Gaan na inhoud

Herulers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
’n Kaart van die Romeinse Ryk en die Europa van 125 n.C., met ’n voorgestelde woning van die Herulers op die Deense eilande.

Die Herulers, of Heruli,[1] was ’n vroeë Germaanse volk. Hulle het moontlik hulle oorsprong in Skandinawië gehad[2][3][4][5] en word die eerste keer deur Romeinse skrywers genoem as een van die "Skitiese" groepe wat Romeinse provinsies aan die Oos- en Egeïese See van die land en see se kant af aangeval het.[6] In dié tyd het hulle na berig word naby die See van Azof gewoon.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Van die laat 4de eeu was die Herulers een van die volke wat deur die ryk van Attila die Hun oorheers is.[7] Teen 454, ná die dood van Attila, het hulle hulle eie koninkryk aan die Donou gestig en deelgeneem aan die oorwinnings oor Italië deur verskeie ander volke, onder andere die Lombarde. Die Lombarde het egter in die vroeë 6de eeu die onafhanklike Heruliese koninkryk omvergewerp.[8] ’n Deel van die bevolking het hulle in die Romeinse Ryk naby Belgrado gevestig, soldate aan die Oos-Romeinse Ryk verskaf en deelgeneem aan konflikte in die Balkan en Italië.

Nadat Rome eindelik hulle laaste koninkryk verower het, is klein groepe in groter politieke entiteite opgeneem en die Herulers het omstreeks die tyd van die verowering van Italië deur die Lombarde uit die geskiedenis verdwyn.[9]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Herulers" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 17 Julie 2020.
  2. Angelov, Alexander (2018). "Heruli". In Nicholson, Oliver (red.). The Oxford Dictionary of Late Antiquity. Oxford University Press. p. 678. doi:10.1093/acref/9780198662778.001.0001. ISBN 9780191744457. Besoek op 25 Januarie 2020. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  3. Green 2000, p. 131.
  4. Speidel 2004, p. 44.
  5. Ellegård 1987.
  6. Heather 2010, p. 124.
  7. Heather 2010, p. 208.
  8. Sarantis 2010, p. 366.
  9. Steinacher 2010, pp. 354-355.

Bronne

[wysig | wysig bron]

Skakels

[wysig | wysig bron]