Skandinawiese kruis
Die Skandinawiese kruis is enigeen van verskeie vlae waarop die ontwerp van die Noordse of Skandinawiese kruis, ’n kruissimbool op ’n reghoekige veld waarvan die middel van die kruis na die vlagpaalkant geskuif is, voorkom.
Alle onafhanklike Noordse lande het in die moderne tyd sulke vlae aanvaar, en hoewel die Skandinawiese kruis so genoem is weens sy gebruik in die nasionale vlae van die Skandinawiese volke, word die term universeel deur vlagkundiges gebruik in verwysing na die vlae van die Noordse lande maar ook na ander vlae met soortgelyke ontwerpe.[1] Die skuinskruis staan ook bekend as die Kruis van Sint Filippus die Apostel, wat nie in Skandinawië nie, maar eerder in Griekeland, Frigië en Sirië gepredik het.
Die kruis stel die Christendom voor,[2][3][4] en die kenmerkende skuif van die middel na die vlagpaalkant is vroeg-modern en is op 11 Junie 1748 vir die eerste maal beskryf as die Deense burgerlike vaandel vir handelskepe, waar gespesifiseer is dat die skuif van die kruis na die vlagpaalkant soos volg moet wees: “die eerste twee velde moet vierkantig wees en die buitenste velde moet 6⁄4 van daardie lengte wees.” Die Deense ontwerp is aanvaar vir die vlae van Noorweë (burgerlike vaandel 1821) en Swede (1906) wat albei afgelei is van ’n algemene vaandel wat gedurende die Unie tussen Swede en Noorweë tussen 1818 en 1844 gebruik is, asook Ysland (1915) en Finland (1917); sommige onderafdelings van hierdie lande het dit ook as inspirasie vir hul vlae gebruik. Die vlag van Noorweë was die eerste vlag met die Skandinawiese kruis in drie kleure.
Alle Noordse vlae mag as gonfalon vertoon word.
Vlagformate
wysig-
Tweekleur Skandinawiese kruis
-
Driekleur Skandinawiese kruis
-
Tweekleur Swawelstert Skandinawiese kruis
-
Driekleur Swawelstert Skandinawiese kruis
Vlae van die Noordse lande
wysigLet wel dat sommige van hierdie vlae histories is. Let ook op dat vlagverhoudinge tussen die verskillende vlae kan wissel en soms selfs tussen verskillende weergawes van dieselfde vlag.
Die vlag van Groenland is die enigste nasionale vlag van ’n Noordse land of gebied sonder ’n Skandinawiese kruis. Toe Groenland selfregering verkry het, is die huidige vlag – met ’n grafiese ontwerp uniek aan Groenland – in Junie 1985 aanvaar deur veertien stemme daarvoor teen elf ter ondersteuning van ’n voorgestelde groen-en-wit Skandinawiese kruis.[5]
Denemarke
wysig-
Vlag van Denemarke sedert 1748
-
Staatsvlag van Denemarke (17de eeu)
-
Vlootvaandel van Denemarke (17de eeu). Let op die donkerder kraprød-kleur (1939).
-
Koninklike standaard van Denemarke
-
Standaard van Christian, kroonprins van Denemarke
-
Standard van die Regent van Denemarke
-
Standaard van die koningshuis; gebruik deur ander lede van die koninklike familie
-
Vlag van die Faroëreilande (1919)
Finland
wysig-
Vlag van Finland sedert 1918
-
Staatsvlag van Finland (1978)
-
Oorlogsvlag en vlootvaandel van Finland (1918)
-
Vlag van die President van Finland, met die Vryheidskruis in die skildhoek (1978)
-
Finse seiljagklubvaandel. Goedgekeurde klubembleem in die skildhoek (1919)
-
Vlag van Åland (1954)
Noorweë
wysig-
Vlag van Noorweë 1821 tot 1844 en sedert 1899
-
Vlootvaandel van Noorweë sedert 1905, burgerlike staatsvlag sedert 1899
-
Vorige vlag van Noorweë, 1814 tot 1821
-
Die algemene vlootvaandel en oorlogsvlag van Swede en Noorweë, 1815 tot 1844
-
Handelsvlag van Noorweë, 1844 tot 1898 met die uniewapen wat die unie met Swede verteenwoordig
-
Vlootvaandel en staatsvlag van Noorweë, 1844 tot 1905
Swede
wysig-
Vlag van Swede sedert 1906
-
Vlootvaandel van Swede
-
Koninklike standaard van Swede met die groter wapenskild soos gebruik deur die koning van Swede
-
Koninklike standaard van Swede met die kleiner wapenskild (die koningshuis gebruik die groter wapenskild)
-
Vlag van Swede 1844–1905 wat die Unie tussen Swede en Noorweë verteenwoordig
Ysland
wysig-
Vlag van Ysland sedert 1944
-
Staatsvlag van Ysland
-
Vlag van die President van Ysland
-
Vlag van die Yslandse Doeanedirektoraat
Kalmarunie
wysigDie historiese vlag van die Kalmarunie wat Denemarke, Swede en Noorweë tussen 1397 en 1523 verenig het. Geen prentegeskiedenis van die vlag het behoue gebly nie. Die vlag wat vertoon word is ’n rekonstruksie gebaseer op verwysings in briewe van 1430 deur Erik van Pommere.
