Gaan na inhoud

Irak

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek Irak
جمهورية العـراق
Jumhūriīyet al-ʿIrāq (Arabies)
کۆماری عێراق
Komarî Êraq (Koerdies)
Vlag van Irak Wapen van Irak
Vlag Wapen
Volkslied: موطني
Mawtini
(Arabies vir: "My vaderland")
Ligging van Irak
Hoofstad Bagdad

33°20′N 44°23′O / 33.333°N 44.383°O / 33.333; 44.383

Grootste stad Bagdad
Amptelike tale Arabies en Koerdies[1]
Regering Federale parlementêre
grondwetlike republiek
Latif Rashid
Mohammed Shia' Al Sudani
Onafhanklikheid
• Koninkryk
• Republiek
• Huidige grondwet
van die Verenigde Koninkryk
3 Oktober 1932
14 Julie 1958
15 Oktober 2005
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
438 317 km2  (58ste)
169 235 myl2
4,62 (2015)[2]
Bevolking
 - 2022-skatting
 - Digtheid
 
40 462 701[3] (36ste)
82,7 / km2 (125ste)
214,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$524,210 miljard[4] (48ste)
$12 408[4] (114de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$282,876 miljard[4] (47ste)
$6 696[4] (111de)

MOI (2021) 0,686[5] (121ste)  –  medium
Gini (2012) 29,5[6] –  medium
Geldeenheid Dinar (IQD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .iq
Skakelkode +964

Irak (Arabies: العراق, al-‘Irāq; Koerdies: عێراق, Eraq), amptelik die Republiek Irak (Arabies: جُمُهورية العِراق;, Jumhūrīyyat al-‘Irāq, ; Koerdies: کۆماری عێراق, Komari Eraq), is 'n land in die Midde-Ooste en Suidwes-Asië. Irak grens aan Turkye in die noorde, Iran in die ooste, Koeweit in die suidooste, Saoedi-Arabië in die suidweste, en beide Sirië en Jordanië in die weste. Irak het ook 'n baie nou kuslyn aan die Persiese Golf wat strek tussen Iran in die ooste en Koeweit in die suide.

Nasa-Satellietbeeld van Irak
Kaart van Irak
Topografiese kaart van Irak

Irak, vroeër bekend as Mesopotamië, het 'n bloeddorstige geskiedenis met gewelddadige oorloë teen Persië (nou Iran) en die Ottomaanse Ryk (nou Turkye). Irak, onder die bewind van die voormalige president Saddam Hoesein, was ook betrokke in drie van die grootste oorloë in die laaste helfte van die 20ste eeu, die Iran-Irakse Oorlog (1980–1988), die Golfoorlog (1991) en die Irakse Oorlog (2003), onderskeidelik ook as die Eerste, die Tweede en die Derde Golfoorlog bekend.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Irak lê in die gebied wat voorheen deel was van Mesopotamië ("Land van Twee Riviere", uit Grieks, weens sy ligging tussen die Eufraat- en Tigrisriviere), ook bekend as die wieg van die beskawing. Omstreeks 4 000 v.C. het die Sumeriese kultuur hier ontstaan en is die eerste skrif, die spykerskrif, ontwerp.

In 2340 v.C. het die Akkadiese militêre leier Sargon die gebied verower.

Onlangs

[wysig | wysig bron]

Irak het Koeweit op 2 Augustus 1990 eensydig ingeval en dit het gelei tot Operasie "Desert Storm" op 17 Januarie 1991 toe die Verenigde State en 28 ander lande Irak aangeval het met die seën van Verenigde Nasies-resolusie 678. Ongeveer 140 miljoen ton ammunisie is gebruik teen Irak, gelyk aan 7 Hirosjima-atoombomme. 'n Skietstaking is op 28 Februarie 1991 deur die Verenigde State aangekondig. Opstandigheid is deur die regering van Hoesein onderdruk.

Politiek

[wysig | wysig bron]

Saddam Hoesein se Ba'ath-party het die land van 1968 tot 2003 met 'n ystervuis regeer. Hoesein het in 1979 as president van Irak aan bewind gekom toe generaal Ahmed Bakr deur middel van 'n staatsgreep afgesit is. Onder Hoesein se outokratiese bewind het Irak drie oorloë gevoer, die Iran-Irakse Oorlog, die Golfoorlog en die Irakse Oorlog.

Onder die bewind van die Ba'ath-party is die Soenni-gemeenskappe deur Hoesein se regering bevorder omdat hy deel van dié gemeenskap was. Die Sjiiete en Koerde het baie swaar gekry onder die regering, wat duisende van hulle uitgemoor het, veral omdat hulle 'n beweerde bedreiging vir die Ba'ath-regering was. Die regering se gewelddadige beleide het selfs veroorsaak dat die Sjiiete en Koerde die pro-Sjiïtiese Iran in die oorlog ondersteun het.

Provinsies

[wysig | wysig bron]
Kaart van Irak se 18 provinsies

Irak bestaan uit 18 provinsies:

1. Bagdad
2. Salah ad Din
3. Diyala
4. Wasit
5. Maysan
6. Al Basrah
7. Dhi Qar
8. Al Muthanna
9. Al Qadisyah

10. Babil
11. Karbala
12. An Najaf
13. Al Anbar
14. Ninawa
15. Dhok
16. Arbil
17. At Ta'mim
18. As Sulaymaniyah

Geografie

[wysig | wysig bron]
Die Sharpark in Arbil (Irakse Koerdistan) is in 2010 opgeknap

Die grootste dele van Irak is woestyn, alhoewel die gebied tussen die twee riviere uit uiters vrugbare grond bestaan. Die noord- en noordoostelike dele van die land bestaan hoofsaaklik uit bergreekse, terwyl die suidelike dele moerasagtige grond is. Die moerasse is egter deur Hoesein se regering gedreineer uit weerwraak teen die gebied se inwoners vir hul ondersteuning aan die Amerikaners na die Eerste Golfoorlog.

Ekonomie

[wysig | wysig bron]

Irak het die vyfde grootste bekende ruoliereserwes ter wêreld.[7][8]

Demografie

[wysig | wysig bron]

Ongeveer 4 miljoen Irakiërs woon in die buiteland. Hulle bestaan hoofsaaklik uit Koerde en Sjiiete wat weens politieke onderdrukking uit Irak gevlug het. Binne Irak bestaan ongeveer 90% van die bevolking uit Arabiere. Die res bestaan hoofsaaklik uit Koerde (10%), Asiate (Assiriërs) en Turke.

Ongeveer 97% van die bevolking is Moslems (Sjiiete 64% en Soenniete 31%), 3% Gnostisisme/Jesiede en sowat 1% is Christene.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Iraq, Ministry of Interior – General Directorate for Nationality: Iraqi Constitution (2005)" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Maart 2011. Besoek op 4 Maart 2011.
  2. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 28 Oktober 2022.
  3. (en) "Iraq". Central Intelligence Agency. Besoek op 28 Oktober 2022.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Iraq". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2022. Besoek op 28 Oktober 2022.
  5. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 28 Oktober 2022.
  6. (en) "Gini Index – Iraq". Wêreldbank. Besoek op 28 Oktober 2022.
  7. (en) http://www.eia.gov/cfapps/ipdbproject/IEDIndex3.cfm?tid=5&pid=57&aid=6
  8. (en) http://www.opec.org/opec_web/en/data_graphs/330.htm

Bronne

[wysig | wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]