Frankium
| ||||||||||||||||||||||||||||
Algemeen | ||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | frankium, Fr, 87 | |||||||||||||||||||||||||||
Chemiese reeks | alkalimetaal | |||||||||||||||||||||||||||
Groep, periode, blok | 1, 7, s | |||||||||||||||||||||||||||
Atoommassa | (223) g/mol | |||||||||||||||||||||||||||
Elektronkonfigurasie | [Rn] 7s1 | |||||||||||||||||||||||||||
Elektrone per skil | 2, 8, 18, 32, 18, 8, 1 | |||||||||||||||||||||||||||
CAS-registernommer | 7440-73-5 | |||||||||||||||||||||||||||
Fisiese eienskappe | ||||||||||||||||||||||||||||
Toestand | moontlik ’n vastestof | |||||||||||||||||||||||||||
Smeltpunt | 300 K (30 °C) | |||||||||||||||||||||||||||
Kookpunt | 950 K (680 °C) | |||||||||||||||||||||||||||
Digtheid (naby k.t.) | afgelei; 2,8–3,0 g/cm³ | |||||||||||||||||||||||||||
Atoomeienskappe | ||||||||||||||||||||||||||||
Oksidasietoestande | +1 | |||||||||||||||||||||||||||
Ionisasie-energieë | 1ste: 393 kJ/mol | |||||||||||||||||||||||||||
Geskiedenis | ||||||||||||||||||||||||||||
Ontdek | 1939 | |||||||||||||||||||||||||||
Ontdek deur | Marguerite Perey | |||||||||||||||||||||||||||
Vorige naam | aktinium-K | |||||||||||||||||||||||||||
Genoem na | Frankryk, waar dit ontdek is | |||||||||||||||||||||||||||
Datum van naam | 1949 | |||||||||||||||||||||||||||
Vernaamste isotope | ||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||
Portaal Chemie |
Frankium of fransium is ’n chemiese element met die atoomgetal 87 en simbool Fr. Dit is die tweede skaarsste element wat natuurlik voorkom (naas astaat) en ’n hoogs radioaktiewe metaal wat in astaat, radium en radon verval. As ’n alkalimetaal het dit een valenselektron.
Massahoeveelhede frankium is nog nie waargeneem nie. Na aanleiding van die algemene voorkoms van die ander elemente in dié periode van die periodieke tabel word aanvaar frankium sal ’n hoogs reaktiewe metaal wees as genoeg byeengekry kan word om as ’n massavastestof of -vloeistof waar te neem. Om so ’n monster te kry is hoogs onwaarskynlik omdat die hoë vervalhitte (die halfleeftyd van sy langslewende isotoop is net 22 minute) dadelik enige waarneembare hoeveelheid van die element sou laat verdamp.
Frankium is in 1939 deur Marguerite Perey in Frankryk ontdek, vandaar die naam. Dit is die laaste element wat eers in die natuur ontdek is eerder as deur sintese.[nota 1] Buite die laboratorium is frankium uiters seldsaam, met spoorhoeveelhede wat aangetref word in uraan- en toriumerts, waar die isotoop frankium-223 voortdurend vorm en verval. Net sowat 20–30 g bestaan op enige gegewe tydstip in die aardkors; die ander isotope (buiten frankium-221) is geheel en al sinteties. Die grootste hoeveelheid wat in die laboratorium vervaardig is, was ’n tros van meer as 300 000 atome.[1]
Notas
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Luis A. Orozco (2003). "Francium". Chemical and Engineering News.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Frankium.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir frankium.
- Frankium by The Periodic Table of Videos (Universiteit van Nottingham)
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
- webelements.com Frankium
H | He | ||||||||||||||||||||||||||||||
Li | Be | B | C | N | O | F | Ne | ||||||||||||||||||||||||
Na | Mg | Al | Si | P | S | Cl | Ar | ||||||||||||||||||||||||
K | Ca | Sc | Ti | V | Cr | Mn | Fe | Co | Ni | Cu | Zn | Ga | Ge | As | Se | Br | Kr | ||||||||||||||
Rb | Sr | Y | Zr | Nb | Mo | Tc | Ru | Rh | Pd | Ag | Cd | In | Sn | Sb | Te | I | Xe | ||||||||||||||
Cs | Ba | La | Ce | Pr | Nd | Pm | Sm | Eu | Gd | Tb | Dy | Ho | Er | Tm | Yb | Lu | Hf | Ta | W | Re | Os | Ir | Pt | Au | Hg | Tl | Pb | Bi | Po | At | Rn |
Fr | Ra | Ac | Th | Pa | U | Np | Pu | Am | Cm | Bk | Cf | Es | Fm | Md | No | Lr | Rf | Db | Sg | Bh | Hs | Mt | Ds | Rg | Cn | Nh | Fl | Mc | Lv | Ts | Og |
Alkalimetale | Aardalkalimetale | Lantaniede | Aktiniede | Oorgangsmetale | Hoofgroepmetale | Metalloïde | Niemetale | Halogene | Edelgasse | Chemie onbekend |