1971
Voorkoms
1971 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1966 | 1967 | 1968 | 1969 | 1970 | ◄ 1971 ► | 1972 | 1973 | 1974 | 1975 | 1976 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1971 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die Van Stadensrivierbrug | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1971 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 71ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 5 Januarie – Op die Melbourne-krieketveld speel Australië en Engeland in die eerste internasionale eendagwedstryd; Australië wen met 5 paaltjies.
- 16 Januarie – Die eerste Kaap na Rio-seiljagwedvaart begin in Tafelbaai.
- 27 Februarie – Die olietenkskip SS Wafra loop op die rotse van die Northumberlandrif naby Agulhas en veroorsaak massiewe oliebesoedeling.
- 8 Mei – Mislukte lansering van Mariner 8. Die ruimtetuig was veronderstel om navorsing te gaan doen op die planeet Mars.
- 17 Mei – Swartrenosters word in die Krugerwildtuin hervestig.
- 26 Mei – Drie Suid-Afrikaanse Lugmag Hawker Siddeley-vliegtuie bots teen Duiwelspiek in Kaapstad; 11 sterf.
- 30 Mei – Mariner-program: Mariner 9 gelanseer na Mars.
- 13 Junie – Die New York Times publiseer die “Pentagon Papers”.
- 30 Junie – Die bemanning van die ruimtetuig Sojoes 11 sterf toe hulle lugvoorraad deur ’n foutiewe klep ontsnap.
- 5 Julie – Die 26ste wysiging van die Amerikaanse grondwet gee stemreg aan alle burgers 18 jaar en ouer.
- 15 Augustus – Bahrein word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 3 September – Katar word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 25 Oktober – Die Volksrepubliek China vervang die Republiek China (Taiwan) as China se verteenwoordiger en permanente lid in die Verenigde Nasies.
- 14 November – Mariner 9 bereik Mars en word die eerste ruimtetuig wat rondom 'n ander planeet wentel.
- 15 November – Intel stel die wêreld se eerste mikroverwerker, die 4004, vry.
- 2 Desember – Die Verenigde Arabiese Emirate word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 3 Desember – Indië kondig ’n noodtoestand aan nadat Pakistanse vegvliegtuie noordwes-Indië aanval in ’n dispuut oor Kasjmir.
- 9 Desember – Die Pakistanse duikboot Hangor torpedeer die Indiese fregat INS Khukri, 194 matrose en offisiere sterf.
- 16 Desember – Bangladesj word onafhanklik van Pakistan.
- 16 Desember – Onthullling van die monument van replika bronswaens op die Slag van Bloedrivier-terrein.
- Die Van Stadensrivierbrug op die Tuinroete se N2 word geopen.
- Die Hochschule für Wirtschaft und Recht Berlin in Berlyn word gestig.
- David Ruelle en Floris Takens ontwikkel die konsep van ’n vreemde aantrekker as voorloper tot chaosteorie.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 10 Januarie – Theuns Jordaan, Suid-Afrikaanse sanger († 2021).
- 12 Januarie – Venessa Schoeman, Suid-Afrikaanse dieetkundige en lewenstylredakteur.
- 26 Januarie – Aygün Kazımova, Azerbeidjanse sangeres en aktrise.
- 31 Januarie – Gábor Kósa, Hongaarse historikus van godsdienste.
- 4 Februarie – Eric Garcetti, Amerikaanse politikus en burgemeester van Los Angeles.
- 9 Februarie – Sharon Case, Amerikaanse aktrise van Beverly Hills.
- 20 Februarie – Joost van der Westhuizen, Suid-Afrika se agt-en-veertigste Springbokkaptein († 2017).
- 24 Februarie – Pedro de la Rosa, Spaanse Formule Een-renjaer.
- 1 Maart – Thomas Adès, Britse komponis, pianis en dirigent.
- 27 Maart – David Coulthard, Britse Formule Een-renjaer.
- 31 Maart – Ewan McGregor, Skotse akteur.
- 3 April – Shireen Abu Akleh, Palestyns-Amerikaanse joernalis († 2022).
- 12 April – Shannen Doherty, Amerikaanse aktrise (s. 2024).
