Sandy Park
Voorkoms
Sandy Park | ||
Buiteaansig van Sandy Park
| ||
Ligging | Exeter, Devon, Engeland | |
---|---|---|
Koördinate | 50°42′33.51″N 3°28′3.26″W / 50.7093083°N 3.4675722°W | |
Eienaar | Exeter Chiefs | |
Operateur | Exeter Chiefs | |
Kapasiteit | 12 500 | |
Oppervlak | Desso GrassMaster | |
Konstruksie | ||
Geopen | 1 September 2006 | |
Renovasie | 2012 | |
Boukoste | ₤15 miljoen[1] | |
Huurders | ||
Exeter Chiefs (2006–hede) |
Sandy Park is ’n rugbystadion en konferensiesentrum in Exeter, Engeland, met sitplek vir 12 500 mense. Dit is die tuisveld van Exeter Chiefs wat sedert die 2010/11-seisoen in die Aviva Premierskap deelneem.[2] Die klub het in 2006 na Sandy Park geskuif van hul vorige tuisveld, County Ground.
Sandy Park is een van 13 stadions waar wedstryde tydens die Rugbywêreldbeker 2015 gespeel is. Drie wedstryde van spanne in Poele C en D is op Sandy Park gespeel: Tonga teen Namibië, Namibië teen Georgië en Italië teen Roemenië.[3]
’n Wedstryd tussen die Engeland Saxons en die Ierland Wolfhounds is op 28 Januarie 2012 op Sandy Park gespeel waarin die Saxons met 23–17 gewen het.[4]
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
Sandy Park se hoofpawiljoen
-
Sandy Park se speelveld
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Rugbywêreldbeker 2015
[wysig | wysig bron]- Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2015.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
29 September 2015 | 16:45 | Tonga | 35–21 | Namibië | Groep C | 10 103 |
7 Oktober 2015 | 20:00 | Namibië | 16–17 | Georgië | Groep C | 11 156 |
11 Oktober 2015 | 14:30 | Italië | 32–22 | Roemenië | Groep D | 11 450 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Geskiedenis - Die tuiste van rugby in Exeter en Devon" (in Engels). Exeterchiefs.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2012. Besoek op 13 Oktober 2011.
- ↑ (en) [1] Geargiveer 8 Desember 2008 op Wayback Machine
- ↑ "Amptelike Webwerf RWB 2015" (in Engels). Internasionale Rugbyraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2014. Besoek op 11 Mei 2013.
- ↑ "England Saxons 23-17 Irish Wolfhounds" (in Engels). BBC Sport. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2015. Besoek op 28 Januarie 2012.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Sandy Park. |
- (en) Amptelike webwerf