Gaan na inhoud

Heelgetal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die versameling van heelgetalle sluit in negatiewe en positiewe getalle wat geen breukdeel het nie. So is 1 'n heelgetal maar 1,01 is nie. Laasgenoemde is 'n reële getal.

Die getal nul is ook deel van die versameling heelgetalle.

Die reeks heelgetalle lyk so:

(die getallelyn)

Eienskappe van heelgetalle

[wysig | wysig bron]

Hoe verder links jy beweeg op die getallelyn, hoe kleiner is die getal, bv.

  • 1 is kleiner as 5
  • -2 is kleiner as 1
  • -5 is kleiner as -4

Hoe verder regs jy beweeg op die getallelyn, hoe groter word die getal, bv.

  • 3 is groter as 1
  • 1 is groter -3
  • -3 is groter as -5

Wanneer jy 2 positiewe getalle bymekaar tel, kry jy 'n positiewe antwoord, bv.

  • 5 + 8 = +13, maar ons skryf net 13
  • 23 + 11 = 34

As jy 2 negatiewe getalle bymekaar tel, bly die antwoord negatief, bv.

  • (-3) + (-5) = -8
  • (-12) + (-6) = -18

As jy 'n negatiewe getal by 'n positiewe getal tel, kry die antwoord die teken van die grootste syfer, bv. [nb! grootste syfer beteken nie grootste getal nie]

  • 16 + (-7) = 9 (16 was die grootste syfer en was positief – die antwoord bly positief)
  • 8 + (-21) = -13 (21 was die grootste syfer – die antwoord word dus negatief)

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronnelys

[wysig | wysig bron]