Antoniem
Voorkoms
'n Antoniem, van die Grieks anti ("teenoorgestelde") en onoma ("naam"), is 'n woordpaar wat teenoorgestelde betekenisse het, soos "dag" en "nag", "warm" en "koud" en "op" en "af".
Antonieme is slegs van toepassing op die betekenis van woorde en nie die werklike konsepte wat die woorde onderlê nie. "Kind" en "ouer" is byvoorbeeld antonieme, maar iemand wat 'n ouer is, mag ook weer 'n ander persoon se kind wees.
Voorbeelde
Voorbeelde van antonieme:
A
- aaklig – mooi, aangenaam, lekker, heerlik,opwindend
- aan — af
- aan (vas) – los
- aanbeland – weggaan, vertrek
- aanbeveel – afkeur, afwys
- aanbeveling – afkeuring, afwysing
- aanbid – minag, haat
- aanbind – losbind
- aanblaas – doodblaas
- aanbly – vertrek, weggaan
- aanbod – vraag
- aand – oggend, dagbreek, vroegdag, skemerdag, dagbreek, hoenderkraai, daglumier
- aandag – onopmerksaamheid, onoplettendheid, aandagloosheid, afgetrokkenheid
- aandagtig – onoplettend, onopmerksaam, afwesig, afgetrokke
- aandblad – oggendblad, oggendkoerant
- aanddiens – oggenddiens, môrediens
- aandpak – dagpak, dagklere
- aandpraatjie – môrepraatjie
- aandraai – losdraai
- aandrok – dagrok, kort rok
- aandrooi – môrerooi
- aandruk – sloer, luier, talm
- aandryf – keer, laat ophou
- aandskof – oggendskof, dagskof
- aandstond – môrestond, morestond, oggendstond
- aandurf – beëindig, eindig
- aaneen – onderbroke, afgebroke, sporadies
- aaneengeslote – oop, onderbroke, los, uiteen
- aaneenlas – losmaak, uiteengooi
- aaneenlopend – los, oop, onderbroke
- aaneenskakel – losmaak, uitmekaarmaak, ontbind
- aaneenskakeling – losmaking; ontbinding
- aaneenskryf – los skryf, los skrywe
- aaneensluit – losmaak, ontbind, uitmekaarmaak
- aaneensmee – losmaak, uitmekaarmaak, uitmekaarhaal
- aangaan – ophou, staak; beëindig, eindig
- aangebore – onnatuurlik; verworwe
- aangedaan – vrolik, opgewek, laggend, bly
- aangee – neem, vat, terugneem, terugvat
- aangeklaagde – aanklaer, klaer
- aangeklam – nugter
- aangekomene – vertrekkende
- aangenaam – onaangenaam; onvriendelik, ongaaf, stuurs, goor
- aangeprys – afgekeur, afgewys
- aangeskrewe – ongeag, ongeëer; onbekend
- aangespe – losgespe, losmaak
- aangesprokene – spreker, prater, taalgebruiker
- aangetrek – kaal, naak, onaangetrek
- aangetrokke – onbekoor, onaangetrokke, afstotend, afstootlik
- aangewese – ongeskikste, onbevoegdste, onaangewese, nie–aangewese
- aangord – losgord, losbind, lostrek
- aangrensend – nie–aangrensend, ver, nie–aanliggend
- aangroei – verminder, afneem
- aangryns – toelag
- aangryp – los, loslaat
- aangrypend – onaangeraak, onbetrokke; lelik, afskuwelik
- aanhaak – losmaak, afhaal; losmaak, uitspan
- aanhaal – losmaak, afhaal; lostrek, uitmekaarhaal
- aanhalig – onvriendelik, stuurs, afstootlik
- aanhang – teenstanders, opposisie
- aanhang – losmaak, afhaak, afhaal
- aanhanger – teenstander, vyand; leier, meester
- aanhanklik – los, ontrou; liefdeloos, onbelangstellend
- aanhef – epiloog, sluitstuk, slot, einde, naskrif, nawoord
- aanhef – afsluit, beëindig
- aanheg – losmaak, afhaal, lostrek, uitmekaartrek
- aanhelp – keer, verhinder, stuit, belemmer
- aanhits – keer, kalmeer, laat bedaar
- aanhoor – praat, sê
- aanhorig – nie–behorend, vreemd
- aanhou – ophou, staak; vrylaat, loslaat
- aanhoudend – ophoudelik, sporadies, kort, afgebroke, af en toe
- aanhouding – vrylating, loslating; onderbreking
- aanhouer – staker, tou–opgooier
- aanja – luier, sloer, draal
- aankant – deurmekaar, onnet, vuil
- aankeer – wegkeer, wegja, voortja; vrylaat, loslaat
- aankla – vryspreek
- aanklaer – verdediger
- aanklam – droogmaak, droog, droë
- aanklamp – losmaak, afhaal
- aanklee – uittrek, uitklee
- aankleef – los, losmaak
- aanklewing – losmaking
- aanklink – uitmekaarhaal, losmaak
- aanknip – afsnit, afskakel
- aanknoop – losknoop, losmaak; eindig, beëindig
- aanknopingspunt – eindpunt; einde, slot
