Carl Walter Meyer
Carl Walter Meyer (31 Januarie 1965 – 22 Desember 2017) was 'n kunstenaar gebore in Aliwal-Noord, Oos-Kaap. Meyer studeer aan die Universiteit van Pretoria met 'n graad in Beeldende Kuns. Hy studeer verder aan die "Staatliche Kunstakademie" in Düsseldorf, Wes-Duitsland, onder professor Michael Buthe. Hy het ten tye van sy dood in Upington, Noord-Kaap gewoon.
Lewe
[wysig | wysig bron]Meyer het in 1982 met 'n onderskeiding in kuns gematrikuleer.[1] As universiteitstudent het Meyer ook onderskeidings gekry vir sy graad in beeldende kunste aan die Universiteit van Pretoria, en in 1984 die New Signature-prys vir skilderkuns gewen.[1] Meyer het onder professor Nico Roos en John Clarke gestudeer. Hy het in die vroeë 1990's bekendheid verwerf met sy kenmerkende landskapstudies. Walter Meyer het landskappe, portrette, stillewe, natuurlewe en abstrakte skilderye geskilder en hy het ook in hout gebeeldhou.[2]Hy was eers getroud met Catharina Scheepers en toe met Sophia (nooiensvan onbekend). Meyer en Scheepers het hul egskeiding in 2008 afgehandel. Hy het saam met sy tweede vrou Sophia Meyer (27) in die woonbuurt Augrabies Park in Upington, Noord-Kaap, gewoon. Hulle is op 27 Junie 2010 getroud. Die egpaar het 'n moeilike huwelik gehad en sy vrou Sophia Meyer het hom vermoor.[3] Die weduwee van Walter is in September 2021 skuldig bevind aan sy moord.[4]
Werk
[wysig | wysig bron]Meyer het werk wat in New York en die Suid-Afrikaanse Kunsgalery hang.[3] Hy is verteenwoordig deur Everard Read Gallery. Professor Andries Bezuidenhout beweer dat Walter Meyer die ondergang van Afrikanernasionalisme geskilder het.[5] Meyer het bekend geword daarvoor dat hy uitdrukking gee aan die alledaagse en minder begeerlike kant van die werklikheid. Sy styl is geïnspireer deur die kwaliteit van die lig teen dagbreek of skemer, en die hitte van die dorre woestynlandskappe. Meyer se skilderye is vergelyk met werke van Pierneef.[5]
Dood
[wysig | wysig bron]Meyer is dood aangetref by sy huis in Upington op 28 Desember 2017. Luitenant-kolonel Dimakatso Mooi, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sê Meyer is met 'n skerp voorwerp gesteek. Meyer was in 'n rusie met sy vrou betrokke en sy het hom in die bors gesteek.[5]
Uitstallings
[wysig | wysig bron]- (1984) New Signatures-uitstalling, SAAA, Pretoria
- (1985) Solo-uitstalling, Pierneef Galery, Pretoria, Groepuitstalling "Junger Westen", Recklinghausen, Groepuitstalling "Perspektief 3" Düsseldorf Kunsthalle, Duitsland
- (1985) Uitstalling met Ansgar Skiba, Zipora Rafaelov Station Kunst Ratingen, Groepuitstalling "Mini Show" Gallerie Now, New York, Groepuitstalling "The Emerging Collector", New York, Groepuitstalling "Michael Buthe und seine Klasse", Bonn
- (1987) Nuwe Handtekeninguitstalling, SAAA, Pretoria, Standard Bank Nasionale Tekenuitstalling
- (1988) Drieman-uitstalling, Galery 21, Johannesburg
- (1990) Solo-uitstalling, The Loft-galery, Windhoek, Namibië
- (1991) Uitstallings en werke as inwonende kunstenaar, Dal Josafat Kunsstigting, Paarl, Privaat solo-uitstalling, Johannesburg, Groepuitstalling, "Some Innocent Eyes", Newtown Gallery, Jhb.
- (1993) -Vierpersoon-uitstalling, Newtown Gallery, Jhb, Volkskas Atelier reisende groepuitstalling, Groepuitstalling, Everard Read Gallery, Jhb.
- (1994)'New Signatures'-uitstalling, SAAA, Pretoria, Solo-uitstalling, 'Present in the Landscape', Newtown Gallery, Jhb, Groepuitstalling "The Walls Sing", Oliewenhuis Kunsmuseum, Bloemfontein
- (1995) "Groundswell", Contemporary S A Art, Mermaid Theatre, London, Solo-uitstalling, Newtown Gallery, Jhb
- (1996) Vierman-uitstalling "Landscapes of SA", Art First Gallery, Cork St., Londen
- (1997) Solo-uitstalling, NSA Gallery, Durban, Solo-uitstalling, Old Arts Gallery, Universiteit van Pretoria, Groepuitstalling "Lifetimes, an exhibition of SA Art", München, Groepuitstalling "Cyst: Works in paint", Die Kasteel, Kaapstad
- (1998) Groepuitstalling, Open Window Gallery, Pretoria, Privaat uitstalling, Kaapstad
- (1999) Tweeman-uitstalling met Guy de Toit by Knysna Fine Art, Solo-uitstalling by Oliewenhuis Kunsmuseum, Bloemfontein.
- (2000) Solo-uitstalling by Johans Borman Fine Art Gallery, Kaapstad, Solo-uitstalling Everard Read Gallery, Johannesburg.
- (2009) Walter Meyer "Cape to Kalahari"-uitstalling Tina Skukan Gallery, Pretoria
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 [https://www.pressreader.com/south-africa/sunday-times/20171231/281689730189402 “Who was Walter Meyer?”, The Sunday Times, 31 Desember 2017
- ↑ [https://www.absolutart.co.za/contemporary-artists/carl-walter-meyer “Meyer, Carl Walter”, Absolute Art Gallery
- ↑ 3,0 3,1 [https://www.pressreader.com/south-africa/sunday-times/20171231/281681140254810 “Tortured final years of an art genius”, Collins, R and Davids, N, The Sunday Times, 31 Desember 2017
- ↑ Nomahlubi Sonjica, Widow of SA Artist Walter Meyer Convicted of his Murder. Timeslive, https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2021-09-22-widow-of-sa-artist-walter-meyer-convicted-of-his-murder/ 22 September 2021, besoek op 17 Januarie 2022.
- ↑ 5,0 5,1 5,2 “Walter Meyer painted the demise of Afrikaaner nationalism, De Villier, J, News24, 29 Desember 2017