Handelinge
Die Handelinge van die Apostels (Grieks: Πράξεις Ἀποστόλων, Práxeis Apostólōn; Latyn: Actūs Apostolōrum), of soms slegs Handelinge, of meer formeel die Boek van Handelinge, is die 5de boek in die Nuwe Testament van die Bybel.
Die boek vertel hoe die verhoogde Here deur die uitstorting van die Heilige Gees sy volgelinge toegerus het om gehoorsaam te wees aan sy laaste opdrag. Die apostels het toe onbevrees in Jerusalem getuig van die opstanding van Jesus. Vervolgings deur die Joodse Raad loop daarop uit dat die evangelie verkondig word in die hele Judea en Samaria en verder noord tot in Antiogië. Hierin het Petrus, Jakobus, Johannes en Jakobus die broer van Jesus, maar veral ook Paulus 'n belangrike rol gespeel. Paulus se bydrae blyk veral uit sy sendingreise waardeur hy die kerk gevestig het in Klein-Asië, Griekeland en verder weswaarts.
Die verhaal sluit af met die vertelling van Paulus wat in Rome as gevangene gebind is, maar laat blyk dat die Woord en die Gees nie gebind kan word nie.
Oorsig van Handelinge
wysigHoofstuk 1
wysig- Die belofte van die Heilige Gees (1:1-8)
- Jesus se hemelvaart (1:9-11)
- Judas se opvolger (1:12-26)
Hoofstuk 2
wysig- Die uitstorting van die Heilige Gees (2:1-13)
- Petrus se toespraak op pinksterdag (2:14-36)
- Die eerste bekeerders (2:37-42)
- Die eerste gemeente (2:43-47)
Hoofstuk 3
wysig- Die genesing van die verlamde man (3:1-10)
- Petrus se toespraak in die Pilaargang van Salomo (3:11-26)
Hoofstuk 4
wysig- Petrus en Johannes voor die Joodse Raad (4:1-22)
- Die gebed van die gelowiges (4:23-31)
- Onderlinge mededeelsaamheid (4:32-26)
Hoofstuk 5
wysig- Ananias en Saffira (5:1-11)
- Baie tekens en wonders (5:12-16)
- Die vervolging van die apostels (5:17-42)
Hoofstuk 6
wysig- Sewe diakens word gekies (6:1-7)
- Stefanus word gevange geneem (6:8-15)
Hoofstuk 7
wysig- Stefanus se toespraak (7:1-53)
- Stefanus word gestenig (7:54-60)
Hoofstuk 8
wysig- Saulus vervolg die kerk (8:1-3)
- Die evangelie in Samaria (8:4-25)
- Fillipus en die Etiopiër (8:26-40)
Hoofstuk 9
wysig- Saulus se bekering (9:1-19)
- Saulus preek in Damaskus (9:20-25)
- Saulus in Jerusalem (9:26-31)
- Die genesing van Eneas (9:32-35)
- Die opwekking van Tabita (9:36-43)
Hoofstuk 10
wysig- Petrus en Kornelius (10:1-33)
- Petrus se toespraak by Kornelius (10:34-43)
- Mense wat nie Jode is nie, ontvang die Heilige Gees (10:44-48)
Hoofstuk 11
wysig- Petrus verantwoord hom voor die gemeente in Jerusalem (11:1-18)
- Die gemeente in Antiogië (11:19-30)
- Gelowiges die eerste keer Christene genoem
Hoofstuk 12
wysig- Jakobus word doodgemaak en Petrus gevange geneem (12:1-5)
- Petrus word uit die tronk bevry (12:6-19)
- Herodes se dood (12:20-25)
- Herodes Agrippa I kleinseun van Herodes die Grote
Hoofstuk 13
wysig- Eerste sendigreis: Barnabas en Saulus word uitgestuur (13:1-3)
- Barnabas en Saulus preek op Siprus (13:4-12)
- Paulus en Barnabas in Antiogië in Psidië (13:13-51)
Hoofstuk 14
wysig- Paulus en Barnabas in Ikonium (14:1-7)
- Paulus en Barnabas in Listra (14:8-20)
- Paulus en Barnabas keer na Antiogië in Sirië terug (14:21-28)
Hoofstuk 15
wysig- Die vergadering in Jerusalem (15:1-21)
- Die besluit van die vergadering (15:22-35)
- Tweede sendingsreis: Paulus en Barnabas skei van mekaar (15:36-41)
Hoofstuk 16
wysig- Timoteus sluit by Paulus aan (16:1-5)
- Die gesig in Troas (16:6-10)
- Lidia se bekering (16:11-15)
- In die tronk in Filippi (16:16-40)
Hoofstuk 17
wysig- Die oproer in Tessalonika (17:1-9)
- Paulus en Silas in Berea (17:10-15)
- Paulus in Atene (17:16-34)
Hoofstuk 18
wysig- Paulus in Korinte (18:1-17)
- Paulus kom terug na Antiogië toe (18:18-23)
- Derde sendingsreis (18:23)
- Apollos preek in Efese (18:24-28)
Hoofstuk 19
wysigHoofstuk 20
wysig- Paulus gaan na Masedonië en Griekeland toe (20:1-6)
- Paulus in Troas (20:7-12)
- Die reis van Troas na Milete (20:13-16)
- Paulus spreek die ouderlinge van Efese toe (20:17-38)
Hoofstuk 21
wysig- Paulus reis Jerusalem toe (21:1-16)
- Paulus besoek vir Jakobus (21:17-26)
- Paulus word by die tempel gevange geneem (21:27-36)
- Paulus verdedig homself (21:37-40)
Hoofstuk 22
wysigHoofstuk 23
wysig- Paulus voor die Joodse Raad (23:1-11)
- Die komplot teen Paulus (23:12-22)
- Paulus word na Feliks toe gestuur (23:23-35)
Hoofstuk 24
wysigHoofstuk 25
wysigHoofstuk 26
wysig- Paulus verdedig hom voor Agrippa (26:1-32)
Hoofstuk 27
wysigHoofstuk 28
wysigBron
wysig- Die Bybel: Nuwe vertaling (Bybelgenootskap van Suid-Afrika)
Eksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Handelinge.