Olimpiese Somerspele 1960
Spele van die XVIIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1960 (Italiaans: Giochi della XVII Olimpiade), amptelik bekend as die Spele van die XVIIde Olimpiade, is tussen 25 Augustus en 11 September 1960 in Rome, Italië, aangebied. Rome is gekies bo Lausanne, Detroit, Boedapest, Brussel, Meksikostad en Tokio. Rome was al in 1908 aangewys om Spele te organiseer. Vanweë die uitbarsting van die Vesuvius het Rome toe die eer aan Londen afgestaan, wat toe die Spele van 1908 georganiseer het.
Die Italiaanse staat en die Italiaanse Olimpiese Komitee het finansieel vir hierdie Spele geborg. Daar word inderdaad geen koste of moeite gespaar nie: Aan die voet van Monte Mario is 'n marmerstadion met 80 000 sitplekke gebou. Nie ver daarvandaan is die swembad uitgelê. Verder probeer die organisasie om die antieke geboue so veel as moontlik by die Spele te betrek. Gimnastiek in die Terme van Caracalla plaasgevind, die stoei in die Basilika van Maxentius en die maraton het aan die voet van die Kapitolyn begin en onder die Triomfboog van Konstantin geëindig.
Die Olimpiese Winterspele 1960 is in Squaw Valley, Verenigde State, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1960 is tussen 18 en 25 September in Rome gehou.
Toewysing
wysigRome is op 15 Junie 1955 in Parys deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1960. Ander kandidate was: Lausanne, Detroit, Boedapest, Brussel, Meksikostad en Tokio. Tokio sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Somerspele 1964 en Meksikostad vir die daaropvolgende Olimpiese Somerspele 1968 word.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1960[4] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 3 | ||
Rome | Italië | 15 | 26 | 35 | ||
Lausanne | Switserland | 14 | 21 | 24 | ||
Detroit | Verenigde State | 6 | 11 | — | ||
Boedapest | Hongarye | 8 | 1 | — | ||
Brussel | België | 6 | — | — | ||
Meksikostad | Meksiko | 6 | — | — | ||
Tokio | Japan | 4 | — | — |
Sporte
wysig17 Olimpiese sportsoorte in 150 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 152 goue medaljes oorhandig.
- Atletiek (34)
- Basketbal (1)
- Boks (10)
- Fietsry
- Baan (4)
- Pad (2)
- Gewigoptel (7)
- Gimnastiek (14)
- Kanovaart (7)
- Moderne vyfkamp (2)
- Roei (7)
- Ruitersport
- Dressuur (1)
- Driefasekompetisie (2)
- Spring (2)
- Seilvaart (5)
- Skermsport (8)
- Skyfskiet (6)
- Sokker (1)
- Stoei
- Grieks-Romeins (8)
- Vrystyl (8)
- Veldhokkie (1)
- Watersport
Stadions
wysig34 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1960 gebruik:
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Acqua Santa Gholfklubkursus | Moderne vyfkamp (hardloop) | Nie gelys nie |
Basilika van Maxentius | Stoei | 5 402 |
Baddens van Caracalla | Gimnastiek | 5 402 |
Boog van Konstantyn | Atletiek (maraton – eindstreep) | 14 400 |
Campo Tre Fontane | Veldhokkie | 5 000 |
Cesano Infanterie Skietbaan | Skyfskiet (300 m vrye geweer) | Nie gelys nie |
Stadio Artemio Franchi (Florence) | Sokker | 57 020 |
Stadio Olimpico Carlo Zecchini (Grosseto) | Sokker | 17 970 |
Golf van Napels | Seilvaart | Nie gelys nie |
Stadio Tommaso Fattori (L'Aquila) | Sokker | 8 900 |
Albanomeer | Kanovaart, Roei | 8 900 |
Lazio Pigeon Skietbaan | Skyfskiet (haelgeweer-lokval) | 2 000 |
Livorno Ardenza-stadion | Sokker | 25 000 |
Stadio San Paolo (Napels) | Sokker | 90 000 |
Olimpiese Velodrome | Fietsry (baan), Veldhokkie | 17 856 |