- 23 April – Kevin Mileham, Suid-Afrikaanse politikus, skaduminister van die Demokratiese Alliansie.
- 16 April – Selena, Amerikaanse sangeres Tejano († 1995).
- 16 April – Sharon Dijksma, Nederlandse politikus.
- 17 Mei – Máxima Zorreguieta, koningin van die Nederlande sedert April 2013, as die eggenote van koning Willem-Alexander.
- 4 Junie – Joseph Kabila, Kongolese politikus en president van 2001 tot 2019.
- 5 Junie – Mark Wahlberg, Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger.
- 7 Junie – Brandon Topham, Suid-Afrikaanse politikus, geoktrooieerde rekenmeester en besigheidsman.
- 16 Junie – Tupac Shakur, Amerikaanse rapper, in Las Vegas doodgeskiet († 1996).
- 28 Junie – Elon Musk, Suid-Afrikaans-gebore internet- en ruimtelanseringsentrepreneur, woon en werk in die VSA.
- 21 Julie – Charlotte Gainsbourg, Frans-Britse aktrise en skryfster.
- 4 Augustus – Jeff Gordon, Amerikaanse NASCAR-motorrenjaer.
- 12 Augustus – Pete Sampras, voormalige Amerikaanse tenniswêreldkampioen.
- 18 Augustus – Kevin Leo, Suid-Afrikaanse opera- en ligte liedjiesanger.
- 25 Augustus – Nico Panagio, Suid-Afrikaanse akteur en TV-aanbieder.
- 30 Augustus – Malusi Gigaba, voormalige Suid-Afrikaanse kabinetsminister.
- 31 Augustus – Wadim Repin, Russiese violis.
- 15 September – Wayne Ferreira, Suid-Afrikaanse tennisspeler.
- 18 September – Lance Armstrong, Amerikaanse professionele renfietsryer.
- 18 September – Jada Pinkett Smith, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 29 September – Anthony Bishop, Suid-Afrikaanse akteur († 2019).
- 25 Desember – Justin Trudeau, Kanadese politikus en eerste minister.
- 20 Oktober – Snoop Dogg, Amerikaanse akteur en kletsrymer.
- 20 Oktober – Dannii Minogue, Australiese aktrise en sangeres.
- 20 Oktober – Nico Smit, Afrikaanse wetenskapfiksieskrywer en staatsouditeur.
- 25 Oktober – Craig Robinson, Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger.
- 29 Oktober – Ma Huateng, Chinese entrepreneur en stigter van Tencent.
- 30 Desember – Peter Buwalda, Nederlandse skrywer en rubriekskrywer.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 10 Januarie – Coco Chanel, Franse mode-ontwerper (* 1883).
- 12 Februarie – Karl J. Jooste, Suid-Afrikaanse argitek (* 1925).
- 8 Maart – Harold Lloyd, Amerikaanse akteur (* 1893).
- 11 Maart – Philo Farnsworth, Amerikaanse uitvinder en televisiepionier (* 1906).
- 20 Maart – Jan Greshoff, Nederlandse digter (* 1888).
- 6 April – Igor Strawinski, Russies-Frans-Amerikaanse komponis, pianis en dirigent (* 1882).
- 21 Mei – Dennis King, Engelse rolprentakteur (* 1897).
- 13 Junie – Charles Stallard, leier van die Dominiumparty (* 1871).
- 3 Julie – Jim Morrison, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, digter en akteur (The Doors en Rick & The Ravens) (* 1943).
- 6 Julie – Louis Armstrong, Amerikaanse jazztrompetspeler en sanger (* 1901).
- 30 Augustus – T.J. Haarhoff, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1892).
- 11 September – Nikita Chroesjtsjof, Russiese politikus en Partyleier (* 1894).
- 13 September – Lin Biao, Chinese maarskalk en politikus (* 1907).
- 12 Oktober – Fritz Achterberg, Duitse toneelspeler (* 1880).
- 10 November – Martiens Bekker, Springbokrugbyspeler (* 1930).
- 16 November – Edie Sedgwick, Amerikaanse aktrise (* 1943).
- 30 Desember – Albertus van Rhyn, Suid-Afrikaanse onderwysman, koerantredakteur, politikus en ambassadeur (* 1890).