1991
Voorkoms
1991 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1986 | 1987 | 1988 | 1989 | 1990 | ◄ 1991 ► | 1992 | 1993 | 1994 | 1995 | 1996 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1991 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Oorlog bo Koeweit | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1991 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 91ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 13 Januarie – Spesiale troepe van die Sowjetunie se Departement van Binnelandse Sake beset die radiostasie en televisietoring van Vilnius, Litaue. 14 ongewapende Litause betogers sterf.
- 28 Februarie – Die Golfoorlog kom tot 'n einde.
- 9 April – Georgië word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 18 Mei – Somaliland verklaar eensydig sy onafhanklikheid van Somalië.
- 12 Junie – Boris Jeltsin word verkies as president van Rusland.
- 12 Junie – Berg Pinatubo, 'n vulkaan in die Filippyne, bars uit.
- 25 Junie – Kroasië en Slowenië verklaar hul onafhanklikheid van Joego-Slawië, maar word op 27 Junie deur Joego-Slawiese magte aangeval.
- 29 Junie – Suid-Afrika sluit weer as 'n volle lid by die Internasionale Krieketraad (IKR) aan.
- 30 Junie – Die Groepsgebiedewet van Suid-Afrika word afgeskaf.
- 22 Julie – Die reeksmoordenaar, Jeffrey Dahmer, word in hegtenis geneem nadat oorblyfsels van 11 mans en seuns in sy woonstel gevind is.
- 4 Augustus – Die Griekse plesierboot, die Oceanos, sink langs die Wildekus van Suid-Afrika.
- 20 Augustus – Estland word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 21 Augustus – Letland word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 24 Augustus – Oekraïne en Rusland word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 25 Augustus – Wit-Rusland word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 27 Augustus – Moldowa word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 30 Augustus – Azerbaidjan word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 31 Augustus – Kirgisië word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 1 September – Oesbekistan word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 2 September – Die Republiek van Nagorno-Karabach verklaar sy onafhanklikheid van die Sowjetunie.
- 8 September – Die Republiek van Masedonië word van Joego-Slawië onafhanklik.
- 9 September – Tadjikistan word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 21 September – Armenië word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 3 Oktober–2 November – Die 2de Rugbywêreldbeker word in Engeland aangebied en deur Australië gewen.
- 27 Oktober – Turkmenistan word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 10 November – Die Proteas speel hulle eerste EDI-krieketwedstryd teen Indië in Kalkutta.
- 16 Desember – Kasakstan word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 18 Desember – Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha Vryheidsparty, onttrek aan KODESA-onderhandelinge om 'n einde aan Apartheid te bring.
- 20 Desember – Die Suid-Afrikaanse regering, die African National Congress en ander partye begin samesprekings aangaande die herskryf van die grondwet.
- 21 Desember – Suid-Ossetië verklaar eensydig sy onafhanklikheid van Georgië.
- 25 Desember – Michail Gorbatsjof bedank as president van die Sowjetunie.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- Dag onbekend – Charlotte van den Broeck, Vlaamse digteres.
- 7 Januarie – Caster Semenya, Suid-Afrikaanse atleet.
- 12 Januarie – Pixie Lott, Engelse aktrise.
- 19 Januarie – Erin Sanders, Amerikaanse aktrise.
- 20 Januarie – Jolyon Palmer, Kanadese F1-renjaer.
- 3 Februarie – Masabata Klaas, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 10 Februarie – Emma Roberts, Amerikaanse aktrise.
- 16 Februarie – Marilyn Ramos, Mej Suid-Afrika in 2012.
- 17 Februarie – Bonnie Wright, Britse aktrise
- 18 Februarie – Malese Jow, Amerikaanse aktrise, sangeres en liedjieskrywer.
- 28 Februarie – J.G. Claassen, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler.
- 8 Maart – Devon Werkheiser, Amerikaanse akteur.
- 22 Maart – Roberto Merhi, Spaanse motorrenjaer.
- 28 Maart – Amy Bruckner, Amerikaanse (stem)aktrise.
- 3 April – Hayley Kiyoko, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 4 April – Jamie Lynn Spears, Amerikaanse aktrise.