- aankom – weggaan, vertrek; verder gaan; bly
- aankomde – verlede, laas
- aankomeling – vertrekker, voortganer; kenner, gesoute; volwassene, grootmens
- aankomende – verlede, laas, passeerde
- aankoms – vertrek, weggaan
- aankoop – verkoop, van die hand sit
- aankruie – voortstap, stad, drafstap; hardloop
- aankry – uittrek, uitkry; verloor
- aankyk – wegkyk
- aanlag – aangluur, aangryns, begluur
- aanland – vertrek, weggaan
- aanlap – losmaak, uitmekaarhaal, loswerk
- aanloklik — afstootlik
- aanstel — afdank
- armoede – rykdom
- aktief – onaktief
B
- baie – min
- beter – slegter
- bombasties – teruggetrokke
- bekend-ondbekend
C
- chaos – orde, kosmos
- chronies – akuut
- chronologies – achronologies
- cul–de–sac (doodloopstraat) – deurpad, deurloopstraat
D
- dom – slim
- dronk – nugter
E
- eerlik – oneerlik
F
- faal – slaag, regkry
- faam – berugtheid
- fabelagtig – waar, geloofbaar
- fakultatief – verpligtend, verplig
- fameus – onbekend
- familiêr – vreemd, afwysend, stug
- fantasie – werklikheid, realiteit
- fantasties – werklik, reëel
- fassineer – verveel
- fatsoenlik – onfatsoenlik, ongemanierd
- fauna (uitgespreek fa–oena) – flora, plantlewe
- fees – begrafnis
- feestelik – gedemp, somber
- feit – denkbeeld, idee, voorstelling, abstraksie
- feitedwaling – regsdwaling, error juris
- feitlik – net nie, glad nie
- fel – lig, swak
- fier – slap, pap
- fiets – motorfiets
- figuratief – nie-figuratief
- figuurlik – letterlik
- fiks – onfiks, swak, pap
- fiksie – nie-fiksie, feiteliteratuur
- filantroop – misantroop, onderdrukker, mensehater
- filiaal – moedersaak, moederwinkel, moedermaatskappy, hoofmaatskappy
- finaal – aanvanklik, beginnend, openend
- fisiek – geestelik
- fisies – geestelik
- flagrant – verskuil
- flegma – opgewondenheid, onduurte, onrustigheid
- flegmaties – opgewonde, onrustig
- flets – helder, skerp
- fleur – ouderdom, herfstyd, winter, afgeleefdheid
- flikker – skyn, blink
- flink – dooierig, lusteloos, pap, vaal, lui
- flora – fauna, diereryk
- floreer – verwelk, doodgaan
- flou – bewus, fluks, sterk, lewendig
- flouiteit – pittigheid, geestigheid
- floute – bewustheid
- fluister – bulder, hard praat, duidelik praat, openlik sê
- fluks – lui, onwillig, traag
- flussies – lankal, lank gelede
- fondament – bobou, gebou
- formeel – informeel, gemoedelik, natuurlik
- fors – tingerig, kragloos, pieperig, swak
- forte – piano, sag
- fout – juistheid, korrektheid
- foutief – juis, reg, korrek
- foutloos – onsuiwer, vuil
- fraai – lelik, onsierlik, grof
- fraksie – geheel
- frank – onvrymoedig, bedek
- frase – sin, volsin, periode
- frekwent – soms, sporadies
- fris – swak, pap, muf, oud
- front – agterkant, agteraansig
- frustrasie – oplugting, verligting
- frustreer – help, aanhelp, deurhelp
- fundamenteel – afgelei
- fusie – splyting, splitsing, verdeling
- futloos – energievol, energiek, fluks
- futuristies – oudtyds, antiek, modern
- fyn – grof, ru, dik, onfyn
- fynbesnaar – grof, ru, ongevoelig, onsensitief
- fynmeel – growwe meel, bruinmeel
G
- gaaf – nors, afstootlik, bars, onaangenaam, stukkend, gekeep
- gaan – kom, aankom, arriveer
- gaande – stil, ingetoë, rustig, luierend
- gaandeweg – gou, onmiddellik, dadelik
- galant – onbeleefd, onhoflik, ongemanierd, stuurs, ru
- galbitter – stroopsoet, siet
- galop – draf, stap
- gangbaar – onbevredigend, onbruikbaar, swak
- gans – glad nie
- gansegaar – niks
- gasvry – onvriendelik, stug, koud
- gat – kop, bokant
- gebarespel – geluidspel, hoorspel, drama, toneelopvoering
- gebaretaal – praat, taalgebruik
- gebied – luister, hoor, gehoorsaam
- gebiedend – gehoorsaam, inskiklik
- geboorte – sterfte, dood, oorlye
- gebrekkig – heel, foutloos, goed, reg
- gebreklik – welgeskape
- gebroke – heel, reguit, opgewek
- gebruik – ongebruik, verouderdheid
- gebruik – misbruik
- gebruiklik – ongebruiklik, ongewoon
- gebukkend – regop
- gedaan – energieryk, fluks, lewendig, volop, baie
