Antony Armstrong-Jones, 1ste Graaf van Snowdon
Die hoogedele Graaf van Snowdon | |
---|---|
GCVO FRSA RDI | |
Armstrong-Jones in 1965.
| |
Geboortenaam | Antony Charles Robert Armstrong-Jones |
Gebore | Belgravia, Londen, Engeland | 7 Maart 1930
Oorlede | 13 Januarie 2017 (op 86) Kensington, Londen |
Nasionaliteit | Brits |
Beroep | Fotograaf |
Gade |
|
Kinders |
|
Vader | Ronald Armstrong-Jones |
Moeder | Anne Messel |
Antony Charles Robert Armstrong-Jones, die 1ste Graaf van Snowdon GCVO FRSA RDI (7 Maart 1930 - 13 Januarie 2017) was 'n Britse fotograaf en rolprentvervaardiger. Hy is die bekendste vir sy portrette van bekendes, waarvan baie in die tydskrifte soos Vogue en Vanity Fair verskyn het. Meer as 100 van sy foto's is in die permanente versamelings van die nasionale portretgalery in Londen.
Hy was van 1960 tot 1978 getroud met prinses Margaret, die suster van koningin Elizabeth II.
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Nadat hy argitektuur studeer, maar gedruip het, het Armstrong-Jones 'n loopbaan as fotograaf in mode, ontwerp en die teater geword. Die bekende fotograaf Baron het Armstrong-Jones in sy woonstel en werkateljee in Londen besoek.[1] Baron was beïndruk en het ingestem om Armstrong-Jones as 'n vakleerling aan te stel.[1] Nadat sy talent en vaardighede verbeter het, is hy as 'n vennoot aangestel.[2]
Baie van sy eerste foto's was teaterfoto's en portrette van bekendes wat in die tydskrif Tatler gewild was. Hy het begin om erkenning vir sy werk te kry.[3] Hy het later bekend geword vir sy foto's van koninklikes, waaronder amptelike portrette van koningin Elizabeth II en die Hertog van Edinburg vir hulle toer deur Kanada in 1957.[4]
In die vroeë 1960's het Snowdon die artistieke raadgewer van The Sunday Times Magazine geword en teen die 1970's het hy hom bewys as een van Brittanje se mees gerespekteerde fotograwe. Hy was veral bekend vir sy portrette van bekendes soos Marlene Dietrich, Laurence Olivier, Maggie Smith, David Bowie, Elizabeth Taylor, Rupert Everett, Anthony Blunt,[5] David Hockney,[6] prinses Grace van Monaco; Diana, Prinses van Wallis, Harold Macmillan en J.R.R. Tolkien.[7] Meer as 100 van sy foto's is in die permanente versamelings van die nasionale portretgalery in Londen.[8]
In 1968 het hy sy eerste dokumentêre rolprent, oor mense wat ouer word, Don't Count the Candles, gemaak[9] vir die Amerikaanse netwerk CBS. Dit het sewe pryse gewen,[4] insluitende twee Emmys.[10][11] Dit is gevolg deur Love of a kind (1969), oor die Britte en diere,[12] Born to be small (1971), oor mense met beperkte groei,[13] en Happy being happy (1973).[14]
In Oktober 1981 is 'n groepfoto deur Snowdon van die Britse rockgroep Queen op hulle album Greatest Hits gebruik. 'n Snowdon-foto van Freddie Mercury is in 2000 op Mercury se The Solo Collection gebruik.
