Mega, afgekort as M, is 'n voorvoegsel wat gebruik word in die SI-stelsel en verteenwoordig 'n ordegrootte van 106, oftewel 'n miljoen. As voorbeeld: een megawatt word afgekort as 1 MW.
In informatika word mega soms gebruik om 'n hoeveelheid van 1 048 576, oftewel 220, aan te dui (byvoorbeeld 1 MG = 1 megagreep = 1024 killogrepe). Dit is egter nie heeltemal korrek nie. 'n Dergelike getal sal eerder as MiG (mebigreep) aangee moet word.
Die voorvoegsel word sedert 1960 gebruik; die naam is afgelei van die Griekseμέγας (megas) vir groot.