- gedagteloos – nadenkend
- gedeë – vermeng, gemeng
- gedeelte – geheel, voltooidheid
- gedeeltelik – heeltemal, geheel
- gedemp – leeg, hard, hardop
- gedenk – vergeet
- gedetailleer – breedweg, algemeen, oorsigtelik, sinopties, samevattend
- gedetermineerd – weifelend, onseker
- gedienstig – gebiedend, oorheersend
- gedig – roman, prosawerk
- gedoriewaar – glad nie, geensins, nottendêm
- gedraai – haas, vinnigheid, spoed, fluksheid
- gedug – klein, onbenullig, swak, nikswerd
- geduld – ongeduld, onverdraagsaamheid
- gedurig – soms, af en toe, sporadies
- gedwee – koppig, balhorig, stuurs, dwars
- gedwonge – vrywillig, natuurlik, ongekunsteld, opreg, eg
- gedy – sterf, afsterf, verknot, kwyn
- gee – neem, vat
- geen – almal, iedereen, elkeen
- gees – liggaam, vlees
- geesdodend – opwekkend, interessant, afwisselend, dinamies
- geesdrif – papheid, leweloosheid, futloosheid
- geestelik – liggaamlik, lyflik, wêrelds; ongodsdienstig, verstandeloos, onintellektueel
- geestelike – leek, lekeprediker
- geestesarbeid – liggaamwerk, liggaamlike inspanning, arbeid
- geestesgesteldheid – liggaamsgesteldheid
- geesteskrag – papheid, lamsakkigheid, energieloosheid, daadloosheid
- geestig – droog, droogstoppelrig, humorloos
- gegoed – arm, onbemiddeld
- gegroef – glad, plooiloos
- gehard – sag, gevoelig, onbestand
- gehawend – heel, onbeskadig, onaangeraak
- geheel – deel, gedeelte, onderdeel, subgeheel
- geheel – gedeeltelik
- geheelonthouer – alkoholis, drinker, drankverslaafde, verslaafde
- geheg – los van, ongebonde
- geheim – openbaarheid, openbaarmaking, openlikheid, verklaarbaarheid
- geheim – openbaar, publiek
- geheimenis – openbaarmaking, bekendmaking, bekendstelling
- geheimsinnig – openlik, bekend
- geheue – vergeetagtigheid
- gehoorsaam – ongehoorsaam
- gehuggie – stad, woning
- gehuud – ongehuud, ongetroud
- geil – skraal, onvrugbaar
- gejaag – rustig, stil, kalm
- gek – normaal, ernstig
- gekant – daarvoor, pro, vir
- gekheid – slimheid
- geklik – ernstig, sedig
- gekonfyt – onbedrewe, lomp, onervare, onkundig
- gekunsteld – ongekunsteld, natuurlik
- gelate – opstandig, murmererend
- gelatenheid – opstandigheid, murmurering
- geldadel – erfadel, adel
- geldgierig – mededeelsaam, onselfsugtig
- geldig – ongeldig
- geldigverklaring – ongeldigverklaring, invalidasie
- geldskieter – lener, geldlener
- gelede – toekomstig, toekomend
- geleë – ongeleë, onvanpas, ongeskik
- geleerd – nie–geleerd, nie–opgevoed, ongeleerd
- geleidelik – vinnig, onmiddellik, oombliklik, dadelik, skielik
- geletterd – ongeletterd
- geliefkoosde – gehate, afgekeurde
- geloof – ongeloof, heidensheid
- geloofwaardig – ongeloofwaardig, onbetroubaar
- geluk – ongelukkigheid, ongeluk, smart, onheil
- geluk – misluk
- gelukkig – ongelukkig, treurig, smartlik
- geluksbode – ongeluksbode, jobsbode
- gelukskoot – ongeluk, mislukking, teenspoed
- gelyk – ongelyk, oneffe, bulterig
- gelyke – ongelyke
- gelykheid – ongelykheid
- gelykmatig – ongelykmatig, ongelyk
- gelyksoortig – ongelyksoortig, heterogeen
- gelykstroom – wisselstroom
- gelyktydig – ongelyktydig
- gelykvormig – verskillend, heterogeen
- gemaak – opreg, natuurlik, ongekunsteld
- gemak – ongemak
- gemaklik – ongemaklik, ongerieflik, moeilik
- gemanierd – ongemanierd
- gemaniëreerd – natuurlik, ongekunsteld
- gematig – ongematig, oordrewe, onbesadig
- gemeenskap – individu, enkeling
- gemeenskaplik – individueel
- gemeng – eensoortig, ongemeng
- gemiddeld – buitengewoon, bogemiddeld, ondergemiddeld, bonormaal, ondernormaal
- gemiddelde – uiterste
- gemoedelik – nors, bars, stuurs, onvriendelik, onaangenaam
- gemoeid – ongemoeid, onbetrokke
- gemors – voortreflikheid, knapheid
- genaakbaar – ongenaakbaar, ontoeganklik
- genade – ongenade; geregtigheid
- genadeloos – genadig
- geneig – ongeneig, ongeneë
- generaal – weerman, burger
- generatiewe voortplanting – vegetatiewe voortplanting
- generies – spesifiek
- geniaal – idioties, imbesiel
- genialiteit – domheid
- genie – idioot, imbesiel, moroon (die normale IK is 100: 'n idioot het 'n IK van 25 en minder, 'n imbesiel tussen 25 – 40; 'n moroon tussen 40 – 60; grensgevalle van tussen dom en swaksinnig is tussen 60 – 70; dommes tussen 70 – 90; normales tussen 90 – 110; superieures tussen 110 – 120; hoog superieures tussen 120 – 140. Genieë het 'n IK bo 140 – 'n 10-jarige genie sal dus 'n verstandsouderdom van 'n 14+-jarige hê, terwyl 'n idioot dié van 'n 2½-jarige het).[1]
- geniepsig – liefderik, sag, strelend
- genoeglik – ongenoeglik, onaangenaam
- genoegsaam – ongenoegsaam, te min, te weinig, onvoldoende
- geometrie – algebra, stelkunde
- geoorloof – ongeoorloof, onwettig
- gepaard – ongepaard, enkel, een–een
- gepas – ongepas, onbetaamlik, inopportuun, ongeleë
- gepeupel – aristokrasie, adel, hoë stand
- geraak – ongeërg, ongeraak, gaaf
- geraas – stilte, kalmte
- geraffineer – grof, onverfyn, ongeraffineer
- geredelik – onbereidwillig, stuurs, koppig
- gereed – ongewillig, onvoorbereid, onbeskikbaar
- gereeld – ongereeld, onreëlmatig, sporadies, af en toe
- gereg – onderwêreld, misdadigers
- geregtelik – ongeregtig
- geregtigheid – ongeregtigheid, onreg, onbillikheid, onregverdigheid
- geregverdig – ongeregverdig, onwaar, onjuis
- gerek – bondig, kort, onomwonde
- gereserveer – ongereserveer, onbespreek; voor op die wa, vrymoedig
- gerief – ongerief, ongemak
- gerieflik – ongerieflik, ongemaklik
- gering – groot, groots, omvangryk; baie; belangrik; aansienlik.
- geringskat – hoogskat
- geroepe – verbygaan, ongeroepe, vergete
- gerug – bevestiging, bevestigde berig
- geruis – stilte, kalmte, geruisloosheid
- geruisloos – hard, lawaaierig, rumoerig
- gerus – ongerus, onrustig, bevrees, bekommerd
- gesag – onderworpenheid, ondergeskiktheid
- gesaghebbend – onderworpe, onderdanig
- gesaghebbende – ondergeskikte, onderdanige
- gesamentlik – gedeeltelik, verdeel, versprei enkeld, een–een
- gesang – praat, pratery, gepraat
- geseën – verdoem, veroordeel, vervloek
- gesegde – onderwerp, naamwoorddeel, naamwoordstuk
- gesellig – ongesellig, onvriendelik, onaangenaam
- geset – slank, maer, dun
- gesiene – geminagte, mindere, lae
- geskik – ongeskik, onpas, onbruikbaar; ongemanierd
- geskool – ongeskoold, onbedrewe, ongeleerd
- geslepe – eerlik, opreg, openlik
- geslote – oop, gemeensaam, spraaksaam
- gesog – natuurlik, ongekunsteld, ongewild, onpopulêr
- gesond – siek, ongesond, swak, bedorwe, kunsmatig
- gespanne – ontspanne, gemoedelik, vriendelik, goedgesind
- gespe – losgespe, losmaak
- gespuis – wetsgehoorsames, ordentlikes
- gestadig – ongestadig, onderbroke, ongereeld, onreëlmatig
- gesuiwer – vuilgemaak
- geswolle – natuurlik, eg, onversierd
- getitel – ongetitel, naamloos
- getrou – ontrou, onbetroubaar, onnoukeurig
- getroud – ongetroud, enkel, enkellopend, alleenlopend, ongehuud
- geurig – stinkend, onwelriekend
- gevaar – ongevaar, gevaarloosheid, veilig
- gevaarlik – veilig
- gevangenis – vryheid
- gevestig – tydelik, onvas, beweeglik
- gevleuel – ongevleuel, vlerkloos
- gevoelig – gevoelloos, ongevoelig, onsensitief, grof
- gevoelvol – gevoelloos
- gevolg – oorsaak, rede
- gewaagd – mak, ongevaarlik, veilig
- gewapen – ongewapen, onbewapen, onvoorbereid
- geweld – geweldloosheid, sagtheid, vreedsaam
- geweldig – tingerig, tengerig, klein, onopmerklik, nietig
- geweldig – min, weinig, nietig
- gewens – ongewens, onwenslik
- gewese – toekomstige, aanstaande, komende
- gewestelik – algemeen, standaard, algemeen–beskaafd, landswyd (het betrekking op taal)
- gewettig – ongewettig, ongeregverdig
- gewigtig – nie–ernstig, lughartige, skertsend, ligweg, onbelangrik
- gewild – ongewild, onpopulêr
- gewis – onseker, nie, glad nie
- gewoon – buitengewoon, spesiaal, ongewoon, opvallend, buitenissig, eksentriek
- gewoond – onvertroud, vreemd
- gewoonlik – soms, af en toe, nou en dan, dan en wan
- geyk – ongeyk, vars, nuut, opvallend (het betrekking op taal)
- gids – volgeling, volger, reisiger, toeris
- gierig – mededeelsaam, vrygewig
- gierigheid – uitdeler, vrygewige, mededeelsame, gulhartige
- giftig – liefdevol, goed
- gimnosperm – angiosperm, bedeksadige, bedeksadige plant
- gimnospermies – angiospermies, bedeksadig
- glad – ru, grof
- glans – dofheid, ondeursigtigheid
- glans – verdof, dof skyn
- glashelder – onduidelik, ingewikkeld, moeilik, duister
- glibberig – stewig, grof, ru
- gloedvol – glansloos, ongeesdriftige, lou
- gly – vassteek, vassit
- God – duiwel, Satan
- goddeloos – gelowig, Christelik, eerbiedig, soet
- godloënaar – gelowige, bekeerde, Christen
- godsadvokaat – duiwelsadvokaat, advocatus diaboli
- godsdiens – goddeloosheid
- godsman – ongelowige, onbekeerde, ateïs
- godvresend – godloënend, ateïsties
- goed – kwaad, slegte
- goed – sleg, swak, nikswerd
- goedaardig – kwaadaardig, sleg, kwaai
- goeddunke – afkeuring
- goedgunstig – onwelwillend, ongaaf
- goedhartig – sleghartig, liefdeloos
- goedkeur – afkeur
- goedkeuring – afkeuring
- goedkoop – duur, duursaam, skaars
- goedpraat – slegpraat
- goedskiks – kwaadskiks
- goeiewyn – stookwyn, distilleerwyn
- gomtor – fat, laventelhaan
- goor – vars, nuut, verfrissend
- gou – later, stadig, uiteindelik
- gouigheid – stadigheid, sloerdery, gesloer
- gourmand – gourmet, fynproewer
- gourmet – gourmand, vraat, smulpaap
- gradueel – skielik, onmiddellik, springend
- grasieus – grasieloos, lomp, stokkerig
- gratis – verskuldig, te betaal
- gravisaksent – akuutaksent, akuut
- grensloos – begrens, beperk, eindig
- gretig – onbegerig, onbelangstellend
- gretigheid – ongretigheid, onhulpvaardigheid
- grimas – glimlag, lag
- grimmig – geduldig, vriendelik, lankmoedig
- groei – kwyn, agteruitgaan, verswak, verminder, verklein
- groeiende – kwynende, verswakkende, verminderende
- groen – ryp, bekwaam, ervare, wys
- groep – individu, enkeling
- grof – fyn, tingerig, tengerig, dun, klein, verfynd, afgewerk, beskaafd
- grond – hemel, lug
- grondbeginsel – afleiding, deduksie
- grondig – oppervlakkig, ondeurdag, ligweg
- grondlaag – bolaag, toplaag, boonste laag, boverf
- grondstof – produk, bewerkte stof, bewerking
- grondvlak – bovlak, verhewe vlak, verdieping
- groot – klein, onbelangrik
- grootbek – beskeie mens, teruggetrokkene
- grootderm – dunderm
- grootdoenerig – beskeie, natuurlik, sober
- grootdoenery – natuurlikheid, soberheid, beskeidenheid
- groothandel – kleinhandel
- grootheid – kleinheid, onbelangrikheid
- grootjie – agterkleinkind
- grootmoedig – kleinlik, selfsugtig
- grootouer – kleinkind
- grootpad – plaaspad
- groots – klein, onbenullig, onopvallend
- grootskaals – kleinskaals
- grootstad – stad, dorp
- grotesk – gewoon, alledaags
- grou – afwisselend, opgewek, vrolik, opwekkend
- growwerig – glad, gladderig
- growwerigheid – gladheid, gladdigheid, gelykheid
- gruwelik – aantreklik, aanvallig, mooi, pragtig, beeldskoon
- grynslag – lag, glimlag
- gryse – jongste, resente
- gul – ongasvry, onvriendelik, grypsugtig, benepe
- gulhartig – suinig, stuurs, nors, onvriendelik
- gulsig – matig
- gun – beny
- guns – onguns
- gus – vrugbaar, fertiel
- guur – kalm, rustig, plesierig, aangenaam (het betrekking op die weer)
H
- haat — liefde
- hoog - laag
J
- ja — nee
- jammer — vreugde, blydskap
- (ge)jammer — lag, bly wees
- jammerhartig — hardvogtig
- jammerlik — opwekkend, opgewek, vreugdevol
- jawoord — neewoord, afwysing, nee
- jeug — ouderdom, afgeleefdheid
- jeugdig — oud, volwasse
- jingo — vaderlander, patriot
- joie de vivre — treurigheid
- jolig — treurig
- jong / jonk — oud
- jongetjie — meisie, dogter, meisiekind, dogterkind
- jongmense — oumense
- jubel — treur, huil, ween
- juig — huil, treur, ween
- juis — onjuis, foutief, inkorrek
- juistheid — onjuistheid, fout
- junior — senior, ouere
M
- maer – vet
- mooi - lelik
- massief - klein
- min - baie
- matig - gulsig
- man - vrou
N
- netjies – onnetjies
- nors - vriendelik
- nag - dag
O
- opgewonde – hartseer
- opgewek – neerslagtig
P
- paar – baie, heelwat, talle
- padlangs – agteraf, oneerlik
- pap – styf, stewig, karaktervas
- papbroek – man, held; werker
- papnat – kurkdroog
- paraat – onvoorbereid, onparaat
- paradys – hel
- parallel – onewewydig, ongelyk, verskillend
- paralogisme – sofisme
- parmantig – inskiklik, gehoorsaam
- part – geheel
- partydig – onpartydig, onbevooroordeeld
- partykeer – altyd, steeds
- pas – lankal, lank gelede
- paslik – onpaslik, onbetaamlik, ongepas
- passend – nie–passend, onpassend, ongepas, onbehoorlik, onbetaamlik
- passief – aktief, aktiefvorm, bedrywende vorm
- passief – aktief
- pejoratief (ongunstig) – amelioratief, gunstig
- perigee – apogee, apogeum, toppunt
- periodiek – ongereeld, sporadies
- permanent – tydelik, onvas
- permitteer – verbied, weier
- perpetueer – beëindig
- persoonlik – onpersoonlik
- pervers – goed, regskape, natuurlik, skoon
- pessimis – optimis
- pessimisties – optimisties
- piek – dal, vallei
- piepjonk/piepjonk – horingoud
- pikdonker – helder, lig; helderlig
- pitboom – entboom
- plaasjapie – stadsjapie, dorpsjapie
- plaaslewe – stadslewe, dorpslewe
- plafon – vloer, vloerbedekking
- plafonprys – vloerprys, minimumprys
- plankdun – spekvet
- planmatig – onsistematies, onstelselmatig, onordelik, deurmekaar, chaoties
- planteryk – diereryk
- plat – skuins, ongelyk; verhewe
- plato – laagland, kusvlakte, kusgebied
- platslaan – oprig, bou
- platteland – stad
- plattelander – stedeling, stadsbewoner, stadsjapie
- plebejer – patrisiër, beskaafde mens
- plebs – snobs
- plesier – treurigheid, pyn, onplesierigheid, ongelukkigheid
- plesierig – treurig, onplesierig, ongenietlik,
- pligsgetrou – ongetrou, nalatig, ontrou, slap, gewetenloos
- plomp – skraal, dun, maer
- plooibaar – styf, strak, onbuigsaam
- pluralisme – monisme
- plus – minus
- plusteken – minusteken
- plutokraat – armlastige, bedelaar
- poëtaster – digter, poëet
- polifonie – homofonie, monofonie
- poligamie – monogamie
- polisemie – sinonimie, homonimie
- polisillabies – monosillabies, eensillabig
- politeïsme – monoteïsme
- positief – negatief
- positief – negatief, ontkennend
- postdateer – antedateer, terugdateer
- postlude – prelude, voorspel
- postnataal – prenataal, voorgeboortelik
- power – ryk, goed, uitstekend
- praat – stilbly, swyg
- prag – lelikheid
- pragmaties – teoreties
- pragtig – lelik, afskuwelik
- prakties – teoreties, abstrak
- praktyk – teorie
- predikaat – subjek, onderwerp
- prehistorie – geskiedenis, beskrewe geskiedenis
- prehistories – histories, geskiedkundig
- preliminêr – finaal
- prelude – postlude, naspel
- prenataal – postnataal, nageboortelik
- presies – onpresies, onnoukeurig
- presto – largo, lento, adagio
- pretensie – beskeidenheid, nederigheid
- prettig – onprettig, onaangenaam
- prikkelbaar – gelykmatig, goedgehumeurd, kalm, onverstoord
- primêr – sekondêr
- prinsipaal – assistent, onderwyser
- prinsipale – assistente, onderwyseres
- privaat – publiek, openbaar
- privaatreg – publiekereg, publieke reg
- produktief – onproduktief, onvrugbaar
- produsent – verbruiker, konsument
- proefhoudend – ongeskik, gehalteloos
- proefondervindelik – apriories
- profaan – heilig, Christelik, gewyd
- profanasie – heiliging, verering
- professioneel – amateur
- progressie – regressie, agteruitgang
- progressief – regressief
- prohibitief – permissief, toelatend, toegeeflik
- proloog – epiloog
- promoveer – demoveer
- pront – hakkelend, stadig, sukkelend, lomp
- proporsioneel – onproporsioneel, oneweredig
- propvol – dolleeg
- prosa – poësie
- protagonis – antagonis, opponent, teëstander, teenstander
- provisioneel – permanent, vas, finaal
- psige – liggaam
- psigies – liggaamlik, fisies, fisiek
- publiek – geheim, privaat
- publiekreg – privaatreg
- puik – vrot, swak, nikswerd
- punt – lyn, streep
- puntespel – syferspel
- puntig – stomp
- puur – onsuiwer
- pylreguit – hoepelkrom
S
- saam – alleen
- siek – gesond
- slaap – wakker
- stilte – geraas
- slaag – druip; agtergehou
- soebat – beveel
- slim – dom
U
- uit — in
- uitasem — inasem
- uitbetaal — inbetaal, ontvang
- uitblaas — aanblaas
- uitbly — inkom, opdaag, verskyn
- uitbou — verklein, beperk, inperk
- uitbrei — inperk, verklein, verminder
- uitbreiding — inkorting, inperking, verkleining
- uitbundig — teruggetrokke, ingehoue, treurig
- uitdraai — indraai
- uitdruk — indruk, inpers
- uitdrukkingloos — uitdrukkingsvol
- uitdrukkingsvol — uitdrukkingloos
- uitdruklik — verhole, implisiet, onduidelik
- uitdryf — indryf, injaag
- uitdy — inkrimp, verklein, verminder
- uiteen — bymekaar, ineen, verstrengel
- uiteenlopend — eenders, dieselfde, eensoortig
- uiteinde — begin, aanvang
- uiterlik — diepgaande, innerlik, werklik
- uiterste — minste, kleinste, naaste
- uitgaan — ingaan, ingang, begin
- uitgaan — ingaan, binnegaan
- uitgaande — inkomende
- uitgang — ingang, ingangsopening, woordbegin
- uitgawe — inkomste
- uitgebrei — beperk, ingekort, verkort, klein
- uitgedien — nuut, vars, oorspronklik
- uitgedruk — ingedruk
- uitgee — ontvang, kry, verkry
- uitgegroei — klein, jonk, jeugdig, onvolwasse, onvolgroeid
- uitgelate — terneergedruk, treurig
- uitgeput — vol; fluks, lewendig
- uitgerus — moeg, tam, onbekwaam
- uitgesproke — onuitgesproke, onseker
- uitgestrek — klein, beperk
- uitgeteer — vet, plomp, gevoed
- uithaal — insit, inplaas
- uitheems — inheems, vertroud, bekend
- uithou — swig
- uitjou — eer, respekteer, toejuig
- uitkom — inkom
- uitlander — binnelander, bekende, landgenoot
- uitlands — bekend, binnelands
- uitmekaar — aaneen, heel
- uitmekaarspat — byeenkom, bymekaarkom
- uitputting — uitgerustheid, varsheid
- uitreis — tuisreis, terugreis
- uitrek — verkort, inkort
- uitskakel — inskakel, aanskakel
- uitsondering — reël
- uitsonderlik — gewoon, normaal
- uitsteek — insteek
- uitstekend — swak, derdeklas, derderangs, derdegraads, vrot, hopeloos, nikswerd
- uitstroming — instroming, invloei, invloeiing
- uittog — intog
- uitverkorene — swartskaap
- uitvoer — invoer, import
- uitvoer — invoer, importeer
- uitvoerbeheer — invoerbeheer
- uitwendig — inwendig, innerlik
- uniek — doodnormaal, doodgewoon
- uniform — verskillend, ongelykvormig
- universeel — lokaal, plaaslik
W
- wa — kar, motor
- waaghals — durfniet, papbroek, lafaard
- waaghalsig — ongevaarlik, gevaarloos
- waak — slaap
- waaksaam — onoplettend, onopmerksaam
- waar — onwaar, vals, verkeerd, onopreg
- waaragtig — onwaaragtig, onwerklik
- waarde — waardeloosheid
- waardevol — waardeloos
- waardigheid — onwaardigheid
- waarheen — daarheen, daarnatoe
- waarheid — valsheid, verkeerdheid, inkorrektheid
- waarlik — nie, glad nie
- waarneembaar — onwaarneembaar, onsigbaar, onmerkbaar
- waarskynlik — seker, vasstaande
- wag — gaan, deurgaan, voortgaan, vertrek
- wakker — slapend
- wal — dam, rivier, stroom, kanaal
- wanbetaling — betaling, vereffening
- wandelend — staande
- wanhoop — hoop, moed
- wanorde — orde, ordelikheid, ordening
- wanordelikheid — orde, ordelikheid
- wantrou — vertrou
- wantroue — vertroue, geloof
- wanvoeglik — welvoeglik, kuis
- warboel — orde
- warm — koud
- warmbloedig (emosie) — koud
- warm kleure — koue kleure
- warmte — koue, koudheid
- wasig — helder, duidelik
- waterdig — deurdringbaar, deurlaatbaar, ondig
- waterhalfrond — landhalfrond, landhemisfeer
- waternat — kurkdroog, stofdroog
- waterverf — olieverf
- watervloed — droogte, uitdorring
- watwonders — nikswerd, swak
- wederregtelik — wettig
- wederregtelikheid — wettigheid
- week — hard, stewig, styf, gehard
- weelde — armoede, eenvoud, gebrek
- weelderig — eenvoudig, kaal, onversier, onopgesmuk
- weerbaar — weerloos
- weerbarstig — inskiklik, meegaande
- weergaloos — swak, betekenisloos
- weerhou — toelaat, deurlaat
- weerloos — weerbaar, strydkragtig
- weerspannig — inskiklik, meegaande
- weerspreek — saamstem, instem
- weerstrewig — inskiklik, meergaande
- weetal — weetniet, domkop
- weetniet — weetal, slimkop
- weg — gevind, hier
- wegdraai — indraai
- weggee — ontvang, kry
- weglaat — invoeg, byvoeg
- wegsteek — openbaar, bekend maak
- wegtrek — aantrek, intrek
- weier — inwillig, toestem, instem
- weifel — besluit, beslis optree
- weinig — baie, veel
- weldadig — onmededeelsaam
- welgemoed — treurig, terneergedruk
- welgesteld — arm, onbemiddeld
- welig — yl, dun, armoedig
- welkom — onwelkom
- wellewend — onwellewend, onbeskaaf, ongemanierd
- welluidend — wanklinkend, steurend
- wellustig — kuis, rein, maagdelik
- weloorwoë — ondeurdag
- welsprekend — vervelig
- welstand — siekte, teenspoed, armoede
- welvaart — armoede
- welvarend — onwelvarend, ongesond, arm
- welvoeglik — onwelvoeglik
- welwillend — kwaadgesin, vyandig
- wen — verloor
- wen — afleer, afwen
- wenslik — ongewens
- wêreld — hemel
- wêreldlik — kerklik, geestelik
- wêreldling — bekeerling, bekeerde, Christen
- wêrelds — hemels, ewig, ernstig
- werk — ledigheid
- werkby — waterdraer, hommel
- werkgewer — werknemer, werker, arbeider, geëmplojeerde, ondergeskikte
- werklik — onwerklik, irreëel, abstrak, denkbeeldig
- werkloos — werksaam, werkend
- werknemer — werkgewer, emplojeerder
- werksaam — werkloos
- werksku — ywerig, vlytig, fluks
- werktuiglik — bewustelik
- werkwillige — staker, werkstaker
- wesenlik — onwerklik, onwesenlik, nie— essensieel, toevallig, bykomend
- Weste — Ooste, Oriënt
- Westerling — Oosterling
- Westers — Oosters, Oriëntaal
- wetenskap — preteoretiese kennis, gesonde verstand (bedoelende "common sense")
- wetenskaplik — onwetenskaplik, preteoreties
- wetgewend — uitvoerend
- wetgewende mag — uitvoerende mag, uitvoerende gesag
- wetlik — onwettig, illegaal, onwetlik
- wetsgehoorsaam — ongehoorsaam, ordeversteurend, oproerig, wetteloos
- wetteloos — ordelik, gehoorsaam, wetsgehoorsaam
- wettig — onwettig, illegaal, onwetlik, misdadig, krimineel
- wettigheid — onwettigheid, onwetlikheid, illegaliteit, misdryf, misdaad, oortreding
- wewenaar — weduwee
- wild — mak, beskaaf, rustig, oorwoë
- wildvreemd — oorbekend
- willekeurig — bewustelik, gereël, ordelik, sistematies
- willoos — beslis
- wilskrag — wilswakheid, wilswakte
- wilswakheid — wilskrag
- winderig — windstil, stil
- windmakerig — beskeie
- windstil — winderig
- winter — somer
- winters — somers, warm
- winterveld — somerveld, somerweiding
- wispelturig — standvastig, onveranderlik
- wisseling — bestendigheid
- wisselstroom — gelykstroom
- wisselvallig — gereeld, bestendig
- wit — swart
- witbrood — bruinbrood, growwebrood
- woed — bedaar, gaan lê
- woelig — rustig, kalm
- woes — mak, bewerk, getem, rustig
- woestyn — oase
- wonderbaarlik — gewoon, doodgewoon, normaal
- wonderlik — alledaags, gewoon
- woonbuurt — fabrieksbuurt, winkelbuurt
- woonkamer — slaapkamer
- woud — vlakte
- wraak — vergifnis
- wreed — sag, menslik, mensliewend
- wreedaard — goedhartige mens, meelydende mens
- wyd — smal, nou
- wyndruiwe — tafeldruiwe, eetdruiwe
- wysheid — domheid, dwaasheid
Y
- yl — dig, ondeursigtig
- yskoud — vuurwarm
Verwysing
- ↑ Die Afrikaanse Kinderensiklopedie, 1959, bl. 3210, Wat beteken genie, slim, dom, imbesiel, idioot?
Sien ook
- Sinoniem, woorde wat dieselfde betekenis het
- Homograaf, woorde wat dieselfde spelling het, maar nie dieselfde betekenis, klankvorm of oorsprong het nie.
- Homofoon, woorde wat eenders klink, maar waarvan die betekenis en spelling verskil
- Homoniem, woorde met dieselfde spelling en wat dieselfde klink, maar met verskillende betekenisse
Eksterne skakels
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir antoniem.