7 Julie
datum
<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
7 Julie is die 188ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (189ste in skrikkeljare). Daar volg nog 177 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1136 – Pous Innocentius publiseer die bul Ex commisso nobis. Die dokument bevat die eerste verwysing na die Poolse taal.
- 1148 – Pous Eugenius III hou ’n sinode in Cremona.
- 1294 – Pous Celestinus V volg Pous Nicolaas IV op.
- 1438 – Koning Karel VII van Frankryk beperk die regte van die pous oor sy gebied (Die pragmatiese sanksies van Bourges).
- 1456 – Johanna van Arkel word onskuldig bevind deur Pous Callixtus III meer as 20 jaar na haar dood op die brandstapel.
- 1745 – Pous Benedictus XIV verklaar Pacificus van Ceredano salig.
- 1770 – Slag van Çesme: Die Russiese Vloot verslaan die Ottomaanse Vloot.
- 1807 – Verdrag van Tilsit geteken tussen Frankryk en Rusland.
- 1846 – Kommodoor John Drake Sloat beset Monterey en Yerba Buena, en begin daarmee die VSA se anneksering van Kalifornië tydens die oorlog met Meksiko.
- 1898 – Die Verenigde State annekseer Hawaii.
- 1912 – Rudolph Lewis wen Suid-Afrika se eerste fietsry goue medalje tydens die Olimpiese Somerspele 1912 in Stockholm.
- 1935 – Albino Luciani (later Pous Johannes Paulus I) word priester.
- 1937 – Die Marco Polo-brugvoorval lui die begin van die Tweede Chinees-Japannese Oorlog in.
- 1946 – Moeder Frances Xavier Cabrini word die eerste Amerikaner wat heilig verklaar word deur die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1969 – Frans word gelyk gestel met Engels in die hele Kanadese nasionale regering.
- 1978 – Die Salomonseilande word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1985 – Boris Becker, die eerste Duitser en op 17 die jongste speler ooit, word die mansenkelspeltenniskampioen op Wimbledon, deur Suid-Afrika se Kevin Curren in vier stelle te klop.
- 2000 – Kenia, Tanzanië en Uganda (her)stig die Oos-Afrikaanse Gemeenskap.
Geboortes
wysig- 1811 – Jan Theodoor van Rijswijck, Vlaamse skrywer († 1849).
- 1815 – Théodore Hersart de la Villemarqué, Bretonse skrywer († 1895).
- 1860 – Gustav Mahler, Tsjeggies-Oostenrykse komponis en dirigent († 1911).
- 1887 – Marc Chagall, Franse kunstenaar († 1985).
- 1890 – Albertus van Rhyn, Suid-Afrikaanse onderwysman, koerantredakteur, politikus en ambassadeur († 1971).
- 1891 – Virginia Rappe, Amerikaanse aktrise († 1921).
- 1907 – Oom Frikkie Burgers, Suid-Afrikaanse vermaakkunstenaar, radio- en rolprentpersoonlikheid en orrelis. († 1967).
- 1940 – Ringo Starr, Britse musikant.
- 1949 – Shelley Duvall, Amerikaanse aktrise († 2024).
- 1974 – Sharon Laws, Britse professionele fietsryer († 2017).
- 1981 − Suzaan Heyns, Suid-Afrikaanse modeontwerper.
Sterftes
wysig- 574 – Pous Johannes III, die 61ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1304 – Pous Benedictus XI, die 194ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1240).
- 1307 – Koning Edward I van Engeland (* 1239).
- 1718 – Aleksei Petrowitsj, tsarewitsj van Rusland (* 1690).
- 1930 – Sir Arthur Conan Doyle, Britse skrywer (* 1859).
- 1967 – Vivien Leigh, Britse aktrise (* 1913).
- 1980 – Johannes Meintjes, Suid-Afrikaanse kunsskilder en skrywer (* 1923).
- 1983 – Herman Kahn, Amerikaanse futuris (* 1922).
- 1984 – Dame Flora Robson, Engelse aktrise (* 1902).
- 2006 – Syd Barrett, Engelse sanger, liedjieskrywer en musikant wat die rockgroep Pink Floyd in 1965 gestig het (* 1946).
- 2021 – Cameron Mackenzie, Suid-Afrikaanse politikus en parlementslid van die DA (* 1960).
- 2021 – Jovenel Moïse, president van Haïti (* 1968).
- 2021 – Carlos Reutemann, Argentynse Formule Eenrenjaer (* 1942).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysig- Feesdag van die salige Pous Benedictus XI in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 7 July. |