Jaroslawl
- Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Jaroslawl-oblast.
Jaroslawl Ярославль | |
---|---|
Stad | |
'n Straat in Jaroslawl | |
Die ligging van Jaroslawl-oblast in Rusland | |
Koördinate: 57°38′0″N 39°53′0″O / 57.63333°N 39.88333°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Jaroslawl-oblast |
Stigting | 1010 |
Stadstatus | 1010 |
Regering | |
• Tipe | Stad-okroeg |
• Burgemeester | Jewgeni Oerlasjof |
Oppervlak | |
• Totaal | 205,37 km2 (79,29 vk. myl) |
Hoogte | 100 m (300 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 599 169 |
• Digtheid | 2 880/km2 (7 500/vk. myl) |
Tydsone | UTC+04:00 (MSK) |
Poskode | 1500xx |
Skakelkodes | 7 4852 |
Webwerf | city-yar.ru |
Jaroslawl (Russies: Ярославль) is ’n stad in Rusland sowat 250 km noordoos van Moskou. Dit is die administratiewe hoofstad van Jaroslawl-oblast. Die historiese deel van die stad, ’n Unesco-wêrelderfenisgebied, is geleë by die samevloei van die Wolga- en die Kotorosl-rivier.
Die stad het ’n bevolking van 599 169 (2013-sensus).
Hoof-attraksies
[wysig | wysig bron]Die oudste gebou in die stad is die Spaso-Preobrazjenski-katedraal (Katedraal van die Verheerliking van die Verlosser) wat in 1506–1516 gebou is op die fondament van die oorspronklike kerk uit 1216–1224.
In die 16de eeu is ’n steenmuur om die klooster gebou. Dit is dié klooster van waar ’n vrywilligerleër onder Koezma Minin en prins Dmitri Pozjarski in 1612 vertrek het om Moskou te bevry tydens die Tyd van Beroeringe. In 1787 is die klooster gesluit en omskep in wonings vir biskoppe en is kloostergeboue herbou.
Nog ou kerke dateer uit die 17de eeu en is gebou in die sogenaamde "Jaroslawl-styl" (rooi stene, met helder teëls buite). Die kerke van Sint Nikolaas Nadein en Elia die Profeet het van die indrukwekkendste muurskilderings van die Goue Ring van Rusland.
Susterstede
[wysig | wysig bron]Jaroslawl het bande met:
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike webwerf van die stad
- Maatskappyegids
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy
- Virtuele panoramas Geargiveer 10 Januarie 2019 op Wayback Machine
- Panoramas van Jaroslawl
- Hedendaagse argitektuur in Jaroslawl
- Foto's Geargiveer 22 Februarie 2013 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jaroslawl.
- Hierdie artikel is gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia-artikel vertaal