Stokely Carmichael
Stokely Carmichael | |
Carmichael in 1960 as 'n senior aan die Bronx Hoërskool van Wetenskap. | |
4de Voorsitter van die Studentevrye Koördinerende Komitee
| |
Ampstermyn Mei 1966 – Junie 1967 | |
Voorafgegaan deur | John Lewis |
---|---|
Opgevolg deur | H. Rap Brown |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Port of Spain, Trinidad en Tobago | 29 Junie 1941
Sterf | 15 November 1998 (op 57) Conakry, Guinee |
Eggenoot/-note | Miriam Makeba |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | The Bronx High School of Science (1960) Howard-universiteit (B.A., Filosofie, 1964) |
Stokely Carmichael (29 Junie 1941 – 15 November 1998) was ’n lid van die Black Panthers, wat hulle in die 1960’s beywer het om maatskaplike en politieke veranderinge vir Afro-Amerikaners teweeg te bring. Hy het die frase "black power" (swart mag) gevestig.[1]
Lewensloop
[wysig | wysig bron]Stokely Carmichael is in Port of Spain op die eiland Trinidad gebore. Op 11 sluit hy by sy ouers in die Verenigde State aan, wat daarheen geëmigreer het toe hy twee was. Hy is ondertussen deur sy ouma en twee tantes versorg.
In die VSA woon hy die uitgelese Bronx Hoërskool van Wetenskap in New York Stad by, waarna hy by Howard-universiteit inskryf en 'n aktivis word. Hy sluit by die Swart Mag-beweging aan, eers as 'n leier van die Studente Geweldlose Koördinerende Komitee (SNCC, Student Nonviolent Coordinating Committee), later as "ere-presedent" van die Black Panther-party, en uiteindelik as 'n leier van die All-African People's Revolutionary Party (A-APRP).[2]
Hy is in 1968 met die Suid-Afrikaanse sanger Miriam Makeba getroud. Hulle is egter in 1973 in Guinee geskei.
Carmichael is aan prostaatkanker oorlede. Hy was 57 jaar oud.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ "Stokely Carmichael" biography, Freedom Riders, American Experience website (PBS).
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Stokely Carmichael.
- Stokely Carmichael in die Internet-rolprentdatabasis