Bemarking
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Hierdie artikel moet skoongemaak word om aan Wikipedia se standaarde te voldoen. Die spesifieke probleem is: inleiding kort bewerking. (Vind uit wanneer en hoe om hierdie sjabloonboodskap te verwyder) |
Handel bestaan in sy eenvoudigste vorm uit 'n ruiltransaksie tussen twee persone. In die vroegste tye het primitiewe mense spesifieke oorlewingsbehoeftes bevredig deur ruiltransaksies aan te gaan. In daardie tyd was die deelnemers in direkte kontak met mekaar en ruiltransaksies het net plaasgevind as albei deelnemers tevrede was met dít wat in ruil aangebied is. Die voordele van sulke transaksies is gou besef. Gaandeweg het ruiltransaksies toegeneem en 'n vraag het ontwikkel na 'n verskeidenheid produkte en dienste wat die mens se lewe makliker en aangenamer kon maak. Hierdie vraag het deur die eeue stukrag verleen aan ekonomiese ontwikkeling en doen dit vandag nog.
Bemarking is die deurlopende proses van beplanning en uitvoering van die elemente van bemarking (produk, prys, plek en promosie) van produkte, dienste of idees om ruiling tussen indiwidue en organisasies te bevorder.
Bemarking word gewoonlik as 'n kreatiewe onderneming gesien wat advertensie, verspreiding en verkope insluit. Dit is ook gemoeid met die voorsien van kliënte se toekomstige behoeftes en begeertes, wat dikwels ontdek word deur marknavorsing te doen.
Bemarking is in wese die proses waartydens 'n organisasie geskep of gestuur word om 'n produk of diens suksesvol te verkoop wat mense nie net begeer nie maar ook bereid is om te koop.
Goeie bemarking moet dus 'n aanbod of voordele vir die eindgebruiker daarstel wat waarde lewer deur middel van produkte of dienste.
Inleiding
[wysig | wysig bron]'n Bemarkingsgerigde of kliëntgeoriënteerde organisasie bepaal eerstens die behoeftes van sy potensiële kliënte en bou dan sy produk of diens. Bemarkingsteorie en praktyk is gegrond op die geloof dat 'n klant 'n produk of diens gebruik omdat hulle 'n behoefte het of omdat dit hulle 'n voordeel waarneem.
Twee groot faktore in bemarking is die werf van nuwe klante en die behoud en uitbreiding van verhoudings met bestaande klante (die kliëntebasis). Wanneer 'n bemarker 'n voornemende klant oortuig het neem die basisbestuur oor. Die bestuur van die kliëntebasis verskuif die aandag op die bou van 'n verhouding, die versorging van kontakte, die verhoging van voordele wat die koper in die eerste plek oortuig het en die deurlopende verbetering van die produk/diens om die onderneming te beskerm teen indringing deur kompetisie.
Vir 'n bemarkingsplan om suksesvol te wees moet dit die behoeftes en begeertes van die verbruikers of kopers in die teikenmark in ag neem. Om 'n marksegment te probeer oortuig om iets te koop wat hulle nie soek nie is uiters duur en selde suksesvol. Bemarkers is afhanklik van die insig wat ingewin word deur marknavorsing, hetsy formeel of informeel, om te bepaal wat verbruikers wil hê en waarvoor hulle bereid is om te betaal. Bemarkers hoop dat hierdie proses hulle 'n volhoubare kompeterende voordeel sal gee. Bemarkingsbestuur is die praktiese toepassing van hierdie proses.
Spesialisgebiede
[wysig | wysig bron]Spesialisgebiede in die bemarkingsveld sluit in:
- advertensiewese en handelsmerkbestuur
- kommunikasie
- databasisbemarking
- direkte bemarking
- organisering van promosiegeleenthede
- internasionale bemarking
- internetbemarking
- nywerheidsbemarking
- marknavorsing
- openbare betrekkinge
- kleinhandel
- websoekenjin bemarking
- bemarkingstrategie
- bemarkingsplan
- strategiese bestuur
- spoedvoorlegging