Gaan na inhoud

Alberto Fernández

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Alberto Fernández
Alberto Fernández
Fernández in 2019

President van Argentinië
Ampstermyn
10 Desember 2019 – 10 Desember 2023
Vise Cristina Fernández de Kirchner
Voorafgegaan deur Mauricio Macri
Opgevolg deur Javier Milei

President van die Justisialistiese Party
Ampsbekleër
Termynaanvang
21 Maart 2021
Voorafgegaan deur José Luis Gioja

Hoof van die Kabinet van Ministers
Ampstermyn
25 Mei 2003 – 23 Julie 2008
President Néstor Kirchner
Cristina Fernández de Kirchner
Voorafgegaan deur Alfredo Atanasof
Opgevolg deur Sergio Massa

Lid van die Buenos Aires-wetgewer
Ampstermyn
7 Augustus 2000 – 25 Mei 2003

Persoonlike besonderhede
Gebore Alberto Ángel Fernández
2 April 1959 (1959-04-02) (65 jaar oud)
Buenos Aires, Argentinië
Politieke party Justisialistiese Party
Eggenoot/-note Marcela Luchetti (1993–2005)
Kind(ers) 2
Alma mater Universiteit van Buenos Aires
Handtekening

Alberto Ángel Fernández (Spaanse uitspraak: [alˈβeɾto ferˈnandes] : 2 April 1959) is 'n Argentynse advokaat, politikus en die president van Argentinië tussen 2019 en 2023. Hy was die hoof van die kabinet van ministers gedurende Néstor Kirchner se presidentskap, asook tydens die vroeë maande van Cristina Fernández de Kirchner se presidentskap. Sy ampstermyn as kabinetshoof van 2003 tot 2008 is steeds die langste sedert die pos in 1994 tot stand gekom het. Fernández is op 10 Desember 2023 deur Javier Milei as president opgevolg.

Biografie

[wysig | wysig bron]

Alberto Ángel Fernández is op 2 April 1959 in Buenos Aires aan Celia Pérez en haar eerste man gebore. Hulle het later geskei en Celia (suster van die persoonlike fotograaf van Juan Domingo Perón) het daarna met regter Carlos Pelagio Galíndez (seun van 'n senator van die Radikale Burgerlike Unie) getrou.[1] Alberto Fernández, wat skaars sy biologiese pa geken het, beskou Pelagio as sy pa.[1][2]

Hy het op die ouderdom van 24 met 'n regsgraad aan die Universiteit van Buenos Aires gegradueer en later 'n professor in strafreg geword. Hy het die staatsdiens betree as 'n adviseur vir die Beraadslagende Raad van Buenos Aires en die Argentynse Kamer van Afgevaardigdes. Hy het later adjunkdirekteur van Regsake van die Ministerie van Ekonomie geword en in hierdie hoedanigheid as die hoof Argentynse onderhandelaar by die GATT Uruguay-ronde gedien. In 1989 is hy deur nuutverkose president Carlos Menem as die Superintendent van Versekering aangewys. Fernández was tussen 1989 en 1992 die president van die Latyns-Amerikaanse Versekeringsbestuurdersvereniging, en medestigter van die Insurance Managers International Association. Hy het ook as adviseur vir Mercosur en ALADI oor versekeringsreg gedien, en was betrokke by versekerings- en gesondheidsdienstemaatskappye in die private sektor. Fernández is in 1992 as een van die tien uitstaande jongmense van Argentinië aangewys en het die Millennium-toekenning ontvang as een van die land se top sakemanne van die eeu.[3] Gedurende hierdie tyd het hy polities na aan die voormalige goewerneur van die Buenos Aires-provinsie, Eduardo Duhalde, geraak.[4]

Hy is op 7 Junie 2000 tot die Buenos Aires-stadswetgewer verkies.

