Gaan na inhoud

Søren Kierkegaard

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Søren Aabye Kierkegaard
Onvolledige portret van Søren Aabye Kierkegaard deur Niels Christian Kierkegaard, ca. 1840

Gebore 5 Mei 1813
Kopenhagen, Denemarke
Oorlede 11 November 1855 (op 42)
Kopenhagen, Denemarke
Nasionaliteit Vlag van Denemarke Denemarke
Vakgebied Christenskap, metafisika, epistemologie, estetika, etiek, sielkunde, filosofie
Alma mater Universiteit van Kopenhagen
Beïnvloed deur Aristoteles, Augustinus, Kant, Lessing, Luther, Schelling
Invloed op Barth, Buber, Derrida, Heidegger, Ibsen, Lévinas, Marcel, Tillich, Wittgenstein
Handtekening

Søren Kierkegaard (18131855) was 'n Deense filosoof, teoloog en psigoloog. Sy invloed word deur talle 20ste eeuse eksistensiële, teologiese, poststrukturele, en postmoderne filosowe erken. Kierkegaard was baie krities oor die Hegelianisme en wat hy gesien het as die leë formaliteite van die Deense Nasionale Kerk. Baie van sy filosofiese werk fokus op hoe 'n persoon lewe, veral op die prioriteit van konkreet menslike realiteit bo abstrakte denke, en benadruk die belang van persoonlike keuse en toewyding. Sy teologiese werke fokus op Christelike etiek en (kritiek op) die Kerklike instelling. Sy psigologiese werke verken die emosies van mense wat lewenskeuses in die gesig staar.

Sy filosofiese metode is deur Sokrates en Sokratiese dialoë geïnspireer, en as deel daarvan is sommige van Kierkegaard se vroeë werke onder verskeie penname geskryf; as karakters wat hulle eie, onderskeidelike sienings bied en met mekaar komplekse gesprekke wissel.