Mercia
| ||||
Die strekking van die Koninkryk Mercia (dik lyn) en sy magsgebied tydens die Merciaanse Oorheersing tussen 600 en 900 toe Mercia die Angel-Saksiese Heptargie oorheers het (groen skakering) | ||||
Hoofstad | Tamworth (as koningsetel) | |||
Taal/Tale | Oud-Engels | |||
Godsdiens | Heidendom, Christendom | |||
Regering | Monargie | |||
Koning | ||||
- 527–? | Icel (eerste) | |||
- omstreeks 626–655 | Penda | |||
- 716–757 | Ethelbald | |||
- 757–796 | Offa | |||
- omstreeks 881–911 | Ethelred | |||
- 918 | Æthelwynn (laaste) | |||
Wetgewer | Witenagemot | |||
Historiese tydperk | Vroeë Middeleeue | |||
- Gevestig | 527 | |||
- Ontbind | 918 |
Mercia (Oud-Engels: Miercna rīce) was een van die magtigste van die sewe klein koninkryke in Engeland wat in die tydperk tussen die vestiging van Angel-Saksiese stamme in die 5de eeu n.C. en hulle vereniging tot die Koninkryk van Engeland in die vroeë 10de eeu bestaan het. Na hierdie sewe ryke word ook verwys as die Angel-Saksiese Heptargie.
Die Latynse benaming Mercia is afgelei van die Oud-Engelse Mierce of Myrce ("grensbewoners", "grensvolke"; vergelyk die Duitse term mark). Die koninkryk het die vallei beslaan wat deur die Trentrivier en sy syriviere gevorm is, 'n gebied wat tans as die Engelse Middellande bekendstaan. Tamworth in Staffordshire het sedert 584 as setel van Merciaanse konings gedien nadat koning Creoda hier 'n vesting laat bou het.[1]