- 17 April – Tessa James, Australiese aktrise.
- 20 April – Marieke Lucas Rijneveld, Nederlandse skrywer en wenner van die Bookerprys in 2020.
- 28 April – Liesl Laurie, Mej Suid-Afrika in 2015.
- 9 Mei – Genki Haraguchi, Japannese sokkerspeler.
- 27 Mei – Beauden Barrett, Nieu-Seelandse internasionale rugbyspeler.
- 7 Junie – Emily Ratajkowski, Amerikaanse aktrise en fotomodel.
- 16 Junie – Siya Kolisi, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyspeler en 61ste Springbokkaptein.
- 17 Junie – Akker van der Merwe, Springbokrugbyspeler (haker).
- 18 Junie – Willa Holland, Amerikaanse aktrise en model.
- 27 Junie – Madylin Anne Sweeten, Amerikaanse aktrise.
- 5 Julie – Jason Dolley, Amerikaanse akteur.
- 9 Julie – Mitchel Musso, Amerikaanse akteur en sanger.
- 16 Julie – Alexandra Shipp, Amerikaanse aktrise.
- 5 Augustus – Esteban Gutiérrez, Meksikaanse renjaer.
- 26 Augustus – Dylan O'Brien, Amerikaanse akteur.
- 28 Augustus – Kyle Massey, Amerikaanse akteur.
- 5 September – Skandar Keynes, Britse akteur.
- 9 September – Kelsey Chow, Amerikaanse aktrise.
- 27 September – Simona Halep, Roemeense tennisster.
- 8 November – Riker Lynch, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, akteur en danser
- 13 November – Matt Bennett, Amerikaanse akteur
- 15 November – Shailene Woodley, Amerikaanse aktrise en filmvervaardiger.
- 25 November – Rome Flynn, Amerikaanse akteur.
- 24 Desember – Louis Tomlinson, Engelse sanger-liedjieskrywer.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 3 Januarie – Anna Elizabeth Pohl, Suid-Afrikaanse sopraan en sangdosent (* 1914).
- 18 Februarie – Eugene Fodor, Amerikaanse skrywer van reisliteratuur (* 1905).
- 2 Maart – Serge Gainsbourg, Franse digter, sanger, komponis, akteur, regisseur en skilder (* 1928).
- 13 Maart – Taubie Kushlick, Suid-Afrikaanse verhoogaktrise, -regisseur en -produksieleier (* 1910).
- 27 Maart – Ralph Bates, Britse akteur (* 1940).
- 29 Maart – Barrie Biermann, Suid-Afrikaanse argitek (* 1924).
- 1 Mei – Jack Cope, Suid-Afrikaanse skrywer, digter asook ’n redakteur (* 1913).
- 11 Junie – Cromwell Everson, Suid-Afrikaanse komponis en skrywer van die eerste Afrikaanse opera, Klutaimnestra (* 1925)
- 22 Julie – Albert Wessels, Suid-Afrikaanse nyweraar en die stigter van Toyota Suid-Afrika (* 1908).
- 27 Augustus – David Poole, Suid-Afrikaanse balletdanser, choreograaf en balletonderwyser (* 1925).
- 3 Oktober – Jacques Loots, Suid-Afrikaanse akteur (* 1925).
- 25 Oktober – Louis le Grange, Suid-Afrikaanse politikus, kabinetsminister en Nasionale Party-lid (* 1928).
- 1 November – Mary Ainslee, Amerikaanse aktrise (* 1919).
- 5 November – Jukskei legende en senator Marthinus Philippus Prinsloo (* 1905)
- 24 November – Freddie Mercury, Britse musikant en die hoofsanger van die rockgroep Queen (* 1946)
- 26 November – Karl Kielblock, Afrikaanse skrywer (* 1907).
- 15 Desember – Wasili Zaitsef, bekende Sowjet-sluipskutter (* 1915).
- 28 Desember – Cassandra Harris, Amerikaanse aktrise (* 1948).
- Dag onbekend – Stella Blakemore, Suid-Afrikaanse skrywer van Afrikaanse jeugboeke (* 1906).