Gaan na inhoud

Sint Maarten

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sint Maarten
Vlag van Sint Maarten Wapen van Sint Maarten
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Semper progrediens
(Latyn vir: "Vorder altyd")
Volkslied: O Sweet Saint Martin's Land
(Engels vir: "O lieflike land van Sint Maarten")

Koninklike volkslied: Wilhelmus
Ligging van Sint Maarten
Hoofstad Philipsburg

18°2′N 63°3′W / 18.033°N 63.050°W / 18.033; -63.050

Grootste stad Lower Prince's Quarter

18°3′N 63°2′W / 18.050°N 63.033°W / 18.050; -63.033

Amptelike tale Nederlands en Engels[1]
Regering


Monarg
• Goewerneur
Eerste minister
Unitêre parlementêre
verteenwoordigende demokrasie
onder 'n grondwetlike monargie
Willem-Alexander
Ajamu Baly
Luc Mercelina
Onafhanklikheid
Outonomiteit
• Datum

binne die Koninkryk van die Nederlande
10 Oktober 2010
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
34[2][3] km2  
13 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
42 938[4] (187ste)
33 609
1 221 / km2 (10de)
3 162,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$1,797 miljard[3] (201ste)
$41 900[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$1,537 miljard[3]

Geldeenheid Nederlandse Antille-gulden (ANG)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD .sx
Skakelkode +1 721[5]

Sint Maarten (Nederlands: [sɪnt ˈmaːrtə(n)]), nieamptelik Sint-Maarten, behels die suidelike deel van die eiland Sint Maartin in Noord-Amerika, terwyl die noordelike deel die Franse oorsese gebied Saint-Martin vorm. Tot in 2010 het Sint Maarten deel uitgemaak van die Nederlandse Antille, maar dié eiland het op 10 Oktober 2010 'n outonome land binne die Koninkryk van die Nederlande geword.[6]

Nasa-Satellietbeeld van Sint Maarten
Kaart van Sint Maarten

Die amptelike tale is Nederlands en Engels. Die hoofstad is Philipsburg en die grootste stad is Lower Prince's Quarter. Die eilandgebied beslaan 'n oppervlakte van 34 km² en het 'n bevolking van 42 938 in 2023 gehad. Sint Maarten grens in die noorde aan Saint-Martin, in die ooste aan Sint Bartolomeus asook in die suide aan Saba en Sint Eustatius van Karibiese Nederland.

Sint Maartin is op 11 November 1493 (Sint-Maartenfees) deur Christophorus Columbus tydens sy tweede reis vir Europa ontdek en ná die heilige Martinus van Tours genoem. Alhoewel Sint Maartin deur die Spaanse Ryk opgeëis is, is dié eiland nooit deur Spanjaarde gekoloniseer nie. Sint Maartin het egter beide Franse en Nederlandse koloniste gelok, maar weens verskeie redes. Frankryk wou al die eilande tussen Bermuda en Trinidad en Tobago koloniseer, terwyl Nederland dié eiland as 'n gerieflike hawe halfpad tussen hul kolonies Nieu-Nederland en Nederlands-Brasilië beskou het. Die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie het in 1631 Fort Amsterdam opgerig. Franse en Engelse koloniste het gou gevolg. Na aanleiding van hierdie suksesvolle kolonisasies het Sint Maartin ook aandag van Spanje gekry, wat hul southandel veilig wou hou. Die Tagtigjarige Oorlog het tot verdere skermutselinge tussen Nederland en Spanje gelei. Spanje het dié eiland in 1633 verower en die meeste of al die koloniste van Sint Maartin ontruim. Nadat dié eiland nie meer winsgewend was nie, het die Spanjaarde Sint Maartin in 1648 verlaat. Franse en Nederlanders het hul kans gesien om hulle weer op dié eiland te vestig. Nederlandse koloniste het vanaf Sint Eustatius gekom en Franse koloniste van St. Kitts en Nevis. Die nuwe vestiging het tot konflikte gelei en albei kante het saamgestem om dié eiland te deel. Hulle het in 1648 die Verdrag van Concordia onderteken, maar skermutselinge het die grens tussen 1648 en 1816 16 keer laat wissel. Sint Maarten het in 1983 'n eilandgebied van die Nederlandse Antille geword en is sedert 2010 'n outonome land binne die Koninkryk van die Nederlande, grondwetlik gelykwaardig aan Aruba, Curaçao en Nederland.[7]

Sint Maarten is 'n gesogte vakansieplek en die ekonomie is veral op toerisme gebaseer.[3] Die Prinses Juliana Internasionale Lughawe is veral bekend vir sy aanloopbaan digby die strand en dit is veral gewild by toeriste wat groot vliegtuie van naby wil sien.[8]

Etimologie

[wysig | wysig bron]

Die eiland is deur Christophorus Columbus genoem na Martinus van Tours, omdat hy die eiland op dié heilige se feesdag 11 November 1493 vir Europa ontdek het.[3]

Sport

[wysig | wysig bron]

Krieket is Sint Maarten se gewildste sportsoort. Sint Maarten is een van die gebiede wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket met toetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan amper elke krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 gewen en slegs die 2023-toernooi misgeloop.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Art. 1 para 2. Constitution of Sint Maarten Geargiveer 10 Maart 2014 op Wayback Machine. Besoek op 28 Augustus 2014.
  2. (nl) "Waaruit bestaat het Koninkrijk der Nederlanden? – Rijksoverheid.nl". Ministerie van Algemene. 19 Mei 2015. Besoek op 6 Mei 2024.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 3,5 (en) "Sint Maarten". Central Intelligence Agency. Besoek op 6 Mei 2024.
  4. (en) "Population Estimates and Vital Statistics 2023" (PDF). Sint Maarten Departement van Statistiek. 2021. Besoek op 6 Mei 2024.
  5. (en) "PL-423: Updated Information – Introduction of NPA 721 (Sint Maarten)" (PDF). North American Numbering Plan Administration. 27 Julie 2011. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 21 Mei 2018.
  6. (en) "Status change means Dutch Antilles no longer exists". BBC. 10 Oktober 2010. Besoek op 6 Mei 2024.
  7. (en) "Sint Maarten". Encyclopædia Britannica. Besoek op 6 Mei 2024.
  8. (en) Luz Lazo (7 September 2017). "Irma devastates world-famous St. Martin airport". The Washington Post. Besoek op 6 Mei 2024.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Vlag van die Koninkryk der Nederlande Koninkryk van die Nederlande Wapen van die Koninkryk der Nederlande
Lande:Aruba · Curaçao · Nederland · Sint Maarten
Provinsies in Nederland:Drenthe · Flevoland · Friesland · Gelderland · Groningen · Limburg · Noord-Brabant · Noord-Holland · Overijssel · Utrecht · Zeeland · Zuid-Holland
Besondere munisipaliteite in Nederland:Bonaire · Saba · Sint Eustatius