Nieamptelike Noordse vlae
wysigHierdie vlae het òf nie amptelike status nie òf dit verteenwoordig privaat entiteite. Dit is nie amptelik aanvaar nie en die gebruik daarvan bly beperk.
-
Nieamptelike vlag van die Deense provinsie Bornholm (1970’s)
-
Nieamptelike vlag wat die Sweedssprekende minderheid in Finland verteenwoordig. Moet saam met die Finse nasionale vlag vertoon word (1902)
-
Vlag van die Noorse fascistiese party, Nasjonal Samling, 1933–1945
-
Nieamptelike vlag van die Finssprekende minderheid in Swede
-
Nieamptelike vlag van die Deense distrik Vendsyssel
-
Nieamptelike vlag van Norrland, die noordelikste landsdeel van Swede
-
Vlag van Ladonia, ’n mikrovolk in Suid-Swede
-
Vlag van Gotland, die nieamptelike vlag van die Sweedse eiland Gotland
-
Vlag van die Sweedse provinsie Hälsingland
-
Nieamptelike vlag van die Sweedse provinsie Härjedalen
Vlae buite die Skandinawiese lande
wysigArmenië
wysig-
Vlag van Ejmiatsin
Duitse Orde
wysig-
Vlag van die Staat van die Duitse Orde 1230 tot 1525
Estland
wysig-
Vlag van Pärnu
-
Vlag van Türi
-
Vlag van Setomaa
-
Voorstel vir die vlag van Estland
Letland
wysig-
Vlag van Alūksne
-
Vlag van Grobiņa-munisipaliteit
-
Vlag van Cēsis
-
Vlag van Ventspils
-
Vlag van Ventspils-munisipaliteit
-
Voorstel vir die vlag van Letland
Litaue
wysig-
Voorstel vir die vlag van Litaue
Duitsland
wysigOntwerpe met die Skandinawiese kruis, soortgelyk aan dié van Denemarke, Swede en Noorweë se vlae is in 1919 (na WOI) en 1948 (na WOII) voorgestel as nasionale vlag vir Duitsland. Die Skandinawiese kruis kom vandag voor in sommige stads- en distriksvlae of wapenskilde.
-
Duitse Ridders en hul staat
-
Burgerlike vlag van Oldenburg[8]
-
Vorige Noord-Duitse Federale Vlootvaandel (1867–71), Reichskriegsflagge
-
Vorige oorlogsvaandel van Nazi-Duitsland (1938–1945), nou onwettig in Duitsland
-
Vlag van die Protektoraat Saarland
-
Vlag voorgestel deur die samesweerders van die komplot van 20 Julie teen Hitler; word deesdae in ’n regsgesinde konteks gebruik.[9]
-
Voorgestelde vlag vir Wes-Duitsland (1948)
Frankryk
wysigGeorgië
wysig-
Vlag van Tbilisi
-
Vlag van die Georgies-Ortodokse en Apostoliese Kerk
Nederland
wysig-
Vlag van Aldtsjerk
-
Vlag van Bedum
-
Vlag van Hof van Twente
-
Vlag van Koewacht
-
Vlag van Rosmalen
-
Vlag van Skarsterlân
-
Vlag van Tilburg
-
Vlag van Utrechtse Heuvelrug
-
Vlag van Wierden
-
Vlag van Wouw
Brasilië
wysig-
Vlag van Areias, São Paulo
-
Vlag van Borborema, São Paulo
-
Vlag van Carmo do Paranaíba, Minas Gerais
-
Vlag van Chapadinha, Maranhão
-
Colorado, Rio Grande do Sul
-
Vlag van Domingos Martins, Espírito Santo
-
Vlag van Escada, Pernambuco
-
Vlag van Frei Martinho, Paraíba
-
Vlag van Grão Pará, Santa Catarina
-
Vlag van Guaíra, São Paulo
-
Vlag van Itu, São Paulo
-
Vlag van Lagoa Formosa, Minas Gerais
-
Vlag van Nova Prata, Rio Grande do Sul
-
Vlag van Peritiba, Santa Catarina
-
Vlag van Pirapora do Bom Jesus, São Paulo
-
Vlag van Santo Antônio do Pinhal, São Paulo
-
Vlag van Santo Cristo, Rio Grande do Sul
Oekraïne
wysig-
Vlag van Wolhin-oblast
-
Vlag van Zjytomyr
-
Vorige vlag van Bershad-rajon
-
Vlag van Kirowske
Verenigde Koninkryk
wysig’n Aantal vlae vir plekke in die Verenigde Koninkryk (hoofsaaklik Skotland) is gebaseer op die Skandinawiese kruis en is bedoel om die Skandinawiese erfenis wat gedurende die Wikingtydperk en deur die Hoë Middeleeue na die Britse Eilande gebring is.
