Gaan na inhoud

Piasensium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Kwartêr Pleistoseen Gelasium jonger
Neogeen Plioseen Piasensium 2,588–3,600
Zancleum 3,600–5,332
Mioseen Messinium 5,332–7,246
Tortonium 7,246–11,608
Serravallium 11,608–13,65
Langhium 13,65–15,97
Burdigalium 15,97–20,43
Aquitanium 20,43–23,03
Paleogeen Oligoseen Chattium ouer
Die verdeling van die Neogeen (IKS).

Die Piasensium is die laaste chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Neogeen (serie/epog Plioseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 3,6 tot 2,588 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Zancleum en gevolg deur die eerste etage/tydsnede van die Kwartêr, die Gelasium.

Naam en definisie

[wysig | wysig bron]

Die Piasensium is in 1858 deur Karl Mayer-Eymar genoem na die Italiaanse stad Piacenza. Die globale stratotipepunt vir die etage lê by Punta Piccola op Sisilië.[2]

Die basis van die etage word gedefinieer deur die begin van die magnetiese chronosone C2An en die uitsterwing van die Foraminifera-spesies Globorotalia margaritae en Pulleniatina primalis; die bokant word gedefinieer deur die basis van die magnetiese chronosone C2r en die laaste voorkoms van die nannoplankton-soorte Discoaster pentaradiatus en Discoaster surculus.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Gradstein et al. (2012)
  2. Castradori et al. (1998)

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • (en) Castradori, D.; Rio, D.; Hilgen, F.J. & Lourens, L.J.; 1998: The Global Standard Stratotype section and Point (GSSP) of the Piacenzian Stage (Middle Pliocene), Episodes 21(2), pp. 88-93.
  • (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.
  • (de) Mayer-Eymar, K.; 1858: Versuch einer neuen Klassifikation der Tertiär-Gebilde Europa’s, Verhandlungen der Schweizerischen Naturforschenden Gesellschaft, Augustus 1857, pp. 70–71 & 165–199.