profile". BBC. 23 Januarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020. Besoek op 16 Maart 2020.
  7. (en) "Rugby History in Fiji". Teivovo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2007. Besoek op 6 Oktober 2007.
  8. (en) "World Rugby raises international eligibility period from three to five years". BBC. 10 Mei 2017. Besoek op 18 September 2022.
  9. (en) "Pacific's brawn drain is world rugby's gain". North West Star. 7 Oktober 2011. Besoek op 18 September 2022.
  10. (en) "Next steps in Pacific Island professional teams' journey confirmed by NZ Rugby". All Blacks. 14 April 2021. Besoek op 18 September 2022.
  11. (en) "World Rugby's tweak of eligibility rule game changing for Pacific Island unions". stuff.co.nz. 25 November 2021. Besoek op 10 Oktober 2023.
  12. (en) South Pacific and Micronesia. Lonely Planet. 2006. p. 53. ISBN 1-74104-304-2.
  13. (en) "Samoa's version of cricket, kilikiti, on display in Melbourne tournament". ABC. 10 April 2014. Besoek op 24 Februarie 2021.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]