18 Februarie
Voorkoms
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
18 Februarie is die 49ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 316 dae in die res van die jaar (317 in skrikkeljare).
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1220 – Pous Honorius III verklaar Hugo, biskop van Lincoln, heilig.
- 1815 – Die ondertekening van die Vrede van Gent beëindig die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812.
- 1827 – Die Fourah Bay Kollege word gestig in Freetown, Sierra Leone, die eerste Westerse-styl universiteit wat in Afrika suid van die Sahara gebou word.
- 1839 – Pous Gregorius XVI stel Charles Januarius Acton, ouditeurgeneraal van die Apostoliese Kamer, aan as kardinaal.
- 1854 – Stigting van NG gemeente Hopetown op die plaas Duvenaarsfontein, Noord-Kaap.
- 1857 – Die Nasionale Selfmoord van Xhosas vind plaas.
- 1861 – Jefferson Davis word in Montgomery, Alabama ingesweer as president van die Gekonfedereerde State van Amerika.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Paardeberg neem 'n aanvang.
- 1930 – Clyde W. Tombaugh ontdek die planeet Pluto, sedert 24 Augustus 2006 'n dwergplaneet.
- 1946 – In sy eerste konsistorie na die Tweede Wêreldoorlog, stel Pous Pius XII 32 nuwe kardinale aan met heelparty nie-Italianers en geestelikes uit China, Indië en die Midde Ooste.
- 1952 – Griekeland en Turkye sluit by NAVO aan.
- 1965 – Gambië word Afrika se 36ste onafhanklike staat.
- 1982 – Die SAS President Kruger sink nadat dit met die SAS Tafelberg bots met verlies van 16 seemanne.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1516 – Maria I van Engeland, koningin van Engeland en van Ierland († 1558).
- 1745 – Alessandro Volta, 'n Italiaanse fisikus, chemikus, en 'n pionier in die veld van elektrisiteit († 1827).
- 1832 – Octave Chanute, Frans-Amerikaanse siviele ingenieur en lugvaartpionier († 1910).
- 1854 – Herbert John Gladstone, Britse politikus en eerste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1910–1914) († 1930).
- 1919 – Amir Abbas Hoveyda, Iranse ekonoom en politikus, premier van Iran († 1979).
- 1931 – Toni Morrison, Amerikaanse romanskryfster († 2019).
- 1939 – Marek Janowski, Pools-gebore Duitse dirigent.
- 1950 – Cybill Shepherd, Amerikaanse aktrise.
- 1953 – Leon van Nierop, Afrikaanse vervaardiger, skrywer en rolprentresensent.
- 1954 – John Travolta, Amerikaanse filmakteur, danser en sanger.
- 1957 – Vanna White, Amerikaanse rolprentaktrise en TV-gasvrou van die Wheel of Fortune.
- 1968 – Molly Ringwald, Amerikaanse aktrise.
- 2004 – Kylie Rogers, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 999 – Pous Gregorius V, 138ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±972).
- 1294 – Kublai Khan, die kleinseun van Genghis Khan, ook 'n Mongoliese leier en stigter van China se Yuan-dinastie (* 1215).
- 1535 – Cornelius Agrippa, Okkultisme (* 1486).
- 1546 – Martin Luther, teologiese grondlegger en leraar van die Reformasie (* 1483).
- 1564 – Michelangelo, Italiaanse skilder, beeldhouer, argitek, digter en ingenieur (* 1475).
- 1780 – Kristijonas Donelaitis, Pruisies-Litause digter (* 1714).
- 1831 – Lord Charles Somerset, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1767).
- 1905 – Julius De Geyter, Vlaamse joernalis en skrywer (* 1830).
- 1967 – Robert Oppenheimer, Amerikaanse teoretiese fisikus (* 1904).
- 1997 – Antonio de Almeida, Franse dirigent en musikoloog (* 1928).
- 2011 – Lucas Maree, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1952).
- 2022 – Brad Johnson, Amerikaanse akteur (* 1959).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Feesdag van Pous Leo I in die Ortodokse Kerk.
Gepubliseer
[wysig | wysig bron]- 1745 - Cum multorum chariate - waarin gebede gevra word vir koning Lodewyk van Frankryk - deur Pous Benedictus XIV.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 18 February. |