In 2000 is Snowdon se werk in die nasionale portretgalery uitgestal onder die naam Photographs by Snowdon: A Retrospective.[15] Meer as 180 van sy foto's was te sien.[16]
Snowdon was 'n ere-fellow van die Britse Fotografievereniging: Hy het in 1978 die vereniging se Hood Medal gewen en in 1985 die Progress Medal.[17][18]
Persoonlike lewe
[wysig | wysig bron]Snowdon was twee keer getroud: met prinses Margaret (1960 tot 1978) en daarna met Lucy Mary Lindsay-Hogg (1978 tot 2000).[19]
Eerste huwelik
[wysig | wysig bron]In Februarie 1960 het Snowdon, wat toe as Antony Armstrong-Jones bekend was, verloof geraak aan die koningin se suster, prinses Margaret. Hulle is op 6 Mei 1960 in Westminster-abdy getroud. Die seremonie was die eerste koninklike huwelik wat op televisie uitgesaai is.[20] Hy het op 6 Oktober 1961 die titels "Graaf van Snowdon" en "burggraaf Linley" gekry. Die egpaar het twee kinders gehad: David, 2de Graaf van Snowdon (gebore 3 November 1961), en lady Sarah (gebore 1 Mei 1964).[21]
Die huwelik het vroeg al begin misluk. Verskeie faktore het waarskynlik daartoe bygedra, soos haar liefde vir laatnagpartytjies en sy seksuele verslawing.[22] Volgens 'n gemagtigde biografie deur Anne de Courcy (2008) het hy 'n reeks verhoudings met vroue gehad, onder wie sy minnares van 20 jaar, Ann Hills,[23] en het Armstrong-Jones nie ontken dat hy biseksueel was nie.[19]
In sy memoires van 2009, Redeeming Features, het die Britse binneversierder Nicholas Haslam beweer hy het voor Snowdon se troue met prinses Margaret 'n verhouding met hom gehad en dat Snowdon ook die minnaar was van Tom Parr, nog 'n bekende binneversierder.[24]
Die egpaar was 18 jaar getroud. Daar was sprake van dwelms, alkohol en bisarre gedrag deur albei partye. Hy het bvoorbeeld "goed wat ek van jou haat"-briefies vir haar gelos tussen die bladsye van die boeke wat sy gelees het. Volgens die biograaf Sarah Bradford het een briefie gelui: "Jy lyk soos 'n Joodse manikuris en ek haat jou."[25] "Die meeste mense, insluitende die koninklike familie, het sy kant gekies."[22] Hulle is in 1976 uitmekaar en is in 1978 geskei.[21]
In 2004 het The Sunday Telegraph berig Snowdon het 'n buite-egtelike dogter gehad kort voordat hy met prinses Margaret getrou het.[26] Anne de Courcy het berig oor die bewering deur Polly Fry, wat gebore is op 28 Mei 1960, in die derde week van lord Snowdon se huwelik met prinses Margaret, dat Snowdon haar pa is. Polly is grootgemaak as die dogter van Jeremy Fry, 'n uitvinder en lid van 'n beroemde sjokoladefamilie, en sy eerste vrou, Camilla.[27] Volgens Polly Fry het 'n DNS-toets in 2004 bewys Snowdon is haar pa. Jeremy Fry het die bewering verwerp en Snowdon het ontken dat hy 'n DNS-toets laat doen het. Vier jaar ná Fry se dood het Snowdon egter erken dit is waar.[19][26]
Tweede huwelik
[wysig | wysig bron]Nadat Snowdon van prinses Margaret geskei is, het hy op 15 Desember 1978 getrou met Lucy Mary Lindsay-Hogg (gebore Davies), die voormalige vrou van sir Michael Edward Lindsay-Hogg, 5de Baronet. Armstrong-Jones se jongste dogter was by Lucy Mary: Lady Frances Armstrong-Jones is 'n ontwerper en raadslid van die Snowdontrust.[28] She is op 17 Julie 1979 gebore. Van 1976 tot 1996 het Snowdon ook 'n minnares, die joernalis Ann Hills, gehad. Sy het op 31 Desember 1996 selfmoord gepleeg.[19]
Snowdon en Lucy Mary is in 2000 geskei ná die onthulling dat Snowdon (toe 67 jaar oud) 'n seun, Jasper William Oliver Cable-Alexander (gebore 30 April 1998), het by Melanie Cable-Alexander, 'n redakteur by die tydskrif Country Life.[29][30]
Dood
[wysig | wysig bron]Lord Snowdon is op 13 Januarie 2017 op 86-jarige ouderdom in sy huis in Kensington oorlede.[31]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Cathcart, Helen (1968). Lord Snowdon. Londen: W. H. Allen & Co. p. 82. ISBN 978-0-491-00381-0.
- ↑ Cathcart, Helen (1968). Lord Snowdon. Londen: W. H. Allen & Co. p. 84. ISBN 978-0-491-00381-0.
