Eksponensiële funksie
Voorkoms
Die eksponensiële funksie, genoteer as exp(x) of ex, is soos die naam aandui, 'n funksie van die eksponent wat die getal e as grondtal gebruik, en wat ook die grondtal van die natuurlike logaritme is. Die eksponensiële funksie is 'n belangrike en veel gebruikte funksie in wiskunde.
Formele definisie
[wysig | wysig bron]Die eksponensiële funksie kan op verskillende wyses formeel gedefinieer word. Enkele van die gangbare definisies sluit in:
- as 'n oneindige reeks
- as unieke oplossing van die beginwaardeprobleem
Die eksponensiële funksie is altyd positief (groter as nul) en neem toe met groter wordende x-waardes. Die grafiek van die funksie raak egter nooit aan die x-as nie, hoewel hy dit benader. Die eksponensiële funksie is die inverse van die natuurlike logaritme, ln(x), was gedefinieer is vir alle positiewe waardes van x.