Palazzo dei Congressi | Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport) | Nie gelys nie |
Palazzo dello Sport | Basketbal, Boks | 13 839 |
Palazzetto dello sport | Basketbal, Gewigoptel | Nie gelys nie |
Passo Corese | Moderne vyfkamp (perdry) | Nie gelys nie |
Stadio Adriatico (Pescara) | Sokker | 21 000 |
Piazza di Siena | Ruitersport (dressuur, driegangkampioenskap/spring, individuele spring) | 15 000 |
Piscina delle Rose | Waterpolo | 1 850 |
Pratoni del Vivaro | Ruitersport (driegangkampioenskap) | Nie gelys nie |
Raccordo Anulare | Atletiek (maraton) | Nie gelys nie |
Stadio dei Marmi | Veldhokkie | 15 000 |
Stadio Flaminio | Sokker (eindstryd) | 46 873 |
Stadio Olimpico | Atletiek | 75 513 |
Stadio Olimpico del Nuoto | Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo | 20 000 |
Umberto I Skietbaan | Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet (pistool, geweer) | Nie gelys nie |
Appiese Weg | Atletiek (maraton) | Nie gelys nie |
Via Cassia | Fietsry (individuele padwedloop) | Nie gelys nie |
Via Flaminia | Fietsry (individuele padwedloop) | Nie gelys nie |
Via Cristoforo Colombo | Atletiek (maraton), Fietsry (padspan-tydtoets) | 19 200 |
Via di Grottarossa | Fietsry (individuele padwedloop) | 41 800 |
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Augustus / September | 25 Do |
26 Vr |
27 Sa |
28 So |
29 Ma |
30 Di |
31 Wo |
1 Do |
2 Vr |
3 Sa |
4 So |
5 Ma |
6 Di |
7 Wo |
8 Do |
9 Vr |
10 Sa |
11 So |
Wedstryde |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | SS | |||||||||||||||||
Atletiek | 2 | 4 | 7 | 3 | 3 | 4 | 4 | 6 | 1 | 34 | |||||||||
Basketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||||||
Boks | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 10 | 10 | ||||||||
Fietsry | 2 | 1 | 2 | 1 | 6 | ||||||||||||||
Gewigoptel | 2 | 2 | 2 | 1 | 7 | ||||||||||||||
Gimnastiek | ● | ● | ● | 2 | 5 | 7 | 14 | ||||||||||||
Kanovaart | ● | ● | 7 | 7 | |||||||||||||||
Moderne vyfkamp | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | 2 | ||||||||||||
Roei | ● | ● | ● | ● | 7 | 7 | |||||||||||||
Ruitersport | ● | 1 | 1 | ● | ● | 2 | 1 | 5 | |||||||||||
Seilvaart | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 5 | 5 | |||||||||||
Sierduik | ● | 1 | 1 | 1 | ● | ● | 1 | 4 | |||||||||||
Skermsport | ● | 1 | ● | 1 | 1 | 1 | ● | 1 | ● | 1 | 1 | 1 | 8 | ||||||
Skyfskiet | ● | 1 | 1 | ● | 1 | 2 | 1 | 6 | |||||||||||
Sokker | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | |||||||||||
Stoei | ● | ● | ● | ● | 8 | ● | ● | ● | ● | 8 | 16 | ||||||||
Swem | ● | 2 | 1 | 2 | 2 | 3 | 2 | 3 | 15 | ||||||||||
Veldhokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ● | ● | 1 | ||
Waterpolo | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | |||||||||
Totaal | 0 | 2 | 4 | 0 | 11 | 5 | 14 | 8 | 11 | 15 | 0 | 14 | 15 | 12 | 12 | 11 | 15 | 1 | 150 |
Kumulatief | 0 | 2 | 6 | 6 | 17 | 22 | 36 | 44 | 55 | 70 | 70 | 84 | 99 | 111 | 123 | 134 | 149 | 150 | |
Augustus / September | 25 Do |
26 Vr |
27 Sa |
28 So |
29 Ma |
30 Di |
31 Wo |
1 Do |
2 Vr |
3 Sa |
4 So |
5 Ma |
6 Di |
7 Wo |
8 Do |
9 Vr |
10 Sa |
11 So |
Wedstryde |
Deelnemende nasies
wysigHier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Die aantal atlete per land word in hakies aangedui:
- Afghanistan (13)
- Argentinië (101)
- Australië (209)
- Bahamas (17)
- België (108)
- Bermuda (9)
- Brasilië (72)
- Brits-Guyana (5)
- Brits-Wes-Indië (13)
- Bulgarye (116)