-
Vlag van Shetland (2005)
-
Vlag van Orkney (2007)
-
Vlag van Caithness (2016)
-
Vlag van Wes-Riding van Yorkshire (2013)
-
Sint Magnus-kruis, vorige nieamptelike vlag van Orkney (1990’s)
-
Eiland Barra (erken in 2017)[11]
-
Vlag van Sutherland (erken in 2018)[12]
-
Vlag van die eiland Skye (2020)
Verenigde State
wysig-
Vlag van Bayamón, Puerto Rico
-
Vlag van Little Rock, Arkansas
-
Vlag van Staunton, Virginië
-
Vlag van die Puerto Ricaanse Onafhanklikheidsparty
-
Vlag van Wilmington, Delaware
-
Vlag van die Episkopaalse Kerk
-
Vlag van Portland, Oregon
-
Vlag van Nieu-Milford, Connecticut
-
Vorige vlag van Tallahassee, Florida (1916–c.1920’s)
Ander
wysig-
Vlag van Andalucía, Colombia
-
Voorgestelde Belarus, 1992
-
Vlag van die Georgies-Ortodokse en Apostoliese Kerk
-
Koninklike standaard van Griekeland (1863). Nota: George I was ook ’n prins van Denemarke.
-
Vlag van Hernandarias, Paraguay
-
Vlag van Mizoram, Indië
-
Vlag van Stawropol-krai, Rusland
-
Vlootvaandel van Suid-Afrika, 1952 tot 1981
-
Vlootvaandel van Tonga
-
Alternatiewe vlag van Tudela, Navarre, Spanje
-
Ladonia (mikrovolk); let op dat die wit lyne nie op die vlag self sigbaar is nie, tog word dit as Skandinawiese kruis geag omdat dit ’n opgekookte Sweedse vlag verteenwoordig
-
Nieamptelike vlag van die Republiek Komi, gebruik deur aktiviste
-
Vlag van Amambay, Paraguay
-
Vlag van die Prinsdom Snake Hill (mikrovolk)
Etniese vlae
wysig-
Vlag van die Wepse sedert 1992, ontwerp deur Vitaly Dobrynin. In 2000–2005 gebruik as die amptelike vlag van die Wese outonome streek in Oos-Karelië
-
Voormalige amptelike vlag van Oos-Karelië, ontwerp deur Akseli Gallen-Kallela
-
Voorgestelde vlag van Groter-Friesland (2006)[17]
-
Vlag van die Mi'kmaqvolk, Kanada (horisontale weergawe)
-
Falaisekruis (Croix de Falaise); Falaise in Normandië was die geboorteplek van Willem die Veroweraar
-
Vlag van Setos
-
Die “Vinlandvlag”, gebruik deur die musiekgroep Type O Negative en soortgelyk aan die een wat deur die Prinsdom Noordwoude gebruik word
Sportverenigings
wysig-
Vlag van Idrottsföreningen Kamraterna (Swede)
Fiktief
wysig-
Vlag van Latveria, ’n fiktiewe volk in die Marvel prenteboekwêreld
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) EnchantedLearning.com
(de) Historiese vlae van die wêreld: Die Skandinawiese kruis; Eric Inglefield: "Fahnen und Flaggen" (in Duits vertaal deur Dagmar Hahn), Delphin Verlag, München 1986, bl. 16 - ↑ (en) Jeroen Temperman. State Religion Relationships and Human Rights Law: Towards a Right to Religiously Neutral Governance. Martinus Nijhoff Publishers. p. 88. Besoek op 31 Desember 2007.
