Saba
| |||||
Nasionale leuse: Remis Velisque (Latyn vir: "Met spane en seile") | |||||
Volkslied: Saba you rise from the ocean (Engels vir: "Saba jy styg uit die oseaan") | |||||
Hoofstad | The Bottom | ||||
Grootste stad | The Bottom | ||||
Amptelike tale | Nederlands en Engels[1] | ||||
Regering | Besondere munisipaliteit binne Nederland Willem-Alexander Mark Rutte Jonathan Johnson | ||||
Onafhanklikheid Geïnkorporeer
• Datum |
binne Nederland 10 Oktober 2010 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
13[2] km2 5 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2022-skatting - Digtheid |
1 911[3] (–) 148 / km2 380 / myl2 | ||||
Geldeenheid | Amerikaanse dollar ($) (USD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
AST (UTC-4) nie toegepas nie (UTC-4) | ||||
Internet-TLD | .nl, .ana[4] | ||||
Skakelkode | +599-4 | ||||
a. Gaan gestaak word. |
Saba (Nederlands: [ˈsaːbɑ], ) is 'n Nederlandse eiland in die Karibiese See. Tot in 2010 het Saba deel uitgemaak van die Nederlandse Antille, maar dié eiland is sedert 10 Oktober 2010 'n besondere munisipaliteit binne Nederland.[5] Hoewel Saba deel is van Nederland is dit nie deel van die Europese Unie nie. Die eiland ontvang nogtans finansiële hulp van die EU se EDF.[6]
Die amptelike taal is Nederlands en die volkstaal is Engels. Die hoofstad en grootste stad is The Bottom. Die eiland beslaan 'n oppervlakte van 13 km² en het 'n bevolking van 1 911 in 2022 gehad. Sedert 1 Januarie 2011 is die Amerikaanse dollar die amptelike geldeenheid.[7]
Etimologie
[wysig | wysig bron]Die presiese betekenis van die naam "Saba" is nie bekend nie. Wyd verspreid is die teorie dat die naam van die Karibiese woord siba vir "rots" afgelei is.[8]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (nl) "Invoeringswet openbare lichamen Bonaire, Sint Eustatius en Saba". wetten.nl. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2016. Besoek op 29 Augustus 2014.
- ↑ (nl) "Waaruit bestaat het Koninkrijk der Nederlanden? – Rijksoverheid.nl". Ministerie van Algemene. 19 Mei 2015. Besoek op 19 Mei 2015.
- ↑ (nl) "Caribisch Nederland; bevolking; geslacht, leeftijd, burgerlijke staat". CBS StatLine. 28 April 2022. Besoek op 14 Augustus 2022.
- ↑ (en) "ISO 3166-1 decoding table". International Organization for Standardization. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2016. Besoek op 29 Augustus 2014.
- ↑ (en) "Status change means Dutch Antilles no longer exists". BBC. 10 Oktober 2010. Besoek op 10 Augustus 2023.
- ↑ "EU projects with Saba". Europese Unie.
{{cite web}}
: Onbekende parameter|accessdat=
geïgnoreer (|access-date=
voorgestel) (hulp) - ↑ (nl) "Bonaire, Sint Eustatius, Saba". De Nederlandsche Bank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2010. Besoek op 25 Desember 2010.
- ↑ (en) Stephen R. Conn (14 Maart 1993). "What's Up On Saba?". Chicago Tribune. Besoek op 2 Junie 2021.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Algemeen
- (en) "Saba". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Augustus 2023.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Saba.
- (en) Toerisme-inligting oor Saba op Wikivoyage
- (en) (nl) Amptelike webwerf van Saba se regering