Gaan na inhoud

Goethiet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Goethiet
 
Goethiet op kwarts 
Formule FeO(OH) 
Onsuiwerhede Mn 
Nickel-Strunz (10) 4.FD.10  
Kleur bruinerig swart, geelbruin, rooierig bruin 
Streep gelerig bruin, oranjegeel, okergeel 
Glans adamantyn, syagtig, metallies, dof 
Hardheid 5 -5,5 (Mohs) 
Digtheid 4,27 -4,29 g/cm3 
Dubbelbreking tweeassig (-) 
RI-waardes nα = 2.260 – 2.275 nβ = 2.393 – 2.409 nγ = 2.393 – 2.409 
Ruimtegroep Pnma[1] 
Struktuurtipe Diaspoor 
Eenheidsel a = 9.956 Å, b = 3.0215 Å, c = 4.608 Å (in Pnma) 
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Goethiet is 'n mineraal met formule FeOOH. Dit is die ortorombiese α-allotroop van yster(III)oksiedhidroksied. Dit is na die Duitse digter Johann Wolfgang von Goethe genoem wat ook 'n mineraalversamelaar was.[2]

Hierdie mineraal word volop in die grond en sediment op Aarde en is selfs op Mars se oppervlak aangetref.

Magnetisme

[wysig | wysig bron]

Die mineraal se teenwoordigheid is kenmerkend aan die vorming en die latere geskiedenis van 'n sediment. Verwering is die rede vir sy vorming en sy magnetiese eienskappe maak dit 'n belangrike mineraal in die navorsing van paleomagnetisme wat tydens sy vorming geheers het.

Goethiet is ferrimagneties met die c-as as die eenvoudigste magneetrigting.[1] Dit het 'n Néel-temperatuur[3] van gemiddeld 102 °C. In die temperatuurbereik van 300 – 400 °C ontbind die mineraal en vorm α-Fe2O3 (hematiet) wat 'n Néel-punt van 680 °C uitwys. Die anisotropiekonstante K = 90 ± 20 J/m3 volgens die kamertemperatuurbepaling van Martin-Hernandez en García-Hernández.[4]

Kristalstruktuur

[wysig | wysig bron]

Goethiet is isostruktureel met diaspoor (AlO(OH)). Dit bestaan uit 'n heksagonale digpakking van suurstofatome (altwee oksied-O2−- en hidroksied-(OH)-ione) in die [010]-rigting van die Pnma-sel gestapel. Tussen hierdie lae is (hoë-spin) Fe(III)-ione wat die helfte van die oktaëdriese holtes vul. Hulle is in dubbelrye gerangskik. Daar is dubbelrye van leë holtes tussen hulle, wat aan die oppervlak van die kristal as striasie sigbaar kan wees. Die ysterioon word deur 3 O2−- en 3 (OH)-ione omring in 'n effens vervormde FeO3(OH)3-oktaëder. 'n Dubbelketting van oktaëders wat rande deel loop ewewydig aan die [100]-rigting. Van die O2−-ione is ook deur die proton van 'n hidroksiedioon verbind deur waterstofbindings wat deur die lëe oktaëderholtes strek. Die leë oktaëders vorm 'n soort tonnelstruktuur deur die kristal.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 in ouer artikels word Pbnm gebruik wat die asse verwissel; dit is onduidelik watter afspraak Martin-Hernandez volg
  2. "mindat" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020.
  3. soms ook Curie-temperatuur genoem by ferrimagnetisme
  4. Magnetic properties and anisotropy constant of goethite single crystals at saturating high fields F. Martin-Hernandez en M. M. García-Hernández Geophys J Int (2010) 181 (2): 756-761.
  5. The Iron Oxides: Structure, Properties, Reactions, Occurrences and Uses Rochelle M. Cornell, Udo Schwertmann John Wiley & Sons, 2003, ISBN 3-527-30274-3, ISBN 978-3-527-30274-1