Gaan na inhoud

Senuoordraer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Struktuur van ’n tipiese chemiese sinaps
Senuoordraer

Senuoordraers (ook neurotransmitters of chemiese boodskappers genoem) is chemiese stowwe wat die oordrag van seine in die senuweestelsel moontlik maak. Hulle dra seine oor ’n chemiese sinaps oor, van een neuron (senusel) na ’n ander teikenneuron, ’n spiersel of ’n kliersel.[1]

Senuoordraers word van sinaptiese blasies in sinapse vrygestel in die sinaptiese spleet, waar hulle deur reseptore in die teikenselle ontvang word. Baie senuoordraers word gesintetiseer van eenvoudige en algemene voorlopers soos aminosure, wat geredelik beskikbaar is uit die dieet en net ’n klein getal biosintetiese stappe benodig vir omvorming. Senuoordraers speel ’n groot rol in die alledaagse lewe en bedrywighede. Dit is nie bekend presies hoeveel daar is nie, maar meer as 100 chemiese boodskappers is al geïdentifiseer.[2]

Werking

[wysig | wysig bron]

Senuoordraers word in sinaptiese blasies geberg wat onder ’n selmembraan in die aksonterminaal aan die presinaptiese kant van die sinaps geleë is. Hulle word in die sinaptiese spleet vrygestel en versprei, en bind dan aan spesifieke reseptore in ’n membraan aan die postsinaptiese kant van die sinaps.[3]

Die meeste senuoordraers is omtrent so groot soos ’n enkele aminosuur; sommige kan egter so groot wees soos groter proteïene of peptiede. ’n Vrygestelde senuoordraer is gewoonlik vir ’n kort tyd in die sinaptiese spleet beskikbaar voordat dit deur ensieme gemetaboliseer word, die presinaptiese neuron teruggetrek word of aan ’n postsinaptiese reseptor bind. Korttermynblootstelling is egter voldoende vir ’n seinoordrag.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Lodish, H.; Berk, A.; Zipursky, S.L. (2000). Molecular Cell Biology: Section 21.4Neurotransmitters, Synapses, and Impulse Transmission (4th uitg.). New York: W. H. Freeman.
  2. Cherry, Kendra. "What is a Neurotransmitter?" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 6 Oktober 2014.
  3. Elias, L. J, & Saucier, D. M. (2005). Neuropsychology: Clinical and Experimental Foundations. Boston: Pearson

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]