- Chili (9)
- Colombia (17)
- Denemarke (100)
- Duitsland (293)
- Ethiopië (12)
- Fidji (2)
- Filippyne (40)
- Finland (117)
- Frankryk (238)
- Ghana (13)
- Griekeland (48)
- Haïti (1)
- Hongarye (184)
- Hongkong (4)
- Ierland (49)
- Indië (45)
- Indonesië (22)
- Irak (21)
- Iran (23)
- Israel (23)
- Italië (280)
- Japan (162)
- Joego-Slawië (116)
- Kanada (86)
- Kenia (27)
- Kuba (12)
- Libanon (19)
- Liberië (4)
- Liechtenstein (5)
- Luxemburg (52)
- Maleisië (9)
- Malta (10)
- Marokko (47)
- Meksiko (69)
- Mianmar (10)
- Monaco (11)
- Nederland (110)
- Nederlands-Antille (5)
- Nieu-Seeland (37)
- Nigerië (12)
- Noorweë (40)
- Oostenryk (118)
- Pakistan (44)
- Panama (6)
- Peru (31)
- Pole (185)
- Portugal (65)
- Puerto Rico (27)
- Roemenië (98)
- San Marino (9)
- Sentraal-Afrikaanse Federasie (14)
- Singapoer (5)
- Republiek van China (27)
- Soedan (10)
- Sowjetunie (283)
- Spanje (144)
- Sri Lanka (5)
- Suid-Afrika (55)
- Suid-Korea (35)
- Swede (134)
- Switserland (149)
- Thailand (20)
- Tsjeggo-Slowakye (116)
- Tunisië (42)
- Turkye (49)
- Uganda (10)
- Uruguay (34)
- Venezuela (36)
- Verenigde Arabiese Republiek (74)
- Verenigde Koninkryk (253)
- Verenigde State (292)
- Viëtnam (3)
- Ysland (9)
Suid-Afrikaanse deelname
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Suid-Afrika op die Olimpiese Spele.
Die Spele was die laaste waaraan Suid-Afrika deelgeneem het voor deelname geweier is as gevolg van die apartheidsbeleid. Die volgende spele waaraan Suid-Afrika sou deelneem is 32 jaar later in 1992.
Boks
wysigDaniel Wepener Bekker (swaargewig) wen 'n silwermedalje en William Meyers (veergewig) 'n bronsmedalje.
Atletiek
wysigMalcolm Spence wen 'n bronsmedalje in die 400 m wedloop.
Getal medaljes
wysigHier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Sowjetunie (URS) | 283 | 43 | 29 | 31 | 103 |
2 | Verenigde State (USA) | 292 | 34 | 21 | 16 | 71 |
3 | Italië (ITA) | 280 | 13 | 10 | 13 | 36 |
4 | Duitsland (GER) | 293 | 12 | 19 | 11 | 42 |
5 | Australië (AUS) | 209 | 8 | 8 | 6 | 22 |
6 | Turkye (TUR) | 49 | 7 | 2 | 0 | 9 |
7 | Hongarye (HUN) | 184 | 6 | 8 | 7 | 21 |
8 | Japan (JPN) | 162 | 4 | 7 | 7 | 18 |
9 | Pole (POL) | 185 | 4 | 6 | 11 | 21 |
10 | Tsjeggo-Slowakye (TCH) | 116 | 3 | 2 | 3 | 8 |
28 | Suid-Afrika (RSA) | 55 | 0 | 1 | 2 | 3 |
Sien ook
wysig- Olimpiese Winterspele 1944 in Cortina d'Ampezzo beplan, maar weens die Tweede Wêreldoorlog gestaak
- Olimpiese Winterspele 1956 in Cortina d'Ampezzo
- Olimpiese Winterspele 2006 in Turyn
- Olimpiese Winterspele 2026 in Cortina d'Ampezzo en Milaan
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
- ↑ (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 4 Maart 2018.
- ↑ (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
- ↑ (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
Verdere leesstof
wysig- (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
- (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
- (de) Volker Kluge (1998). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 2. London 1948 – Tokio 1964. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00740-7.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Somerspele 1960. |
- (en) Rome 1960 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1960 – Band een
- (en) Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1960 – Band twee
- (en) Olympics 1948 to 1960
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |