Avicenna
Avicenna | |
Die Persiese filosoof Avicenna
| |
Geboortenaam | Abū ʿAlī al-Ḥusayn ibn ʿAbd Allāh ibn Al-Hasan ibn Ali ibn Sīnā |
---|---|
Gebore | 18 Junie ca. 980 Afshona, Samanide-ryk |
Oorlede | 16 Augustus 1037 (op 56–57) Hamadan, Kakuyide-ryk |
Vakgebied | Medisyne en aromaterapie Filosofie en logika Kalam in die Islamitiese teologie Wetenskap Poësie |
Bekend vir | Die Boek van Genesing Die Kanon van Geneeskunde |
Beïnvloed deur | Koran, Hippokrates, Aristoteles, Galen, Neoplatonisme, al-Kindi, al-Farabi, Rhazes, Biruni, al-Masihi |
Invloed op | Biruni, Omar Khayyám, Averroes, Shahab al-Din Suhrawardi, Tusi, Ibn al-Nafis, Albertus Magnus, Maimonides, Abu 'Ubayd al-Juzjani |
Ibn Sina of Avicenna (Latyn), voluit Abu Ali Al-Hoessein Ibn Abdoellah Ibn Sina (980 - 1037), was ’n Islamitiese medikus, geoloog, paleontoloog, natuurkundige, sielkundige, wiskundige, wetenskaplike en filosoof van Persiese afkoms. Hy het groot bydraes gelewer op die gebied van Aristoteles-filosofie en die geneeskunde, en het honderde verhandelings geskryf, waarvan sowat die helfte nog bestaan. Van dié werke konsentreer sowat 150 op filosofie en 40 op geneeskunde.[1]
Sy bekendste werke is Die Boek van Heling, ’n omvattende filosofiese en wetenskaplike ensiklopedie, en Die Kanon van die Geneeskunde,[2] wat in die Middeleeue die standaardhandleiding was aan baie universiteite.[3]
Avicenna word beskou as een van die beroemdste en invloedrykste kenners uit die Islamitiese Goue Era.[4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ O'Connor, John J; Edmund F. Robertson "Avicenna". MacTutor History of Mathematics archive.
- ↑ Nasr, Seyyed Hossein (2007). "Avicenna". Encyclopædia Britannica Online. URL besoek op 2007-11-05.
- ↑ "Avicenna 980-1037" (in Engels). Hcs.osu.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2012. Besoek op 19 Januarie 2010.
- ↑ "Avicenna (Persian philosopher and scientist) - Britannica Online Encyclopedia" (in Engels). Britannica.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2015. Besoek op 7 Januarie 2012.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Avicenna.