Friesland (Wes-Fries en amptelike naam: Fryslân)[2] is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die noorde geleë.

Fryslân

Friesland
Provinsie
Vlag van Fryslân
Vlag
Wapen van Fryslân
Wapen
Ligging van die provinsie Friesland in Nederland
Ligging van die provinsie Friesland in Nederland
Kaart van die provinsie Friesland
Kaart van die provinsie Friesland
Koördinate: 53°8′N 5°49′O / 53.133°N 5.817°O / 53.133; 5.817
LandVlag van Nederland Nederland
HoofstadLeeuwarden (Ljouwert)
Grootste stadLeeuwarden (Ljouwert)
Regering
 • KommissarisArno Brok (VVD)
Oppervlak
 • Totaal5 753 km2 (2 221 vk. myl)
 • Land3 340 km2 (1 290 vk. myl)
 • Water2 413 km2 (932 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal659 551
 • Digtheid197/km2 (510/vk. myl)
 1 Januarie 2023
TydsoneUTC+01:00 (MET)
 • SomertydUTC+02:00 (MEST)
Webwerfwww.fryslan.frl
Uitsig op Hommerts

Die provinsie het 'n bevolking van sowat 660 000 in 2023 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 5 753 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 197 inwoners per km² land. Die hoofstad en grootste stad is Leeuwarden (Ljouwert in Wes-Fries).

Alle bewoonde Wes-Friese eilande, met uitsondering van Texel, val administratief onder die provinsie. Sy ligging tussen die Ysselmeer in die weste en die provinsie Groningen in die ooste maak van Friesland die tweede mees noordelike provinsie van Nederland. Dit is die enigste provinsie wat naas Nederlands 'n tweede ampstaal het - Wes-Fries wat, ondanks sy noue verwantskap met Nederlands, as 'n selfstandige taal erken word. Die meeste sprekers van Wes-Fries is egter ook Nederlands magtig.

Landbou en toerisme op die mere en eilande in die Waddesee is belangrike bronne van inkomste. Die provinsie is ook bekend vir sy ysskaatsers en die Elfstedentocht, 'n ysskaats-resies van 200 kilometer wat na die historiese elf stede van Friesland vernoem is.

Munisipaliteite

wysig

Friesland (Fryslân) bestaan sedert 2019 uit 18 munisipaliteite:

Munisipaliteite Friese naam Inwoners
(2023)
Opmerkinge
Achtkarspelen Achtkarspelen 28 000
Ameland It Amelân 3 800 eiland
Dantumadeel Dantumadiel ¹ 19 000
De Friese Meren De Fryske Marren ¹ 52 000
Harlingen Harns 16 000
Heerenveen It Hearrenfean 52 000
Leeuwarden Ljouwert 127 000
Noordoost-Friesland Noardeast-Fryslân ¹ 46 000
Ooststellingwerf Eaststellingwerf 26 000
Opsterland Opsterlân 30 000
Schiermonnikoog Skiermûntseach 980 eiland
Smallingerland Smellingerlân 56 000
Terschelling Skylge 4 900 eiland
Tietjerksteradeel Tytsjerksteradiel ¹ 32 000
Vlieland Flylân 1 300 eiland
Wadhoek Waadhoeke ¹ 47 000
Weststellingwerf Weststellingwerf 27 000
Zuidwest-Friesland Súdwest-Fryslân ¹ 91 000

¹ Friese naam is amptelike naam

Verwsyings

wysig
  1. 1,0 1,1 Statistieken provincie Friesland, AlleCijfers
  2. Die amptelike naam van die provinsie is volgens 'n besluit van die Nederlandse Departement van Binnelandse Sake, wat in November 2004 geneem is.

Eksterne skakels

wysig