Gaan na inhoud

Messier 81

Koördinate: Sky map 09h 55m 33.2s, +69° 03′ 55″
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Messier 81
Messier 81 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Messier 81 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Soort stelsel Spiraalsterrestelsel
Sterrebeeld Groot Beer
Tipe SA(s)ab, LINER
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 09h 55m 33,2s
Deklinasie +69º 03' 55"
Skynmagnitude 6,94
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 11,8 miljoen
Skynbare grootte  26,9 × 14,1 boogminute
Ander name M81, Bode se Sterrestelsel, NGC 3031, UGC 5318, PGC 28630
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Messier 81 of M81 (ook bekend as onder meer NGC 3031) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 11,8 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Groot Beer. Dit is in 1774 deur Johann Elert Bode ontdek[1] en daarom word dit soms Bode se Sterrestelsel genoem. Charles Messier en Pierre Méchain het dit in 1779 herontdek en Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.[1]

Vanweë sy nabyheid aan die Aarde, grootte en aktiewe kern met ’n supermassiewe swartkolk van 70 miljoen sonmassas[2] is M81 al intensief deur professionele sterrekundiges bestudeer. Vanweë sy helderheid is dit ook baie gewild onder amateur-sterrekykers.[3]

Stof-emissie

[wysig | wysig bron]

Die grootste deel van die stelsel se infrarooistrale kom van interstellêre stof.[4] Die stof word hoofsaaklik in die spiraalarms aangetref en word verbind met gebiede van stervorming.[4] Die algemene verduideliking is dat die warm blousterre met ’n kort leeftyd wat in die stelsel se stervormende gebiede aangetref word, die stof verhit en so die uitstraling van infrarooistrale vanaf dié gebiede verhoog.

Supernova

[wysig | wysig bron]

Net een supernova is al in M81 gesien.[5] SN 1993J is op 28 Maart 1993 deur F. Garcia in Spanje ontdek.[6] Dit was toe die tweede helderste supernova wat nog in die 20ste eeu waargeneem is.[7]

Die spektraal-eienskappe van die supernova het mettertyd verander. Aanvanklik het dit soos ’n tipe II gelyk (’n supernova wat gevorm word wanneer ’n ster ontplof) met sterk waterstof-spektraallyn-emissies, maar die waterstoflyne het later verdof en sterk helium-spektraallyne het verskyn, wat dit meer soos ’n tipe Ib laat lyk het.[7][8] Die variasies in SN 1993J se helderheid het ook nie ooreengestem met dié van ander tipe II-supernovas nie, maar met tipe 1b. Die supernova is toe geklassifiseer as tipe IIb, ’n oorgangsklas tussen II en Ib.[8]

M81-groep

[wysig | wysig bron]
M81 (links) en M82 (regs). M82 is een van twee sterrestelsels word sterk beïnvloed word deur M81 se swaartekrag. Die ander een, NGC 3077, lê buite die bokant van dié foto.

Messier 81 is een van die grootste sterrestelsels in die M81-groep, ’n groep van 34 sterrestelsels in die Groot Beer.[9] Op sowat 11,8 ligjare van die Aarde af, is dié groep en die Lokale Groep, met onder meer die Melkweg,[9] bure in die Virgo-superswerm.

Swaartekrag-interaksies tussen M81, M82 en NGC 3077[10] het waterstofgas van al drie sterrestelsels weggestroop en dit het gasagtige strukture in die groep gevorm.[10] Dit het ook veroorsaak dat interstellêre gas in die binnestreke van M82 en NGC 3077 beland het, wat tot kragtige stervorming daar gely het.[10]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 K. G. Jones (1991). Messier's Nebulae and Star Clusters (2nd uitg.). Cambridge University Press. ISBN 0-521-37079-5.
  2. N. Devereux, H. Ford, Z. Tsvetanov, and J. Jocoby (2003). "STIS Spectroscopy of the Central 10 Parsecs of M81: Evidence for a Massive Black Hole". Astronomical Journal. 125 (3): 1226–1235. Bibcode:2003AJ....125.1226D. doi:10.1086/367595.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. S. J. O'Meara (1998). The Messier Objects. Cambridge University Press. ISBN 0-521-55332-6.
  4. 4,0 4,1 P.G. Pérez-González, R.C. Kennicutt jr., K.D. Gordon, K.A. Misselt, A. Gil de Paz, C.W. Engelbracht, G.H. Rieke, G.J. Bendo, L. Bianchi, S. Bossier, D. Calzetti, D.A. Dale, B.T. Draine, T.H. Jarrett, D. Hollenbach, M.K.M. Prescott; Kennicutt (2006). "Ultraviolet through Far-Infrared Spatially Resolved Analysis of the Recent Star Formation in M81 (NGC 3031)". Astrophysical Journal. 648 (2): 987–1006. arXiv:astro-ph/0605605. Bibcode:2006ApJ...648..987P. doi:10.1086/506196.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  5. "Nasa/IPAC Extragalactic Database". Results for extended name search on NGC 3031 (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2001. Besoek op 27 Februarie 2007.
  6. J. Ripero, F. Garcia, D. Rodriguez, P. Pujol, A.V. Filippenko, R.R. Treffers, Y. Paik, M. Davis, D. Schlegel, F.D.A. Hartwick, D.D. Balam, D. Zurek, R.M. Robb, P. Garnavich, B.A. Hong; Garcia; Rodriguez; Pujol; Filippenko; Treffers; Paik; Davis; Schlegel (1993). "Supernova 1993J in NGC 3031". IAU Circular. 5731: 1. Bibcode:1993IAUC.5731....1R.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  7. 7,0 7,1 B.P. Schmidt, R.P. Kirshner, R.G. Eastman, R. Grashuis, I. dell'Antonio, N. Caldwell, C. Foltz, J.P. Huchra, A.A.E. Milone (1993). "The unusual supernova SN1993J in the galaxy M81". Nature. 364 (6438): 600–602. Bibcode:1993Natur.364..600S. doi:10.1038/364600a0.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  8. 8,0 8,1 A.V. Filippenko, T. Matheson, L.C. Ho (1993). "The "Type IIb" Supernova 1993J in M81: A Close Relative of Type Ib Supernovae". Astrophysical Journal Letters. 415: L103–L106. Bibcode:1993ApJ...415L.103F. doi:10.1086/187043.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  9. 9,0 9,1 I.D. Karachentsev (2005). "The Local Group and Other Neighboring Galaxy Groups". Astronomical Journal. 129 (1): 178–188. arXiv:astro-ph/0410065. Bibcode:2005AJ....129..178K. doi:10.1086/426368.
  10. 10,0 10,1 10,2 M.S. Yun, P.T.P. Ho, K.Y. Lo (1994). "A high-resolution image of atomic hydrogen in the M81 group of galaxies". Nature. 372 (6506): 530–532. Bibcode:1994Natur.372..530Y. doi:10.1038/372530a0. PMID 7990925.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]