Uranus se natuurlike satelliete
Uranus, die sewende grootste planeet in ons sonnestelsel, het 27 bekende mane, wat almal genoem is na karakters uit die werke van William Shakespeare en Alexander Pope.[1] William Herschel het die eerste twee mane, Titania en Oberon, in 1787 ontdek. Nog mane is in 1851 deur William Lassell en in 1948 deur Gerard Kuiper ontdek.[1] ’n Paar van die groot mane het planetêre massa, wat beteken hulle sou planete gewees het as hulle op hul eie om die son gewentel het. Nog mane is van 1985 af ontdek, óf deur Voyager 2 óf deur middel van gevorderde teleskope op aarde.
Uranus se mane word in drie groepe verdeel: 13 binneste, 5 groot en 9 onreëlmatige mane. Die binneste mane is klein, donker voorwerpe met dieselfde eienskappe en oorsprong as Uranus se ringe. Die groot mane is groot genoeg om hidrostatiese balans te bereik het, en vier van die vyf wys tekens van inwendig-gedrewe prosesse soos canyon-formasies en vulkane op hul oppervlak. Die grootste een van die vyf, Titania, is 1 578 km in deursnee en die agtste grootste maan in die sonnestelsel – dit is sowat 20 keer so groot soos die Aarde se maan. Die onreëlmatige mane is in wentelbane ver van die planeet af.
Uranus se mane
[wysig | wysig bron]¡ Binnemane |
† Groot mane |
‡ Onreëlmatige mane (retrograad) |
± Onreëlmatige mane (prograad) |
Die mane word gelys volgens wentelperiodes, van kort tot lank. Mane wat groot genoeg is dat hulle swaartekrag hulle rond gedruk het, is in vet druk en het ’n ligblou agtergrond. Onreëlmatige mane met ’n prograde wentelbaan (in dieselfde rigting as Uranus s’n) het ’n liggrys agtergrond en dié met ’n retrograde wentelbaan (in ’n teenoorgestelde rigting) het ’n donkergrys agtergrond.
Volgorde | Romeinse syfer |
Naam | Foto | Deursnee (km) |
Massa (×1016 kg) |
Halwe lengteas |
Wentelperiode (dae) |
Inklinasie (°) |
Ontdek in | Ontdekker |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | VI | ¡Cordelia | 40 ± 6 (50 × 36) |
0,044 | 49 751 | 0,335034 | 0,08479 | 1986 | Richard J. Terrile (Voyager 2) | |
2 | VII | ¡Ophelia | 43 ± 8 (54 × 38) |
0,053 | 53 764 | 0,376400 | 0,1036 | 1986 | Terrile (Voyager 2) | |
3 | VIII | ¡Bianca | 51 ± 4 (64 × 46) |
0,092 | 59 165 | 0,434579 | 0,193 | 1986 | Bradford A. Smith (Voyager 2) | |
4 | IX | ¡Cressida | 80 ± 4 (92 × 74) |
0,34 | 61 766 | 0,463570 | 0,006 | 1986 | Stephen P. Synnott (Voyager 2) | |
5 | X | ¡Desdemona | 64 ± 8 (90 × 54) |
0,18 | 62 658 | 0,473650 | 0,11125 | 1986 | Synnott (Voyager 2) | |
6 | XI | ¡Juliet | 94 ± 8 (150 × 74) |
0,56 | 64 360 | 0,493065 | 0,065 | 1986 | Synnott (Voyager 2) | |
7 | XII | ¡Portia | 135 ± 8 (156 × 126) |
1,7 | 66 097 | 0,513196 | 0,059 | 1986 | Synnott (Voyager 2) | |
8 | XIII | ¡Rosalind | 72 ± 12 | 0,25 | 69 927 | 0,558460 | 0,279 | 1986 | Synnott (Voyager 2) | |
9 | XXVII | ¡Kupido | ~18 | 0,0038 | 74 800 | 0,618 | 0,1 | 2003 | Mark R. Showalter en Jack J. Lissauer | |
10 | XIV | ¡Belinda | 90 ± 16 (128 × 64) |
0,49 | 75 255 | 0,623527 | 0,031 | 1986 | Synnott (Voyager 2) | |
11 | XXV | ¡Perdita | 30 ± 6 | 0,018 | 76 420 | 0,638 | 0 | 1999 | Erich Karkoschka (Voyager 2) | |
12 | XV | ¡Puck | 162 ± 4 | 2,90 | 86 004 | 0,761833 | 0,3192 | 1985 | Synnott (Voyager 2) | |
13 | XXVI | ¡Mab | ~25 | 0,01 | 97 734 | 0,923 | 0,1335 | 2003 | Showalter en Lissauer | |
14 | V | †Miranda | 471,6 ± 1.4 (481 × 468 × 466) |
65,9 ± 7,5 | 129 390 | 1,413479 | 4,232 | 1948 | Gerard P. Kuiper | |
15 | I | †Ariel | 1 157,8 ± 1,2 (1162 × 1156 × 1155) |
1 353 ± 120 | 191 020 | 2,520379 | 0,260 | 1851 | William Lassell | |
16 | II | †Umbriel | 1 169,4 ± 5,6 | 1 172 ± 135 | 266 300 | 4,144177 | 0,205 | 1851 | Lassell | |
17 | III | †Titania | 1 576,8 ± 1,2 | 3 527 ± 90 | 435 910 | 8,705872 | 0,340 | 1787 | Herschel | |
18 | IV | †Oberon | 1 522,8 ± 5,2 | 3 014 ± 75 | 583 520 | 13,463239 | 0,058 | 1787 | Herschel | |
19 | XXII | ‡Francisco | ~22 | 0,0072 | 4 276 000 | −266,56 | 147,459 | 2003 (gesien in 2001) | Matthew J. Holman et al. | |
20 | XVI | ‡Caliban | ~72 | 0,25 | 7 231 000 | −579,73 | 139,885 | 1997 | Brett J. Gladman et al. | |
21 | XX | ‡Stephano | ~32 | 0,022 | 8 004 000 | −677,37 | 141,873 | 1999 | Gladman et al. | |
22 | XXI | ‡Trinculo | ~18 | 0,0039 | 8 504 000 | −749,24 | 166,252 | 2001 | Holman et al. | |
23 | XVII | ‡Sycorax | ~150 | 2,30 | 12 179 000 | −1288,28 | 152,456 | 1997 | Philip D. Nicholson et al. | |
24 | XXIII | ±Margaret | ~20 | 0,0054 | 14 345 000 | 1687,01 | 51,455 | 2003 | Sheppard en Jewitt | |
25 | XVIII | ‡Prospero | ~50 | 0,085 | 16 256 000 | 1 978,29 | 146,017 | 1999 | Holman et al. | |
26 | XIX | ‡Setebos | ~48 | 0,075 | 17 418 000 | −2225,21 | 145,883 | 1999 | John J. Kavelaars et al. | |
27 | XXIV | ‡Ferdinand | ~20 | 0,0054 | 20 901 000 | −2 805,51 | 167,346 | 2003 | Holman et al. |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "Planet and Satellite Names and Discoverers". Gazetteer of Planetary Nomenclature (in Engels). USGS Astrogeology. 21 Julie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2009. Besoek op 6 Augustus 2006.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Simulasie Geargiveer 23 Augustus 2011 op Wayback Machine
- Sheppard, Scott. "Uranus' Known Satellites". Besoek op 20 Desember 2008.
- Gazeteer of Planetary Nomenclature—Uranus (USGS)
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Uranus se natuurlike satelliete.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia