Gaan na inhoud

Bier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Baltas-bier van die Litause Švyturys-brouery
Verskillende soorte bier
Jaarlikse bierverbruik per kapita in 2009

Bier is die wêreld se oudste alkoholiese drankie en die derde gewildste drankie na water en tee. Dit word geproduseer deur die brou en gisting van stysel, hoofsaaklik vanaf graangewasse. Die algemeenste graan wat gebruik word is gars, alhoewel koring, mielies en rys ook in baie gebiede gebruik word. Baie biere word met hops gegeur, wat die drankie sy bitter smaak gee en ook as 'n natuurlike preserveermiddel dien. Ander geurmiddels soos kruie en vrugte word ook soms bygevoeg. Alkoholiese drankies wat gedistilleer word na die gisting, of drankies afkomstig van die gisting van bronne anders as stysel (soos druiwe of heuning), word nie as bier geklassifiseer nie.

Bier het oor die algemeen 'n alkoholinhoud van 4% tot 6%, alhoewel biersoorte met 'n alkoholinhoud tussen 1% en 20% aangetref word.

Biersoorte

[wysig | wysig bron]

Alle biere word in die drie hoofsoorte verdeel:

  • Tradisionele bier – wat nie van hops gebruik maak nie, en ongefilterd is – die gis bly deel van die bier.
  • Aal – tydens fermentasie dryf die gis bo die bier. Oorspronklik het ale nie hops gebruik nie.
  • Lager – tydens fermentasie dryf die gis aan die onderkant van die fermentasie houers[1]

Tradisionele bier

[wysig | wysig bron]

Tradisionele biere is reeds in die tyd van die piramides omskryf, maar is lank voor dit in huise dwarsoor Afrika en die wêreld gebrou.

Die bier word gemaak van sorghummout of milletmout, en gewoonlik ander ongemoute grane soos mielies. Die voordeel van hops was toenderjare nog nie ontdek nie, en is dus histories nie gebruik nie.

Umqombothi is 'n goeie voorbeeld van dié soort bier.

Ale is gebrou voordat die brouers instrumentasie gehad het om die proses fyn te beheer, as gevolg daarvan is daar verskeie effekte op die finale produk, soos donker kleur en vrugtesmake. Ale verskil van tradisionele biere deurdat die stysel heeltemal omgesit is na suikers en dus is die bier gewoonlik helderder.

Die gis wat vir fermentasie gebruik word, fermenteer teen temperature van 18 °C tot 20 °C. Aalgis beweeg tydens fermentasie na die bokant van die fermentasiehouer en kan in die eerste 2-3 van bo afgeskep word om weer in 'n nuwe brousel gebruik te word.[2]

Aan die einde van fermentasie daal die gis na onder en vorm 'n sigbare gislaag. Hierdie gis kan ook herwin word en in 'n daaropvolgende brousel gesit word.[3]

As gevolg van die hoër temperature van gisting word meer esters gevorm, dit veroorsaak dat ale meer van 'n vrugtesmaak het.

Alhoewel die meeste ale in Brittanje en België voorkom, is daar ook Duitse ale soos Altbier.

Lager

[wysig | wysig bron]

Lagerbiere het met die industriële revolusie en die ontwikkeling van prosesbeheer uit die aal-bierstyle ontwikkel. Die eerste goudgekleurde biere is in 1842 deur Josef Groll in die stad Pilsen in die Tsjeggiese Republiek gebrou.

Die bier maak gebruik van minder gemodifiseerde garsmout om dit die ligte kleur te gee. Gisting vind teen laer temperature plaas om minder esters te laat vorm.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. http://www.howtobrew.com/section1/chapter6-2.html
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2014. Besoek op 21 Oktober 2014.
  3. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 4 Maart 2014.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]