Hoof van die Kabinet

[wysig | wysig bron]

Hy is op 25 Mei 2003 deur president Néstor Kirchner as die hoof van die kabinet van ministers aangewys. Hy sou die amp ook tydens die eerste paar maande van Kirchner se vrou en opvolger, president Cristina Fernández de Kirchner, beklee.[5][6]

'n Nuwe stelsel van veranderlike belastings op landbou-uitvoer het gelei tot die Argentynse regeringskonflik met die landbousektor in 2008, waartydens Fernández as die regering se hoofonderhandelaar opgetree het. Die onderhandelinge het egter misluk, en ná vise-president Julio Cobos se verrassende, gelykop-stem teen die wetsontwerp in die Senaat, het Fernández op 23 Julie 2008 bedank.[7]

Voorpresidentskap

[wysig | wysig bron]

Hy is daarna as hoof van die Buenos Aires-afdeling van die Justisialistiese Party aangewys, maar het sy betrokkenheid by Front for Victory-veldtogte vir die 2009 Kongresverkiesings tot 'n minimum beperk.[8] Fernández het dit aktief oorweeg om die Presidensiële benoeming van die Justisialistiese Party voor die 2011 algemene verkiesing te soek, maar het later president Cristina Kirchner se herverkiesingsveldtog onderskryf.[9][10] Hy was veldtogbestuurder van die Sergio Massa se onsuksesvolle presidensiële kandidatuur in 2015.[11]

Presidentskap

[wysig | wysig bron]

Op 18 Mei 2019 het Cristina Fernández de Kirchner aangekondig dat Fernández 'n kandidaat vir president sou wees, en dat sy sy vise-presidentskandidaat of running mate sou wees.[12][13] Op 11 Augustus 2019 het Fernández die eerste-plek in die voorverkiesing met 47% van die stemme behaal.[14] Hy sou later op 27 Oktober 2019 vir sittende president Mauricio Macri in die algemene verkiesing klop. Hy is op 10 Desember 2019 as president ingehuldig.

Weens lae goedkeuringsgraderings as gevolg van die ekonomiese krisis het Fernández nie vir herverkiesing in 2023 gestaan nie. Hy is op 10 Desember 2023 deur Javier Milei opgevolg.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 20minutos (28 Oktober 2019). "Perfil | Alberto Fernández, el elegido de Cristina que logró llegar a la Presidencia". http://www.20minutos.es (in Spaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2021. Besoek op 11 Desember 2019.
  2. "La historia de Alberto Fernández: de Villa del Parque a la Rosada, con una guitarra y la política a cuestas". www.ambito.com. 18 November 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2019. Besoek op 11 Desember 2019.
  3. "Clase Magistral". Universidad Nacional de San Luis. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2013.
  4. "El Pasado Menemista de un gobierno que acusa a la oposición de menemista". Perfil. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2008.
  5. "Alberto Fernández habría vuelto con su esposa". Agencia Nova. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 23 Junie 2013.
  6. "Alberto Fernández y Vilma Ibarra más juntos que nunca". Perfil. 26 Augustus 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2016. Besoek op 3 Mei 2020.
  7. "Alberto Fernández presentó su renuncia para "dar libertad" a Cristina". Clarín (in Spaans). 23 Julie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020. Besoek op 3 Mei 2020.
  8. "Kirchner cargó contra Cobos y De Narváez en un acto porteño". Clarín (in Spaans). 16 Junie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 3 Mei 2020.
  9. "Alberto Fernández reiteró que no descarta ser candidato a presidente en 2011". La Nación (in Spaans). 24 Maart 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2014. Besoek op 3 Mei 2020.
  10. "Alberto Fernández se declara oficialista y ya se anota como candidato para 2015". La Nación. 30 Augustus 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2014. Besoek op 3 Mei 2020.
  11. "Alberto Fernández: "Es indudable el deterioro en el voto de Sergio Massa"". Minuto Uno (in Spaans). 2 Junie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2021. Besoek op 3 Mei 2020.
  12. "Alberto Fernández presidente, Cristina Kirchner vice: el video en el que la senadora anuncia la fórmula". La Nación. 18 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2019. Besoek op 18 Mei 2019.
  13. "Alberto Fernández, en su primer acto de campaña: "Salgamos a convocar a todos"". La Nacion (in Spaans). 20 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2019. Besoek op 26 November 2019.
  14. Mander, Benedict (12 Augustus 2019). "Alberto Fernández leads in Argentina's nationwide primary". Financial Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2022. Besoek op 26 November 2019.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.