Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
- Hulp:IPA: [vɛχ]
-
- weg
- 'n Pad of straat; smal strook grond vir verkeer; baan of roete wat twee of meer plekke met mekaar verbind.
- 'n Manier om iets te bereik of reg te kry.
- Betogers het die weg met brandende bande versper. Ons moes dus 'n ander weg kies.
- Ons kom goed oor die weg. Probeer die probleem deur 'n ander weg oplos. Ek hoop hy vind sy weg voordat dit te laat is.
- Waar 'n wil is, is 'n weg (as mens wil, kan hy baie vermag).
- Hy baan die weg vir ons (skep die geleentheid).
- Jy moet dit uit die weg ruim (van ontslae raak; verwyder; vernietig).
- Van die huidige plek verwyder; êrens anders; afgeleë.
- Onvindbaar; kan nie gekry word nie; verlore.
- Oor of verby.
- Hy loop van die huis af weg.
- Dit kan tog nie sommer weg wees nie?
- Die pyn in my sy is weg.
- As die kat weg is, is die muis baas (sonder goeie bestuur maak die mense nes hulle wil).
- Sak en pak weg (met alle besittings vertrek).
- Sy bont varkie is weg (effens mal)
- Iets of iemand verjaag; loop! trap!
- Weg met hom! Weg met hom! Kruis toe![1]