Der Spiegel
Der Spiegel | |
---|---|
| |
Redakteur | Klaus Brinkbäumer |
Kategorieë | Nuustydskrif |
Frekwensie | Weekliks (op Saterdag) |
Uitgewer | Spiegel-Verlag Rudolf Augstein GmbH & Co. KG (Deutschland) |
Betaalde Oplaag | 777 877 |
Onbetaalde Oplaag | 787 330 |
Eerste uitgawe | 4 Januarie 1947 |
Land | Duitsland |
Taal | Duits |
Webwerf | spiegel.de |
ISSN | 0038-7452 |
Der Spiegel (eie skryfwyse: DER SPIEGEL) is 'n Duitse nuustydskrif wat deur die Hamburgse uitgewery Spiegel-Verlag uitgegee en wêreldwyd versprei word. Met 'n oplaag van ruim een miljoen eksemplare is dit die mees verkoopte weeklikse nuustydskrif in Duitsland.[1]
Vanweë die groot rol wat die tydskrif in openbare meningsvorming speel, word na Die Spiegel dikwels as 'n leidende publikasie verwys.[2][3]
Der Spiegel en sy stigter Rudolf Augstein het daarnaas ook 'n sentrale rol in die Duitse persgeskiedenis gespeel.[4] Die tydskrif, wat in 1947 in die lewe geroep is, het veral betekenis in die stryd om persvryheid en by die onthulling van talle politieke skandale gekry.
Der Spiegel verskyn op Maandae (in Lübeck en Dresden op Sondae, aanlyn reeds op Saterdagaand). Op openbare vakansiedae word dit gewoonlik al op Saterdae uitgegee. Met sy aanlyn-uitgawe Spiegel Online, wat in redaksionele en ekonomiese opsig onafhanklik van die gedrukte Spiegel is, beskik die uitgewery daarnaas oor die mees gelese nuuswebwerf op die Duitstalige internet.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ IWV - Der Spiegel 1/2010
- ↑ www.tagesspiegel.de: Ein Leitmedium braucht eine Leitfigur, 17 November 2007
- ↑ Siegfried Weischenberg, Maja Malik, Armin Scholl: Journalismus in Deutschland 2005 Geargiveer 23 Augustus 2009 op Wayback Machine. In: media perspektiven 7/2006
- ↑ www.stern.de: Erfolge feiern mit Skandalen, 4 Januarie 2007
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Der Spiegel.
- (de) SPIEGEL-groep
- (de) SPIEGEL Online