- ↑ Cathcart, Helen (1968). Lord Snowdon. Londen: W. H. Allen & Co. ISBN 978-0-491-00381-0.
- ↑ 4,0 4,1 "Obituary: Lord Snowdon". BBC News. 13 Januarie 2017. Besoek op 13 Januarie 2017.
- ↑ "Anthony Blunt". National Portrait Gallery. Besoek op 13 Januarie 2017.
- ↑ "The Photography of Antony Armstrong-Jones". Royal Author Tatiana Coco. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2017. Besoek op 26 November 2017.
- ↑ "J. R. R. Tolkien". National Portrait Gallery. Besoek op 13 Januarie 2017.
- ↑ McFadden, Robert D. (13 Januarie 2017). "Antony Armstrong-Jones, Photographer and Earl of Snowdon, Dies at 86". The New York Times. Besoek op 14 Mei 2018.
- ↑ "Don't Count the Candles (1968)". BFI.
- ↑ "Lord Snowdon". gettyimages.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2017. Besoek op 6 Mei 2022.
- ↑ "1969 Press Photo Emmy Award Winners Lord Snowdon William McClure" (News photo). United Press International. 9 Junie 1969. Besoek op 17 Januarie 2017.
- ↑ "Love of a Kind". BFI. Besoek op 17 Januarie 2017.
- ↑ Barnham, Glen (17 September 2009). "Sadie Corré obituary". The Guardian. Besoek op 17 Januarie 2017.
- ↑ Robertson, Nan (10 November 1979). "A Life in Pictures: Lord Snowdon's 30 Years as a Photojournalist". The New York Times. Besoek op 17 Januarie 2017.
- ↑ "Photographs by Snowdon: A Retrospective". Past exhibition archive. National Portrait Gallery. 2000. Besoek op 13 Januarie 2017.
- ↑ "Photographs by Snowdon: A Retrospective". Yale University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Januarie 2017. Besoek op 13 Januarie 2017.
- ↑ "Hood Medal – RPS". rps.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Januarie 2017. Besoek op 13 Januarie 2017.
- ↑ "Progress Medal – RPS". rps.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2016. Besoek op 13 Januarie 2017.
- ↑ 19,0 19,1 19,2 19,3 Alderson, Andrew (31 Mei 2008). "Lord Snowdon, his women, and his love child". The Daily Telegraph.
- ↑ Davies, Caroline (10 February 2002), "A captivating woman...", The Daily Telegraph (VK), https://www.telegraph.co.uk/news/uknews/1384451/A-captivating-woman-who-was-courted-by-many-suitors-but-failed-to-find-lasting-love.html, besoek op 17 October 2008
- ↑ 21,0 21,1 "1976: Princess Margaret and Lord Snowdon to split". BBC News. Besoek op 13 Januarie 2016.
- ↑ 22,0 22,1 "Snowdon: the Biography" by Anne de Courcy, reviewed by Duncan Fallowell, The Daily Telegraph, 20 June 2008.
- ↑ Cooke, Rachel (21 Junie 2008). "Talk about a cad and a bounder". The Guardian. Besoek op 14 Mei 2018.
- ↑ Reginato, James (1 Desember 2009). "Nicky Haslam". W Magazine.
- ↑ Bradford, Sarah (1996). Elizabeth. London: William Heinemann.
- ↑ 26,0 26,1 Bloxham, Andy (31 Mei 2008). "Lord Snowdon fathered a secret love child just months before marrying Princess Margaret". The Sunday Telegraph. Besoek op 28 Junie 2008.
- ↑ Conti, Samantha (21 November 2008). "The Tony Earl". Women's Wear Daily. p. 10.
- ↑ "Our board". The Snowdon Trust. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2022. Besoek op 7 Mei 2022.
- ↑ Bearn, Emily (16 April 2003). "Still playing Peter Pan". The Daily Telegraph.
- ↑ Owens, Mitchell (27 Julie 1999). "Noticed: Blood Tells. So Does Burke's". The New York Times. Besoek op 5 September 2017.
- ↑ "Lord Snowdon dies aged 86". BBC News. 13 Januarie 2017. Besoek op 18 Januarie 2017.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Antony Armstrong-Jones, 1ste Graaf van Snowdon.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.