Talle oorwegend Christelike state vertoon 'n kruis op hul nasionale vlag as verteenwoordigend van die Christendom. Skandinawiese of noordse kruise op die vlae van die Noordse lande – Denemarke, Finland, Ysland, Noorweë en Swede – verteenwoordig ook die Christendom
- ↑ (en) Carol A. Foley. The Australian Flag: Colonial Relic or Contemporary Icon. William Gaunt & Sons. Besoek op 31 Desember 2007.
Die Christelike kruis is byvoorbeeld een van die algemeen gebruikte simbole ter wêreld en talle Europese lande, soos die Verenigde Koninkryk, Noorweë, Swede, Finland, Denemarke, Ysland, Griekeland en Switserland het die Christelike kruis aanvaar en behou op nul nasionale vlae
- ↑ (en) Andrew Evans. Iceland. Bradt. Besoek op 31 Desember 2007.
Volgens oorlewering het 'n rooi doek met 'n wit kruis uit die lug geval ten tyde van die 13de eeuse Waldemarslag, waarna die Dene die oorwinning geniet het. As kenteken van goddelike reg het Denemarke sy kruis in die ander Skandinawiese lande waar hy regeer het, vertoon en soos elke volk onafhanklikheid verkry het, het hulle ook die Christelike simbool geïnkorporeer
- ↑ (da) "Nu vajer det grønlandske flag over Danmark". Besoek op 24 Junie 2016.
- ↑ (da) "Kunstavisen på internettet – Artikler". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2008.
- ↑ In 1844 het pro-Duitse nasionaliste in die hertogdomme Holstein en Schleswig ’n blou-wit-rooi driekleur geskep as ’n simbool vir onafhanklikheid wat wydverspreide gebruik geniet het. In 1845 het Denemarke gereageer deur alle ander vlae buiten die Deense een hier uitgebeeld, te verbied. Hierdie verbod is toegepas so lank as wat Denemarke die drie hertogdomme (Holstein en Lauenburg: effektief tot 1863, Schleswig: effektief tot 1864) beheer het. Gebruik van die Deense vlag is weer verbied deur die afgeskeide regering wat die drie hertogdomme tussen 1848 en 1851 opgeëis het.
- ↑ (en) "Groothertogdom Oldenburg 1815–1918 (Nedersakse, Duitsland)". Flagspot.net. Besoek op 28 Desember 2017.
- ↑ (de) "Pegida und das Symbol der Hitler-Attentäter". Süddeutsche Zeitung. 3 Augustus 2015. Besoek op 20 Julie 2020.
- ↑ (en) "Suid-Uist-vlag". Hebrides-news.com. Besoek op 28 Desember 2017.
- ↑ (en) "Eiland Barra se vlag amptelik erken". BBC News. Besoek op 26 Mei 2018.
- ↑ (en) "Nuwe vlag verteenwoordig area se Wiking-verlede". Scotsman. Besoek op 18 Desember 2018.
- ↑ (ru) Пюккенен, А. Ю.; Сыров, А. А. (2002). Что такое Ингерманландия? Краткое введение в историю ингерманландских финнов [Wat is Ingermansland? ’n Kort inleiding tot die geskiedenis van die Ingermanlandsfinne]. Sint Petersburg.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link) - ↑ (ru) Пюккенен, А. Ю. (30 Mei 2011). "Геральдика Невского края" [Neva-streek heraldiek]. Санкт-Петербургские ведомости. Saint Petersburg: АО Издательский дом «С.-Петербургские ведомости».
- ↑ (sv) "Hur ser Svenskfinland ut om 100 år?" (PDF). Medborgarbladet. Helsinki: Svenska folkpartiet RP. 61 (4): 20. Desember 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 Julie 2011. Besoek op 6 Junie 2008.
- ↑ (en) Engene, Jan Oskar (10 Maart 1996). "Sweedssprekende bevolking in Finland". Flags of the World. Besoek op 6 Junie 2008.
- ↑ (en) "Interfrisian flag". Groep fan Auwerk. Besoek op 1 Desember 2015.
Bibliografie
wysig- (en) Alfred Znamierowski (2002). The world encyclopedia of flags : The definitive guide to international flags, banners, standards and ensigns. Londen: Hermes House. pp. 103 en 134. ISBN 1-84309-042-2.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Skandinawiese kruis.
- (en) Uitgebreide versameling van amptelike en nieamptelike skandinawiesekruisvlae (by Flags of the World).