22 Mei
Voorkoms
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
22 Mei is die 142ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (143ste in skrikkeljare). Daar volg nog 223 dae.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 896 – Pous Stefanus VI (VII) volg Pous Bonifatius VI op.
- 964 – Pous Benedictus V volg Pous Leo VIII op.
- 1176 – Poging tot moord deur die Hashshashin-sultan Saladin naby Aleppo.
- 1324 – Koning Lodewyk van Beiere belê 'n algemene konsilie in Sachsenhausen en beskuldig Pous Johannes XXII van kettery.
- 1328 – Teenpous Nicolaas V gekroon.
- 1499 – Swabiese oorlog: Veldslag by Calven. Die troepe van die Switserse Bondgenootskap seëvier oor die Oostenrykers in die Münster-vallei in Graubünden.
- 1526 – Pous Clemens VII sluit aan by die Liga van Cognac.
- 1690 – Gianfrancesco Albani (later Pous Clemens XI) word kardinaal-diaken van S. Adriano al Foro.
- 1712 – Pous Pius V word heilig verklaar deur Pous Clemens XI.
- 1712 – Pous Clemens XI verklaar Caterina dei Vigri (Catherine van Bologna) en Felix van Cantalice heilig.
- 1819 – Die SS Savannah verlaat die hawe van Savannah, Georgia, op 'n vaart en word die eerste stoomskip om oor die Atlantiese Oseaan te vaar. Die skip arriveer by Liverpool, Engeland, op 20 Junie.
- 1906 – Die Olimpiese Somerspele 1906, tans nie erken as 'n Olimpiese Spele nie, open in Athene.
- 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Duitsland en Italië teken die Verdrag van Staal.
- 1960 – 'n Aardbewing tref Suid-Chili. Dit is die sterkste aardbewing wat al ooit waargeneem is.
- 1968 – Die kernkrag-aangedrewe duikboot die USS Scorpion sink met 99 mense aan boord 400 myl suidwes van die Asore.
- 1969 – Apollo 10 se maan-eenheid vlieg binne 15 400 m van die maan se oppervlakte verby.
- 1972 – Ceylon aanvaar 'n nuwe grondwet en verander sy naam na Sri Lanka.
- 1990 – Jemen verenig.
- 1990 – Windows 3.0 word deur Microsoft vrygestel.
- 1998 – In Noord-Ierland keur Protestante en Katolieke 'n vredesverdrag goed.
- 2003 – In Fort Worth, Texas, word Annika Sörenstam die eerste vrou in 58 jaar om aan die PGA Tour deel te neem.
- 2015 – Die Republiek Ierland word die eerste land ter wêreld wat selfdegeslaghuwelike na 'n referendum wettig verklaar.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1724 – Marc-Joseph Marion du Fresne, Franse ontdekkingsreisiger († 1772)
- 1813 – Richard Wagner, Duitse komponis († 1883).
- 1859 – Sir Arthur Conan Doyle, dokter; skrywer († 1930).
- 1874 – Daniël François Malan, Eerste Minister van Suid-Afrika († 1959).
- 1879 – Jean Cras, Bretonse komponis en vlootoffisier. († 1932).
- 1880 – Ernest Oppenheimer, Suid-Afrikaanse mynmagnaat († 25 November 1957).
- 1907 – Hergé, skepper van die Kuifie-kinderstoriesreeks († 1983).
- 1907 – Heer Laurence Olivier, Britse akteur, regisseur († 1989).
- 1917 – Georg Tintner, Oostenrykse dirigent († 1999).
- 1941 – Anton Prinsloo, Afrikaanse taalwetenskaplike en skrywer († 2016).
- 1942 – Ted Kaczynski, ook bekend as die Unabomber, is 'n Amerikaanse binnelandse terroris, anargis en voormalige professor in wiskunde (s. 2023).
- 1924 – Charles Aznavour, Franse sanger, akteur en komponis († 2018).
- 1951 – Jonathan Ball, Suid-Afrikaanse uitgewer († 2021).
- 1963 – Jolande Sap, Nederlandse politikus.
- 1970 – Naomi Campbell, Britse model en aktrise.
- 1970 – Nikolaj Lie Kaas, Deense akteur, regisseur en skrywer.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 337 – Konstantyn die Grote, Romeinse keiser (* 272).
- 1067 – Konstantyn X, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1006).
- 1355 – Humbert II van Viennois, Dauphin van die Viennois (* 1312).
- 1667 – Pous Alexander VII, 237ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1599).
- 1873 – Alessandro Manzoni, Italiaanse romansier en digter (* 1785).
- 1885 – Victor Hugo, Franse skrywer, digter en dramaturg (* 1802).
- 1939 – Willem de Mérode, Nederlandse digter (* 1887).
- 1972 – Cecil Day-Lewis, Iers-Britse digter en skrywer (* 1904).
- 1975 – Sarah Goldblatt, Suid-Afrikaanse joernalis en onderwyser (* 1889).
- 1972 – Margaret Rutherford, Britse aktrise (* 1892).
- 1990 – Rocky Graziano, Amerikaanse bokser (* 1919).
- 1997 – Herman De Coninck, Belgiese digter, essayis, joernalis en uitgewer (* 1944).
- 2018 – Philip Roth, Amerikaanse romanskrywer (* 1933).
- 2021 – Yuan Longping, Chinese onderwyser en landboukundige (* 1930).
Vakansiedae
[wysig | wysig bron]- Wêreld biodiversiteit Dag
Wikimedia Commons bevat media in verband met 22 May. |