Gaan na inhoud

Fredrik Kaarle

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Frederik Karel van Hessen, rondom 1918.

Frederik Karel Lodewyk Constantyn van Hessen-Kassel, Prins en Landgraaf van Hessen (Landgoed Panker (Hessen), 1 Mei 1868 – Kassel, 28 Mei 1940) was 'n swaer van Keiser Wilhelm II van die Duitse Keiserryk en in 1918 vir 'n tydperk van twee maande amptelik Koning van Finland.

Sy ouers was Landgraaf Frederik van Hessen-Kassel en Anna van Pruisen. Hy was getroud met Margaretha Beatrix Feodora van Pruisen.

In amptelike Finse dokumente word hy Frederik Karel (Fredrik Kaarle) genoem, maar in sy hoedanigheid as koning word hy gewoonlik Väinö I genoem. Die akkuraatheid van hierdie naam word betwis, aangesien daar geen aanduiding is dat ons hom amptelik so wou noem nie.

Op 6 Desember 1917 Finland, wat 'n groothertogdom onder die Russiese tsaar was, verklaar homself onafhanklik van Rusland. Die Sowjet-Rusland het hierdie status erken op 4 Januarie 1918. Finland het nou 'n hewige debat ontstaan ​​oor die vraag of die land 'n monargie of 'n republiek moet word. Na die Finse Burgeroorlog verkies die Parlement - waaraan die sosiaal-democrate was uitgelos - op 9 Oktober 1918 die Duitse Prins Frederik Karel van Hessen-Kassel tot koning.

Finland het aanvanklik naby bande gehad met die Duitse Keiserryk, wat tydens die revolutie ook militêre ingegryp het. Hierdie relatie het ontwikkel in die rigting van die protektoraat en die verkiesing van die Duitse Prins Frederik Karel is as bewondering van hierdie band gesien.

Die aanneem van 'n nuwe grondwet is uitgesteld en die legitimiteit van die Koninklijke verkiesing was gebaseer op die Sweedse grondwet die Koning Gustaaf III in 1772 het aanneem gehad toe Finland deel van Swede was. Die Russiese tsare regeer ook op basis van hierdie wet as groothertogen oor Finland.

Op 11 november 1918 kondig die strydende partye van die Eerste Wêreldoorlog 'n wapenstilstand aan. Twee dae tevore is Keiser Wilhelm afgetree en Duitsland tot republiek uitgeroep. Hierdie verlies en die feit dat waarskynlik nie een van die Geallieerdes 'n Duitser as koning van Finland sou aanvaar nie het gelei tot Frederik Karel se bedanking op 14 Desember 1918. Finland het 'n republikeinse grondwet aangeneem.

Vir die koning is 'n kroon gemaak; dit is te vinde in 'n museum in Kemi in Noord-Finland

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
  • Gothaisches Genealogisches Handbuch (GGH 13) – Fürstliche Häuser, Band 3 – Deutsches Adelsarchiv (Hrsg.), Marburg 2021, ISBN 978-3-9820762-2-5, S. 152.
  • Eckhart G. Franz (Hrsg.): Haus Hessen. Biografisches Lexikon. (= Arbeiten der Hessischen Historischen Kommission N.F., Bd. 34) Hessische Historische Kommission, Darmstadt 2012, ISBN 978-3-88443-411-6, Nr. HK 85, S. 179–180 (Rainer von Hessen).
  • Anders Huldén: Finnlands deutsches Königsabenteuer 1918. Reinbek 1997. Herausgegeben von: Deutsch-Finnische Gesellschaft e. V. und erschienen bei: Traute Warnke Verlag, ISBN 3-9801591-9-1.
  • Rainer von Hessen: König im „Land der ernsten Augen“. Das finnische Thronangebot an Prinz Friedrich Karl von Hessen im Sommer 1918. In: Bernd Heidenreich u. a. (Hrsg.): Kronen, Kriege, Künste. Das Haus Hessen im 19. und 20. Jahrhundert. Frankfurt 2009, S. 190–204.
  • Manfred Menger: Das Scheitern der Ambitionen des Herzogs Adolf Friedrich zu Mecklenburg auf den finnischen Königsthron im Jahre 1918. In: Finnland Studien III. Band 3. Harrassowitz Verlag, Wiesbaden 2003, S. 113.
  • Jonathan Petropoulos: Royals and the Reich: The Princes von Hessen in Nazi Germany. Oxford University Press 2006, ISBN 0-19-979607-6.
  • Lang artikel uit die Helsingin Sanomat koerant Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine oor Friedrich Karl en sy nasate, insluitend die huidige "pretender" vir die troon.
  • Nash, Michael L (2012) The last King of Finland. Royalty Digest Quarterly, 2012 : 1